Vrydag Byskrifte

Ek is maar stil vandag en deel darem so ou grappie om jou dag op te kikker:

Onnie in die Engelse klas: “Jannie, wat is die Afrikaanse woord vir fan belt

Jannie: “Bewonderaarsgordel, Meneer.”

***

Ampie is ‘n beesboer. Goeie mens, uit een stuk gesny. Hy het ‘n seuntjie, wat ten tye van die episode sowat drie jaar oud was. ‘n Regte klein bulletjie. Volg sy pa soos ‘n skaduwee oral op die plaas rond.

Sondag gaan hulle kerk toe. Eers vertrek Ma en Ouma met die motor. Pa en seun is nog by die beeste besig, en hulle volg later met die bakkie.

Na die diens, by die tee drinkery, vertel Ma dat sy die Mercedes se uitlaat gehaak het, en dit klink nie te goed nie. Ampie moet asb kyk of sy so kan huistoe ry. Daar langs die kerksaal, trek hy sy swart baadjie uit, en seil onder die kar in. Seuntjie agterna. Nuuskierige omstanders rondom.

Dominee: “Hoe lyk dit broer Ampie?”

Seuntjie loer onder uit: ” Die fotten ding is fattap!”

Geskokte stilte.

Dominee: “Broer Ampie?” Ampie (loer nie onder die kar uit nie): “Dominee, ek vrees die kind is reg!”

***

A plane is on its way to Melbourne when a blonde in Economy Class gets up and moves to the First Class section and sits down.
The flight attendant watches her do this and asks to see her ticket. She then tells the blonde passenger that she paid for Economy and that she will have to go and sit in the back. The blonde
replies “I’m blonde, I’m beautiful, I’m going to Melbourne and I’m staying right here!” The flight attendant goes into the cockpit and tells the pilot and co-pilot that there is some blonde bimbo sitting in First Class that belongs in Economy and won’t move back to her seat.

The co-pilot goes back to the blonde and tries to explain that because she only paid for Economy she is only entitled to an economy place and she will have to leave and return to her original seat. The blonde replies, “I’m blonde, I’m beautiful, I’m going to Melbourne and I’m staying right here!” Exasperated the co-pilot tells the pilot that it was no use and that he probably should have the police waiting when they land to arrest this blonde woman that won’t listen to reason. The pilot says, “You say she’s blonde? I’ll handle this, I’m married to a blonde, and
I speak blonde!” He goes back to the blonde, whispers in her ear, and she says “Oh, I’m sorry – I had no idea,” gets up and moves back to her seat in the economy section.

The flight attendant and co-pilot are amazed and asked him what he said to make her move without any fuss. The Pilot replied “I told her First Class isn’t going to Melbourne”.

***

Baie dankie vir jou inloer/deelneem. Ek hoop jy het ‘n heerlike naweek!

1

52788190_2273421639375754_6790389577543581696_n

2

50592085_2178732232148505_335309698821521408_n

3

51814917_1089343097934311_6591676662121758720_n

4

49751040_2317235581895116_6011301811632209920_n

5

33401800_10156423389249700_6147815130932445184_n

6

51979986_10157058952624700_1813961725020471296_n

31 responses

  1. Nr 6 ek is ook ń towerin eend, oppas voor ek moet in die cargo kom, my susters wag!!!!

  2. Een en vyf, dis klassiek. Ek is mal oor jou vliegtuig grappie!!! Seker omdat ek nie blond is nie?

  3. 1 Ek het REGTIG nie die onderste r4akke leeg gekou nie
    2 Eskom eerlik !!!!
    3 Ek beter nie ook kop verloor nie
    4 Wat was in Daai maroela?
    5 ‘n Twintig voet haai sowaar?
    6 Ek het niks gedrink nie konstabel

  4. 1.Baie onregverdig.
    2.Dis die beste grap wat ek gehoor het.
    3.Te grillerig.
    4.Nog bietjie meer na regs!
    5.Jy soek vir ons vandag!
    6.Geepers, amper maak ek dit nie.

  5. Lekker gelag vanoggend, veral vir klein Ampie jr!

  6. Heb met plezier de leuke grapjes en vrolijke foto’s ontvangen, als introductie in deze maand, van een seizoenswisseling in de hele wereld.
    .-

  7. I love the blonde joke. 🤣 I just read it to hubby and he collapsed in a heap. (He also speaks blonds) 😅 Have a great weekend, Tina. 😘

  8. nice jokes 🙂

    1. welke schoenen wil je

    2. wat een goede mop hé

    3. aan tafel

    4. daar zit iets dwars

    5. zo had je nog praatjes

    6. O O hadden we weer vorst in de nacht

    ik ontvang mij AOW zo rond de 22ste
    pensioen zo rond de 25ste

    fijn weekend groet

  9. Lekker gelag vir die grappies en die foto’s

  10. Bwaha, lekker lag ek. Ek voel soos daai eend hier op die rand van die naweek.

  11. Dankie vir die grappe. Die kameelperd is erg olik . (of vrolik ?)