Sondag Kopies

Eish… daar droom ek ‘n hele skoolkonsert uit. En (skuus Lou) as jy wakker word, is tog sooooo bly dat jy nie meer konserte sonder geld hoef uit te dink nie! Tog was dit lekker en ‘n uitdaging.  Skoolkonserte is vir ouers om trots vir Jannie of Sannie te sien, om hulle te leer om in groepe saam te werk en die beste van hulle talente te maak. Ek het eers nadat ek afgetree het, besef hoe vervelig dit vir buitestaanders kan wees. Ag tyd, (en ek is skuldig) die items deur onderwysers is gewoonlik nog erger. Ook dit is suiwer sodat kinders kan besef dat onderwysers net gewone mense is. Tog is hulle gewoonlik grensloos lojaal en baie trots op Juffrou!

…. dankie tog ek hoef dit nie meer te doen nie!

Dankie vir die inloer. Die oog hou die dr. op sy tone en my hoogs gefrustreerd. Hoop jy glimlag darem nog?

35240475_2093534064195979_1351845977232769024_n

33747760_2109988649290590_5361189693121626112_n

34132861_2250131035224699_8425715611199340544_n

34594916_2348176112075827_2035029103404384256_n

35123728_1628344000603225_5938462086869811200_n

13226638_1097178883657459_3009057354119450560_n

34 responses

  1. Weet nie wat jou oë al kan lees of nie maar ek stuuraar die link van my nuutste Safari skrywe aangesien jy my nie kan vind nie.

    Magriet versus Magrieta – Die Vreemdeling

  2. Die bad met die uitsig , dankie. Ek was bietjie afwesig sie afgelope tyd, wat is die kwaal met die oog?

  3. Daardie broeke lyk warm en laat jou bene gespierd lyk…

  4. Prachtig, de vergelijking van die twee grote schepen uit de wereldgeschiedenis. Hij doet me denken aan de giraffe die uit de hoogte van de commandocabine angstig alle kanten uit kijkt. Zijn maat legt aan Noach uit: – “Vorige week hebben wij de film “Titanic” gezien; sindsdien kan mijn vrouw geen oog meer dicht doen”.
    .-

  5. Die bad vir my! Jinne maar daardie toiletsitplek is aaklig!

  6. O daardie cuppachino bad wen loshand! Baie sterkte met jou oog.

  7. Die kouse is my gunsteling vandag! Daarna die hangmat en die mooie kwilts. Laaste, maar defnitief nie die minste, daai bad.

  8. ook ik ga voor dat bad aan de kust 🙂

  9. Oooooooo daardie bad by die see!!!! Hoop werklik jou oog word gou uitsorteer.

  10. Dis gaaf om jou hier te sien – dink so baie aan jou! Skoolkonserte was nog altyd vir my ‘n spesiale vreugde – veral as daar iets verkeerdloop 😀 Die kwilts is pragtig, maar ooo – daardie arme toilet! En (skuus Lou) natuurlik sal ek die drie katte wil hê.

  11. Wat een pracht allemaal.

    Maar als ik mag kiezen?
    Dan kies ik graag het bad met het mooie uitzicht.

    Vrolijke zondaggroet,

  12. Jammer om te hoor dat die oog jou nog probleme gee! Sterkte!