RSS Feed

Vrydag byskrifte

Sug … as mens tegnologies geremd is, is jou lewe regtig nie maklik nie. Omdat my selfoon elke tweede dag reken daar is nie meer plek nie besluit ek op ‘n nuwe een. Ek besluit op een met 6 keer soveel plek as die oue  Kry hulp  – Laai al die ou bekendes  (Kry tot Rondo al a Turca as ringtone) Sug … ek is heel in my noppies met my kopie tot ek na die beskikbare plek kyk  – sowaar nie eers ‘n volle gb beskikbaar nie. Nee, mens kan net nie wen nie. Hulle prop die fone so vol met allerhande goed wat ek nooit gaan gebruik nie. ‘n Mens kan net nie wen nie

Dankie vir die inloer/deelneem  – ek lees nog nie blogs nie maar die kommentaar kan ek darem met die vergrootglas onder die knie kry. Hoop jy het ‘n heerlike naweek!

1

35351212_2078164225575341_2462865931223695360_n

2

34909202_2350491345177637_1481954752970358784_n

3

35415399_2178848268799249_4659904301999587328_n

4

29512430_2142709842625191_8295392337679557137_n

5

34830175_2350175391875899_5744761806304313344_n

6

34539381_2348222642071174_8977413832636891136_n

 

33 responses

  1. Dankie… ek het nou weer lekker gelag! Sterkte… mooi bly daar onder i die winterson!! 😉

  2. 1.Ken n paar ooms wat so borsskikbord kan gebruik.
    2.Wow,dit was ongelooflik.
    3,Uit soos n kers
    4.Klop,klop iemand tuis?
    5.Check hom Pa! Hy’s so reg soos nroer.
    6.Was ek nou n mens sou ek liewer my skoene buite dra.

  3. Ai het jy nie dalk n baie baie groot memirycard wat jy kan insit vir d foto’s nie? Dit help n bietjie

  4. Die twee in die gondel is Toorts en haar man 😀😀😀😀 hulle vang tot in die wildtuin ‘n middagslapie in hulle kar.
    “Die onwelkome gas”, pas goed by die beer foto 😊

  5. Daardie toiletsitplek is baie innoverend, maar laat my effe gril so by die kos! 😜
    Die res van die foto’s laat my heerlik lag, veral die twee in die gondel!

  6. Daai werktuigkundige is te oulik vir woorde

  7. Hei, Tina – dis wonderlik dat jy hier is, al is dit nou met ‘n vergrootglas. Dink baie aan jou en stuur goeie wense vir herstel.
    1. Smaaklike ete!
    2. Waaat? Ekke? ‘n Boob job??
    3. Gondelier in sy skik met sy suksesvolle wiegeliedjies
    4. Yoo-hoo, Gouelokkies…?
    5. Los my uit, ek werk!
    6. Eendag wanneer ek gesond is, gaan jy en ek ver en vinnig galop!

  8. Ek voel soos daardie eekhoring vandag.

  9. Ek sal tog daardir oulike idee vir eet op jou skoot vir my broer wys.
    Foto 3 is blykbaar ek wn my man!
    Klein mannetjie wat kar regmaak tog te oulik.

  10. ja alles is tegenwoordig technologisch

    1. grote jongen , bordje leeg gegeten

    2. help ik heb jeuk

    3. de gondelvaart duurde te lang

    4. hallo is er iemand thuis , ik lust wel wat lekkers

    5. geef me ff dopsluitel 17

    6. hé ik heb een ladder nodig om er op te komen

    wens je een fijn weekend

  11. Die eekhoring se houding, en daardie beer by die deur, dis klassiek!

%d bloggers like this: