Vrydag Byskrifte

Vanoggend lees ek ‘n lieflike huldeblyk aan een van ons medebloggers en kry sommer ‘n warm gevoel om my hart. Ja, bloggers is gewone mense met hulle eie geite en tekortkominge, maar die meeste het my lewe op ‘n besondere wyse aangeraak.  Van my blogvriende kom al van 2005 toe ek by Mweb begin blog het. Ek word nou nog koud as ek besef hoe arrogant en voortvarend ek was. Bloggers het my egter aanvaar soos ek is. Op Mweb het ek geleer om boelies dood te swyg. Hoe meer aandag jy aan hulle gee, hoe lekkerder kry hulle. Die meeste van julle weet wat op Litnet gebeur het, waar ignoreer nie altyd gewerk het nie. Ek het ongelooflike respek en dankbaarheid vir die bloggers wat daardie tyd vir my opgestaan het… dit sal ek vir altyd onthou.  Dankie vir almal wat in die verlede en selfs nou nog my lewe op ‘n spesiale manier aanraak. Julle is baie spesiaal.

Dankie vir die deelneem/inloer.  Hoop jy het ‘n wonderlike naweek en moenie vergeet om te glimlag nie.

1

66764541_2207538642891599_5550862338040528896_n

2

67193277_2768795659814576_7409653711925936128_n

3

67080658_2213123602333103_7582306960523919360_n

4

60336675_10156341917935773_8019383757645545472_o

5

67363820_2775263809167761_212237664357711872_n

6

67353121_2211705469141583_1950958090702553088_n

 

 

62 responses

  1. DIe ou kindertjies is te kostelik. Hou baie van die een wat die eiers vashou

  2. Elkeen van hierdie gesiggies is opvreetbaar oulik; nr 4 is my favorite.

  3. Altyd lekker om hier in te loer 😊

  4. Nou het jy my nuuskierig…. waaroor het julle so baklei? My prentjie van rondomtaliedraai van agt jaar gelede verskil nogal van die een van nou 😊 Dankie vir die oulike fotos… kinders is net oulik “finish en klaar. “

    • Agt jaar gelede was ek voortvarend … nou het ek bedaar en maak baie goed nie meer saak nie Hehehehe … daar was tot ‘n vrou wat beweer het haar ma is dood die naweek en ek was net van plan om ‘n vurige huldeblyk te skryf toe ons hoor dis glad nie waar nie!

  5. ja dat doet de regen 🙂 die maakt de natuur ook hier weer groen

  6. Dis kostelike foto’s. Ek hoop nie ek het jou aangetas op LitNet, met al daardie gevegte nie! Ek was ook maar soms binne-in die geroesemoes!

  7. Mens kan nie help om saam te glimlag as jy n gelukkige kindergesiggie sien nie!

  8. 1. Regtig? Wat vertel jy my!
    2. Self gemaak.
    3. JY bly hier!
    4. Haleluja, A-h-a-m-e-n
    5. Eier meisie.
    6.Wew, dis n lange.

  9. I love all the photos of children! #3 is hilarious! Thanks for giving us some regular chuckles each week Rondo!

  10. Ek het hulle nou almal geniet. 😁

  11. dus je blogt al een aardig tijdje
    ik ook en ik heb al aardig wat mede bloggers ontmoet ook

    1. ojee , als dat maar goed gaat

    2. 3 heel nieuwsgierige ondeugdjes

    3. hier bijven jij

    4. kijk dat moet een goed boek zijn

    5. dat is een flinke oogst

    6. volgende keer een mes rt bij

    fijn weekend groet

  12. 👏👏😄👍 fun!!

  13. Kosbare oomblikke vasgelê op kamera. Dis so lekker as bloggers sommer ook vriende word. Ek gesels soms ‘n hele middag om met bloggers en dit doen wondere vir my gemoed.

  14. Ben van Bruggen

    Elke kinderfoto besonders. Jy was in die regte beroep .

  15. Lief, lief, lief jou foro’s vandag

  16. Telkens weer geniet ik van jouw blogposts.
    Niet altijd reageer ik.
    En soms ben ik ietwat laat met lezen en/of reageren.

    Maar altijd maak je mij blij.

    Fijn Weekend!

    Vrolijke groet,

  17. Dankie, vir jou, wat ons lewens beter maak, met hierdie soort van blogs. Groetnis.