Vrydag Byskrifte

Mens is nooit te oud om iets te leer nie en soms is dit pure hardkoppigheid as jy nie gou die les leer nie. Voor ek amper 6 jaar gelede hier op die Landgoed ingetrek het, het vir ‘n hele paar jaar op gawe Verimark kussing geslaap en dit selfs saam geneem as ek iewers moes oorslaap. Toe ek moes trek besluit ek om die kussing wat al pap geslaap was weg te doen… die grootste fout van my lewe. Elke liewe oggend is my kop seer, my oë is seer, my sinusse, oor, bloeddruk, hartkloppings, drome en selfs gloede kry die skuld. Ek koop kussings, dikkes, dunnes, goedkoper en duurder, maar vir 5 jaar is my kop seer en dik elke oggend. Teen die aand makeer ek niks. Moedeloos verduidelik ek vir my dr.  en sy verduidelik … daar is ‘n spier wat in jou oogholtes begin en oor jou kop tot in jou nek strek… sy druk my nek en sê my nekspiere is stokstyf… sug… oplossing. Koop ‘n spesiale kussing met ‘n ander digtheid en sy skryf ‘n ontspanningspilletjie voor. Sowaar dit werk! Ek kan nou nie wag om te gaan slaap nie. Nou ja genoeg van my klagtes.

Dankie vir die deelneem/inloer. Geniet die lang naweek en onthou om te glimlag.

1

62529447_2184903615155102_5395489654134800384_n

2

67588431_2216407978671332_7443339183378137088_n

3

67313104_1270947533083728_2117766391321853952_n

4

64226259_2273847296202572_4891509494313385984_n

5

64538986_311290016448716_2579842376302329856_n

6

65444307_2729964303699218_7545640876257574912_n

41 responses

  1. And the winner is … #6 … good nite – enjoy your new pillow!

  2. Nou weet ek waar daai ou gesegde vandaan kom… sy’s sommer ‘n ou koei!! 😉

  3. Kussings. Ja-nee, dit kan maak of breek, letterlik.😉Foto nr 2 is regtig pragtig, Tina.

  4. Ja nee, die verkeerde kussing kan mens lelik indoen. Bly jy voel nou beter.

  5. Ons het toe nog nie sneeu gekry nie. Ons is so tussen die strome van die koue front.
    1. Ontspan suster
    2. Haleluja, A M E N
    3. Die apie le en droom hoog op n koue stokkie
    4. Wow, dis n fees.
    5. Dis nou luuks.
    6. maak nie oop nie so ek weet nie hoekom kieter op n paal sit nie.

  6. Het ook ‘n memory kussing al vir jare wat my nekprobleem opgelos het. Vat hom ook oral saam.

  7. Die bees daar onder die sambreel het die regte idee vir ontspanning. Ek het ook so ‘n kussing wat oral saam met my ry en dié begin ook al oud raak. Ek raak skoon paniekerig as ek dink dat ek solank sal moet begin soek vir ‘n plaasvervanger. Waar het jy joune gekoop?

  8. Ek is nou nuuskierig oor die nuwe kussing. Jy sal ons moet keer daarvan en waar om dit te kry en en en …

  9. Watter kussings het jy nou?

  10. Wat n oulike versameling, Tina!

    Die bees op die strand lyk of hy lekker ontspan, en die gans dirigeer vir n vale!

  11. Mijn moeder vertelde ons altijd dat als je de korstjes van het brood opat je daardoor beter kon fluiten. Zo te zien gelooft dat Koolmeesje daar helemaal niets van.

    Ja ook ben steeds weer op zoek naar een goed kussen.
    Verkeerd slapen bezorgt mij een stijve nek en hoofdpijn.

    Regenachtige groet,

  12. als mijn reparatie niet werkt , morgen test ik het
    dan haal ik een andere slang 🙂

  13. Almal pret – behalwe die jare van die verkeerde kussing – maar nommer 2 het my ontmiddelik laat dink, soos Karel, dat ‘n orkes of koor voor hom staan . . . swem!

  14. dus weer een Verimark kussen aanschaffen

    1. verkoeling ook voor de kippen

    2. niemand trekt zich wat van deze dirigent aan

    3. slechte sateliet verbinding

    4. nog genoeg voor het weekend

    5. vlees voor de komende strand BBQ

    6 . we willen alleen maar spelen

    fijn weekend groet