RSS Feed

Tag Archives: Fotografie

Werkopdrag 45 Terugvoer

TERUGVOERING  : WERKOPDRAG 45

Foto 1 –  Silhoeët  –   Interessante vorms wat netjies gespasieer is. Die donker bome maak `n goeie horison wat ook lekker balanseer met die vorms wat na bo vergroot. Terselfdertyd is hier ook `n aanvoelbare diepteperspektief. Heel kunstig en kreatief opgestel.

Foto 2a  – Vorm in Kleur  –  Vreemde vruggies in `n vreemde wêreld. Die vrugte is nie so skerp in fokus met soveel definisie as wat mens graag sou wou hê nie. Die geheelbeeld is egter heel kleurvol en beskrywend. Mens het nie woorde nodig om te sê wat hier aan die gang is nie.

Foto 2b  –  Vorm in Kleur  –  `n Goeie taakgerigte foto waar kleur dit alles sê. Klein gedeeltes kleur wat in sigself genoeg vorm weergee om `n geheelbeeld te seggureer van ook dit wat verskuil lê. Netjies geraam en goed waargeneem.

Foto 3   –  Vorm in Swart en Wit  –  Vorm en tekstuur kom hier tot volle reg binne `n sterk komposisie. Die diep kontras gee lekker lewe aan die foto en ook die middelgrys van die blare is helder en suiwer. Die lyne op die blare help ook om die oog in te trek na die brandpunt van die foto.

Foto 4   –  Vorm in Swart en Wit  –  Nogal `n heel ongewone en insiggewende foto. Hier het jy `n fokuspunt wat nie uitstaan in fokusdiepte of kleur of lig kontras nie maar alleenlik in vorm. Die beeld met vol ronde gestruktueerde lyne word omraam deur `n amper blare krans met kotrasterende puntige deurmekaar vorms. Hier het jy inderdaad `n fokuspunt geskep deur die alleenlike gebruik van vorm-kontras.

Bangkok – likkewaan

Die knewel leef al te lekker op die walle van die rivier. Hy het nie baie natuurlike vyande nie lyk dit vir my… mooi nê!

 

Model 3

Teen hierdie tyd het ek al aansienlik meer geweet. Sadie is ‘n jong dame waarvoor ek skool gehou het.  Sy is ‘n sagte pragtige jong vrou wat al modelwerk gedoen het en dit help oneindig baie vir ‘n amateur fotograaf, want hulle weet van posisies en is gewoonlik gemaklik met hulle lyf. Sy was seker my gunsteling model. Ons was stoksielalleen by ‘n luukse gastehuis en ek het die sessie vreeslik geniet.

Die eerste foto was weereens dat die fotograaf nie goed is met horisonlyne nie. Ek het spesiaal nie die foto reggetrek nie sodat jy kan sien mens moet maar by enige foto oplet na die lyne.

Die foto is een van my gunsteling… daardie veraf uitdrukking op die gesig gee gevoel aan die foto. Die weerkaatsing in die deur is wel hinderlik.

Hier het my mentor gewaarsku teen liggaamsdele nader aan die kamera … daarom is haar voete groter as wat dit regtig is.Die agtergrond is ook maar effe besig.

‘n Lekker warm foto… miskien sou dit ook beter gewees het as die invalshoek anders was.

Lekker informele foto.  Dit was ‘n effense bewolkte dag en die sonlig op die gesig maak darem nie te veel skadu’s nie.

Die volgende is ‘n gunsteling foto. Die mentor het ‘n stukkie onder af gecrop maar ek plaas die foto soos dit was. Ek dink dis regtig ‘n mooi foto… wat dink jy.

A-Z Archive: S! challenge

A-Z Archive: S! challenge

Sleep!

No day is so bad it can’t be fixed with a nap.  ~Carrie Snow

Model 2

Na die wankelmoedige toevallige fotosessie met ‘n model was die opdrag ‘n amptelike modelsessie waar die model drie verskillende uitrustings moes gebruik. Dit het aansienlik beter gegaan maar daar is tog nog foute wat ek kon verbeter.  Die probleem is dat ek so  opgewonde raak dat alles wat ek geleer het vergete raak.

Die model is Lisa ‘n jong kollega en moeder van twee.  Ek is seker die foto’s so nie so mooi gekom het as sy nie so lekker ontspanne was nie.

Die eerste foto wys nie regtig die uitrusting nie maar was vir my ‘n goeie inleiding. Die weerkaatsing op die deur en die sonstreep is dalk effe hinderlik en verhinder dat dit regtig ‘n goeie foto is.

Hier is die agtergrond hinderlik en ek het nog nie geleer dat die liggaamsdele naaste aan die kamera altyd groter lyk nie.

Baie beter. Buite in die koelte.  Daardie dag het ek besef dat natuurlike lig jou beste vriend kan wees.

Laatmiddagson het haar hare bietjie oorbelig. Tog hou ek van die foto. Lekker ontspanne.

Weer binne.  Agtergrond pla en sy is te naby aan die muur.  Die arm voor is regtig onvleiend. Skuus Lisa.

Ek is so spyt ek het nie geweet dat jy die vollyffoto’s beter lyk as jy dit van onderaf geneem word. Ek het lank gevat voor ek dit geleer het en vergeet nog baie keer.

Dan is ek dol oor hierdie foto. Lisa is sprankelende talentvolle vrou en ek dink die foto vertel dit alles. Ek hou ook van die sonstrepie op die groen takkie.

Ek het na hierdie fotosessie besef dat die modelfotografie baie aangenaam is, of dit vir professionele fotograwe altyd so is, weet ek nie – miskien as dinge soos ‘n worsmasjien werk, verloor mens die vreugde daarvan, maar vir my was/is elke sessie spesiaal.

 

 

SUNDAY POST :Vehicle

SUNDAY POST :Vehicle

wish

if i could wish upon a star
i wish i had a magic car
a magic car to take me places
a magic car to see different faces

http://www.poemhunter.com/poem/wish-28

Model – 1

‘n Mens leer mos maar so met val en opstaan en toe ek nou die dag op die eerste fotosessie met ‘n model afkom, besef ek dat ek regtig verbeter het.  Die vollengte en halflyf foto’s is werklik maar swak, maar die ander twee is darem nie te sleg nie.

Ontmoet vir Chrissie… jy woon in die huis van Kinder- en- gesinsorg en is vanjaar in matriek. Vreemde siel. Haar lewe was nie maklik nie maar sy is een van daardie mense wat sal oorleef, wat ook al.

Kyk net die hinderlike skadu’s en mens moet nooit jou model so naby die muur plaas nie … grinnik… en kyk tog ook na die vloer en verwyder die lelike draad.

Ook hierdie een is treurig. Bly weg van die muur as jy nie studio-ligte het nie. Neem liewer jou model buite in die koelte, die lig is net te swak vir ‘n mooi foto.

Die volgende twee is darem beter. Die fokus is mooi op die oë en daar is nie hinderlike skadu’s nie

Wednesday Song Title Interpretation: Happy Birthday

Wednesday Song Title

Interpretation:

Happy Birthday

 

HAPPY BIRTHDAY?

Sitting here so lonely,
birthday came and gone,
not a single present,
no happy birthday song,
I knew it’d be this way,
the worse birthday yet,
nothing else to say,
but how could they forget,
never got to make a wish,
I wish I wasn’t born,
didn’t have cake or candles,
to make this wish on,
so ill keep going,wishing i was dead,
maybe next year’s better,
maybe they won’t forget.

http://www.allbestmessages.com/poems/sad-poems/Sad-Birthday-Poems.php

A-Z Archive: R! Challenge

As ek minder by jou inloer moet jy weet dis nie omdat ek nie wil nie maar my rekenaar irriteer die wit waks uit my uit – ek moet talle kere reset, want alles vries net.  Dankie vir jou ondersteuning, hoop my probleem word gou opgelos.

A-Z Archive: R! Challenge

Sooner or later, those who win are those who think they can. Richard Bach quotes

RUN/RACE

SUNDAY POST : Shelter

SUNDAY POST : Shelter

 

If you have men who will exclude any of God’s creatures from the shelter of compassion and pity, you will have men who will deal likewise with their fellow men.
St. Francis of Assisi