RSS Feed

Sondag Kopies

My sus vertel so lekker van ons kleinwees-jare… ek was/is die jongste en het van die goed gemis, wat die lees nog meer lekker maak. Ek onthou ook vanoggend dat ons elke jaar die Pretoria se skou besoek het. Dit was beslis ‘n jaarlikse hoogtepunt. Ons het by elke stalletjie pamflette versamel en dit later tuis gebruik om vir ons papierpoppe nuwe klere te maak.ย  Ons kon op een van die ritte gaan en ek het dit maar by die perdjies gehou – nie baie avontuurlik nie! My pa het ook altyd vir ons karamel springmielies gekoop, terwyl ek verlangend na die spookasem gekyk het… SUG… net wind was die antwoord wat ek altyd gekry het.

Dankie vir die inloer. Ek hoop daar is iets vir jou die week,maar dat jy darem sal glimlag.

970254_377319499057375_1651161079_n

27332668_1962288237131881_385929837858876376_n

50784597_1078697692332185_2432294036183187456_n

49821627_2236725269876857_4582384647727480832_n

42399720_1003428469859108_408031299098378240_n

52840162_2042501762708927_6762905270067658752_n

51825959_2230300096992313_4303012323796189184_n

45000636_1023060651229223_4784000445645324288_n

45131916_1022723064596315_1100901260149653504_n

43 responses

  1. je bedoeld die met de fiets op het vliegveld ๐Ÿ™‚

  2. Die camper en die puppies!! OMW!! โค๏ธ

  3. het is erg warm voor de tijd van het jaar ๐Ÿ™‚

  4. Die skoene en brillens gee my die rillings!
    Daardie karavaantjie se binnekant lyk na net die ding vir my.

  5. Kontaklense lyk na n makliker alternatief vir daardie bril, is dit nie?

  6. Nou toe, daar onthou jy toe die skou waaraan ek nog nie gedink het nie. Ons het altyd saam met die skool ook gegaan. Kan jy die swem westryde onthou toe die Hollandse swemmers kom swem het? Ook die volkspele byeenkomste op ek dink Loftus of Pildich stadion?

  7. Die koperbedfiets dalk.

  8. Ja nee, die kamper sal ding doen. Ook altyd lekker gekuier by Kroonstad se jaarlikse landboudskou. Toffie-appels, spookasem tot jou hande later taai is van spoeg en stroop.

  9. Dankie tog ek drink nie tee nie. Daai teepot sal my nagmerries gee. Ek sal hou van die fiets met die stoel – lekker sag sit en ry.

  10. Oe, kan ek asb daardie mooie teepot kry?

  11. Natuurlik eers die Volkswagen, en daarna die gerieflike fiets. Die skou daardie jare hou vir baie van ons spesiale herinneringe in, nรจ Tina.

  12. Daai teepot. Ons kan lekker oor kleintye en goeie tye saam toor om daai teepot – soos Alice en die Mad Hatter.
    Ek het nogal gister toe ek daai te klein skoene sien, gedink aan jou kopies! ๐Ÿ˜‰
    Rustige Sondag vir jou!

  13. Ek wens ons daardie VW Camper besit het toe ons deur Namibia gereis het. Ons het dit met die gewone een gedoen.

  14. mooie herinneringen dus uit je jeugd
    ik ga voor die mooie VW camper ๐Ÿ™‚

%d bloggers like this: