Met al die jare in die onderwys raak mens gewoond aan vergaderings, wat eintlik eenvoudig is (Datum, tyd, Plek, Agenda). Jy vertel vir mense wat en hoe hulle moet doen of die DEPARTEMENT lees uit ‘n omsendbrief hoe hulle dinge gaan verander en jy kan nie waag om vrae te vra nie, want die antwoorde is gewoonlik dieselfde:
- Daar is nie geld nie.
- Ons gee aandag daaraan.
- Dit gaan binnekort gebeur.
- Dit het verloor in die pos – en die gaan aan en aan.
As jy oornag ‘n gawe plan gekry het en jy praat met die hoof, is die antwoord gewoonlik:
- Daar is nie geld nie.
- Daar is nie tyd nie.
- En (skuus Lou) nog baie meer – ek is seker Lou en ander kollegas kan nog baie byvoeg.
Gistermiddag het ons toe ‘n beheerliggaamvergadering op die landgoed. (hou is gedagte my IK is nie baie hoog nie, en die agenda en notule is vir my so deurmekaar soos ‘n blikkie sardyne wat op die grond geval het) Ek hou darem my mond en kniK gepas instemmend op die regte plekke, my kop. Ek kry ‘n geleentheid om die inwoners se klagtes te stel: o.a. die besproeiing-slote en die die miere wat die land oorval het. Ek is heel in my noppies huistoe, want behalwe om te vra wat Telkom se probleem is, weet hulle mos nou. Hulle sal seker oor so maand aandag aan die sake gee.
Vanoggend 07:00 is daar ‘n woeste lawaai en die besproeiing-manne hark aan die klippe dat die aarde bewe EN ‘n ruk later word ek bewus van ‘n vreemde reuk – ‘n man is fluks besig om vir die miere te spuit. Sowaar sulke vinnige diens kry mens nooit in die onderwys nie. (Okei dis nou nie alle maanskyn en rose nie, maar dis lekker as mense dadelik aandag gee aan sake)
Het jy al geglimlag vandag? Ons sal iets daaraan moet doen!






Dit sal oulik wees as jy by Sondag kopies regte produkte opsit, iets wat rerig bestaan maar wat dalk absurd of kontroversièel is. Nie net snaakse karre en dinge nie, los hulle eerder vir die week se randomness.