Dis so lieflike dag hier in die Bosveld dat beslis tyd is vir ‘n grappie of twee:
Ek hou nog steeds daarvan om die liefde van my lewe te bederf! As sy laat werk in die aand, dan bel sy my en sê sy is oppad! Dan tap ek lekker warm water met skuim solank in, sodat, as sy instap, sy dadelik kan begin om die skottelgoed te was.
*****
Koos en sy pel, Jan (wat oorsee studeer by Yale) besluit een naweek toe hy kom kuier om te gaan kamp. Hulle het by hulle oord gekom, lekker gebraai, ‘n paar doppe gedrink, die tent op geslaan en toe gaan slaap…
Laat die aand maak Koos vir Jan wakker en vra: “Hoori Jan, wat sien jy?” Jan kyk op na die sterre en antwoord: “Wel, astrologies gesproke sê die sterre vir my dat die duiwel is in leo.. Teologies sê die sterre vir my dat dit omtrent 3am is en meteorologies sê die sterre vir my dat more ‘n mooi dag gaan wees.”
Hy kyk na Koos en vra: “Nou wat sien jy ou pel?” Koos: “Wel, prakties gesproke sê die sterre vir my… iemand het ons tent gesteel!”
*****
Drie seuntjies spog by die skool oor hul pa’s. Die eerste een sê: “My pa skryf ‘n paar woorde op ‘n stuk papier, en noem dit ‘n gedig en dan gee hulle hom sommer R500.”Die tweede seuntjie sê: “Dis nog niks nie. My pa skryf ‘n paar dinge op ‘n stuk papier, en hy noem dit ‘n lied – dan gee hulle hom sommer R1000.” Die derde seuntjie sê: “My pa is nog beter. Hy skryf ‘n paar woorde op ‘n stuk papier en noem dit ‘n preek. En dan vat dit agt manne om al die geld bymekaar te maak!!”
Dankie vir die inloer. Ek hoop daar is iets vir jou wenslysie, maar boweal dat daar iets is om oor te glimlag.
Wha ha HAAA!!
Dankie… jy laat my weer lekker lag!
😁😵😃😉😂
ik haalde als kind 4 zwem diploma’s
zwom wedstrijden en ook waterpolo
maar dat is alles lang geleden
maar het zwemmen zelf verleer je niet
Wow Welgedaan! ❤
ja toen 🙂
Ik ga voor de kleurrijke tas.
Daar moet een ieder toch een glimlach voor geven.
Vrolijke groet,
Oppad
Lekker gelag vir jou grappies!Die eerste toilet is genoeg om mens hardlywig te maak van skrik!
Die lekker vars vye laat my mond water,dankie.
Gruwelik nê… ek gaan eendag nog navraag kry waarom ek so baie toilette plaas.
Ek neem nou maar aan die bed hang oor ‘n afgrond alhoewel ek dit nie kan sien nie. As jy dan daar uitval gaan jy ook sterre sien. Dit sal baie grillerig wees om na die eerste toilet toe te gaan… maar as die nood hoog is sal mens maar oë moet toeknyp 😂😂😂
Nie smaakvol nie Beslis
O en die handsak
Beslis!
Die koppie tee, die vye, die donkies, die bont stoele!
Oppad ❤
Een Prediker krijgt meer geld bij elkaar, en in minder tijd dan Shakespeare en The Beatles bij elkaar.
God zij dank!
.-
Grappies geniet. Eina as mens uit daai bed val!
Beslis
Die donkie, Tina, is dit nie te oulik nie! Natuurlik swig ek weer voor die kleurvolle eetkamer stelletjie, en die sak!
Ooooo daar is die mooiste goed mens kan nie kies nie!
Die handsak. Mits dit groot genoeg is om alles wat ek wil saamkarwei, in te laai. Die toiletsitplekke – ! Nee. Definitief nie.
Jy kan twee kry!
😘
🙂
nee niks voor me bij
maar wel vele glimlachjes waard 🙂
Nie eers ‘n huisie in die berge nie?
klopt , ik blijf hier 🙂
Dis gratis en verniet?
hahaha
🙂
Natuurlik een van die twee hutte vir my, asseblief!
Neeee die een oor die afgrond is nie vir my nie
G’n inbreker gaan van daai kant af kom nie!
Jaaaa maar die slang en spinnekop kom van die ander kant af. Om nie van die olifant te praat nie!
Nou laat jy die huisie net nog beter klink! 🙂
Hehehehehe … vreemde siel – jy!
😀
❤
Those toilet seats! I could not see myself using either of them!
Ditto! ❤
Daai vye by die mooie toeertafel en stoele. Die gemakshuis sal my piepie verhoogvrees gee🤣🤣
Hehehehehe die toilette is grusaam en mens kan nie dink hoeveel van die monsters is in omloop nie. Ten minste laat hulle mens glimlag.
Love die grappies😁😁. Ek sal die handsak neem en die boho stoele. Omdat donkies my gunsteling dier is, is hierdie nog meer spesiaal omdat hulle sulke oulike buidels het om die lammetjies veilig te hou.
Hehehehe goei keuse Die donkies word skaapnannies genoem en word gebruik om skape uit die berge te gaan haal Hulle kry kort kort ‘n blaaskan wn lammers kan by die mammas gaan drink en kuier.