RSS Feed

Category Archives: Uncategorized

Vrydag Byskrifte

Grinnik … ag tyd ‘n nuwe Editor. Nie altyd ‘n verbetering nie, maar kom ons probeer. Mmmm dit lyk nie te sleg nie … Eish, ek het nou twee keer al die nuwe FB formaat probeer maar dit staan my nie aan nie. Die donker agtergrond werk nie so goed nie maar die skrif wat so groot soos ‘n olifant is, maak my ongemaklik. Ek is nie ‘n goeie skrywer nie en moet telkens my sinne lees om seker te maak my kop is nie weer voor my vingers nie en die groot goed werk net nie.

Dankie vir die inloer/deelneem. Hoop jy het ‘n heerlike naweek en dat jy darem nog sal glimlag. Dink aan almal wat swaarkry.

1

2

3

4

5

6

Sondag Kopies

My goeie vriend Bontie stuur vanoggend ‘n baie interessante taal artikel wat op Litnet verskyn het en ek loer sommer bietjie by die blogs in.  Ai, dit was darem lekker tye en ek raak sommer nostalgie. Ek giggel as ek dink aan Ghaap se seksblog – eish, my mond het oopgehang!  Tog het hy ‘n vriendelike kommentaartjie op elke blog van my geskryf. Ek onthou Seppie, Roly, Henry, Biliam se Donkie, Lewies, Latino, Flenters …ag julle is te veel om op te noem. Mense wat mens se lewe op ‘n besondere wyse aangeraak het. Daar is nog ‘n paar vasbyters op Litnet maar die gesellige saamwees ontbreek…sug… ai die lekker ou dae.

Dankie vir die inloer. Ek hoop daar is iets wat jy sal wil hê maar bowe-al dat jy sal glimlag. Veilig bly my vriend!

87414573_227085271811713_4398780688518610944_n

96375843_10158482907801967_3169254323313967104_n

95646429_2733904853403180_9149988019476889600_n

95260845_2692693184283012_5401119119309275136_n

95779487_112075693830821_667379729581473792_n

92711935_544165166286748_2424185863777812480_n

31913993_1812923032097613_8305709539139780608_n

95387721_3306142429425060_4955634988130238464_n

90619555_3374659515884258_8486038538540810240_n

 

Sondag Kopies

Hierdie moedersdag is vreemd en dalk spesiaal, omdat mense nie bymekaar kan kom nie.  Ek het nie veel te vertelle nie, want hier gebeur niks! Daarom maar weer ‘n paar grappies:

‘n Oom stop langs ‘n dogtertjie wat terugstap huistoe na skool. “As jy inklim sal ek jou ‘n suigstokkie gee.” Die dogtertjie hou net aan loop.

Die ry stadig agter haar aan. Weer sê die oom “As jy inklim dan gee ek jou hierdie hele sak suigstokkies!” Die dogtertjie draai om en sê: “Pa, ek het al hoeveel keer vir jou gesê, ek ry nie in die  Ford nie!!”

*****

Die een Kaapse blondine vra vir die ander: “Wat is nader, die son of Johannesburg?”
“Jy’s lekker simpel.” Antwoord die ander een. “Kan mens Johannesburg hiervandaan sien?”

*****

’n Jappie ry deur die Suid-Vystaatse platteland waar hy ‘n skaapwagter teëkom wat besig is om ‘n groot trop skape aan te jaag. Die jappie gewaar ‘n kans om ‘n vet slag met die ontmoeting te slaan. Hy hou stil en klim uit sy motor uit.
“Ek wed jou dat ek presies vir jou sal kan sê hoeveel skape in hierdie trop is,” sê hy vir die skaapwagter. “As ek verkeerd is, gee ek jou honderd rand. Maar as my getal korrek is, moet jy my ‘n skaap gee.”
Die skaapwagter dink ‘n bietjie na. Hy’t tog ‘n yslike groot trop, redeneer hy by homself, en die kans is geweldig skraal dat hierdie kêrel ooit sal reg raai. Dus neem hy die weddenskap aan.
Die jappie pluk sy selfoon uit, skakel sy Internet-diensverskaffer, sweef na die Nasa-webwerf en kry ‘n koppeling met ‘n satelliet wat beveel word om die spesifieke kolletjie in die Vrystaat te skandeer en al die inligting in ‘n databasis te berg. Hierna neem ‘n superrekenaar oor, wat die skape binne mikrosekondes tel en die antwoord in die venstertjie van die jappie se selfoon laat flits.
Stel jou die skaapwagter se verbasing voor toe die jappie sekuur in die kol is met sy antwoord: “Daar is 981 skape.”
“Meneer.” sê die verbysterde skaapwagter, “ek is ‘n man van my woord. Kies maar vir meneer ‘n skaap uit.”
Die jappie doen sy keuse, maar hy is net besig om die dier in die kattebak van sy motor in te laai, toe hy die skaapwagter hoor roep: “Meneer, ekskuus tog, gee my tog net een kans om die dier terug te wen. Ek wed vir meneer dat ek meneer se beroep sal kan reg raai. Ek gee vir meneer nog ‘n dier as ek verkeerd is, maar as ek reg is, moet meneer daardie dier vir my teruggee.”
“Nou maar goed,” sê die jappie.
“Meneer is ‘n konsultant.”
“Verbluffend! Hoe het jy geweet?”
“Maklik,” antwoord die skaapwagter. “Meneer kom hier aangewaai, al het niemand vir meneer laat kom nie. Meneer wil betaal word vir die antwoord op ‘n vraag waarvan ek reeds die antwoord geken het. En, laaste maar nie die minste nie: meneer weet swiet blou niks van my besigheid af nie — want daar staan meneer met my hond in meneer se arms!”

Dankie vir die inloer. Hoop daar is iets vir jou wenslysie en iets wat jou laat glimlag. Geniet die week wat voorlê.

94716449_861465004280716_4147939166614716416_n

92913492_10158251709721382_6334104170550788096_n

95942782_10222650080588827_3330403072512884736_n

92433520_1439186209571919_5849485916573270016_n

20258092_1420634058016709_3909389900478112966_n

54799009_1061332967397054_5897331044796858368_n

94195385_2687573161461681_6066301990298714112_n

 

 

Vrydag Byskrifte

Jy weet dat ek ‘n getroue tydskrifondersteuner is. Met groot hartseer hoor ek dat die Vrouekeur vou… ons leef in hartseer tye. Dink net aan hoeveel meer mense sonder werk gaan sit. Ek lees die redakteurs brief in die Huisgenoot en sy sê dankie vir die lojale ondersteuners … ek wens mense wil besef hoeveel ‘n opregte eenvoudige dankie beteken. Dit beteken meer as geld of goed.

Dankie dus vir jou inloer/deelneem. Dis lekker as mense jou blogs lees. Onthou om aan te hou glimlag … daar is ‘n einde aan alle slegte goed ook.

1

29356241_1640523416027771_1625516328351694848_n

2

74662417_10220643998194467_4386104363127406592_n

3

83524661_669319523873898_9002503274938499072_n

4

95865197_696606744489190_1499125886190878720_n

5

83401575_616621685833561_6790816535947509760_n

6

84385828_667108374095013_6767038192542547968_n

Sondag Kopies

Dis darem interessant hoe ‘n mens lag vir dinge wat ander benadeel. Hoeveel programme is daar nie oor mense wat val of struikel, wat hulle uit onkunde vergat of benadeel. Goed navorsers beweer dat mens lag omdat jy bly is, dat dit nie jy is nie, maar dit maak seker dat die mensdom nie so gaaf is soos ons dit voorstel nie.  Kom ons kyk of jy vir die grappies lag?

Kallie besoek vir Mike in die hospitaal, waar di� soos ‘n mummie in verbande toegewikkel sit.

“Ou Mike, wat het met jou gebeur?” wil Kallie weet. “Ag, Kallie man, ek was laas naweek saam met die familie by ‘n museum met ‘n ou meule.

Die gids het vir ons ges� om nie ons koppe by die venstertjie uit te steek nie, want die meul se vier spane kom daar verby.

En ek het hulle goed getel, die eerste, die tweede, die derde, die vierde… en toe ek my kop uitsteek is daar wragtag ‘n vyfde!”

*****

Die kinders staan in ‘n tou vir middag-ete in die kafeteria van ‘n Katolieke primêre skool.  Op die punt van die tafel is ‘n hoop appels opmekaar gestapel.  Die non / suster skryf ‘n nota wat sy langs die appels uitstal.

‘Neem slegs EEN. God hou jou dop.’

Op die ander kant van die bedieningstafel is daar ‘n groot hoop sjokolade kraakvars koekies.

‘n Kind het ook ‘n nota daar gelaat: ‘Neem soveel as wat jy wil hê!  God hou die appels dop.’

*****

Die passasier tik die taxidrywer op sy skouer en sê vir hom iets. Die drywer skree, verloor beheer oor die kar, mis ‘n aankomende bus met ‘n haarbreedte, ry oor die sypaadjie en kom sentimeters van ‘n vertoonvenster tot stilstand. Vir ‘n oomblik is alles doodstil, toe sê die drywer “Kyk meneer, dit moet jy nooit weer in jou lewe aan my doen nie. Ek het my half dood geskrik!”

Die passasier vra om verskoning en sê hy het nie geweet die klop op die skouer sou hom so laat skrik nie. Die drywer antwoord” Alles reg – eintlik is dit my skuld. Jy sien dit is vandag my eerste dag as ‘n taxidrywer. Vir die afgelope agtien jaar het ek lykswaens bestuur!

Baie dankie vir die inloer. Hoop daar is iets om oor te glimlag en iets vir jou wenslysie. Veilig bly!

95511955_10219593111750724_4042555070196219904_n

93399375_10157909845590250_7490889251643457536_n

94203415_689577518525446_1841945940919844864_n

92604198_1277739882588240_6241987911009435648_n

92357127_692188684865849_5002884971325554688_n

87054103_6185342659041_2767611221132705792_n.png

84716929_10216979733106053_1641424015337717760_n

84415710_10212527196133695_571251317750628352_o

87465266_639742686568519_3630968667753152512_o89689991_2564735430465328_8106113346513666048_n

 

Vrydag Byskrifte

Sjoe, ek was lanklaas hier. Hoop jy is darem nog ok?

Ek ry vanoggend om te kyk of die oogarts my bril kan heelmaak en verlustig my aan die rustige verkeer. Net ‘n paar karre en al die bane is vir jou oop. Ek dink aan my bestuursvermoeë wat seker nie van die beste is nie, maar ek was darem nog nooit die oorsaak van ‘n ongeluk nie. Ek het op die platteland van die Hoëveld leer bestuur en daardie tye was die verkeer baie minder. Ek onthou hoe ons altyd alles moontlik uit die kar gehaal het op die gelykpad tussen Heidelberg en Balfour. Ons het vinnig vir ‘n naweek see toe gery… Grinnik… die enigste verkeersbeampte van die dorp was my  boyfriend en my toetsbeampte… hoe deeglikheid daai toets was, is maar twyfelagtig. Ai die lekker ou dae. Ek het die wêreld vol gery in my helderrooi Mazda’tjie. Waar het jy jou lisensie gekry? Kan jy bestuur of maak jy maar net of jy kan bestuur?

Dankie vir jou inloer/deelneem. Ek hoop jy glimlag darem nog soms. Veilig bly!

1

87874821_662662711151780_4812178867080921088_n

2

91232832_673353393481192_5983872539867217920_n

3

91602156_686267328791318_8343765071096184832_n

4

91918741_689877761763608_502501316682055680_n

5

91836717_247645952951523_7224381767807926272_n

6

84480886_187610282489602_1241651513147785216_n

Sondag Kopies

My hart krimp ineen as ek dink in hoeveel weelde ek hier gemaklik in my sitkamer sit en daar mense is wat niks het om te eet nie. Volgens die wette van die Landgoed  mag inwoners nie aan die werkers dinge gee nie, maar ek steur my nie daaraan nie. So Emily loop gewoonlik met ‘n pakkie hier uit. Ons gesels ook. Sy het ook drome en vrese. Sy vertel as hulle wil inkopies doen ry hulle met ‘n taxi (waarvoor hulle betaal) die winkels maak eers 9uur oop. Die taxi’s ry net tot 9uur… dan moet hulle tot 5uur wag wanneer die taxi’s weer mag ry. Sy is een van die bevoorregtes wat mag werk. My hart breek vir die wat nie mag werk nie. Kan jy jou voorstel as jy dalk nie ‘n kospakkie kry? Wat as die kos klaar is… waar gaan jy weer kry … wat gaan jy doen … my hart breek…

Dankie vir die inloer. Jy moet veilig bly en pas jouself op.

91595460_2826472437436799_4422491897289768960_n

91576462_10219184955907687_7874055786769416192_n

89768502_636666173832887_5461767051121000448_n

87465266_639742686568519_3630968667753152512_o

86192447_10221264147089502_7499492796986818560_n

69830444_404847703719769_1600009715876626432_n86190427_10218672800626010_2289113420106039296_n

Jammer as ek die herhaal het… dis net ek…

 

 

 

Vrydag Byskrifte

Jammer ek is so skaars maar my bril se armpie het afgebreek en hoewel dit nog bruikbaar is, sukkel ek maar. Grinnik… soos vanoggend toe ek moes inkopies gaan doen, was dit net nie moontlik om die bril en ‘n masker te hanteer. Ek het maar die bose kyke geïgnoreer! Een mens het ook net twee ore en neus …sug.

Met die grendeltyd is mense meer tuis en daar is meer van elkeen op sosiale media. My hart wil sommer bars van trots as mens sien waarmee jou oud-leerders besig is. Ons het in die 1990’s ons eie Idols gedoen. Alle kinders moes ‘n oudisie doen, al is dit net vir ‘n Kuns en Kultuur punt. Ek het altyd gesê: Almal gaan een of ander tyd voor mense moet optree…al is dit tydens ‘n vergadering of in die kerk of selfs net op jou troue. So was daar ‘n paneel van 3 onderwysers en 1 kind op die verhoog – angswekkend nê. Tog was daar net twee wat in al die tyd gehuil het, waarvan een tussen die eerste 10 geëindig het. Daarna is so 20+ gekies wat voor die skool moes sing en laastens die finale aand wanneer die finale 10 vir die ouers sing.  (Die gehoor het elke keer gestem) Om ‘n lang storie kort te maak: Die weke het 2 jong mense die vrymoedigheid gehad om hulle sang op FB te sit. Dis hoendervleis mooi en my hart wil bars van trots.

Dankie vir die inloer/deelneem. Hoop jy het ‘n lekker naweek. Onthou om bly glimlag en bly veilig.

1

75640692_2546643245554674_8099595385749635072_n

2

82061956_1956337591178400_376420103576616960_n

3

89267212_2643098529242478_5553008374284550144_n

4

89388785_2936063653098364_576550740458209280_n

5

90788796_2661573964061601_2907016157229744128_n

6

83622431_166166948124546_678791019600281600_n

Sondag Kopies

Tweede Sondag wat ek niks het om te berig, want dis stil op die Landgoed. ‘n Grappie of twee kan jou dalk opbeur.

Pieter: “Jan, het jy gehoor Koos het geval uit ’n boom wat 30 meter hoog is?”

Jan: “Nee. Hy lê seker nou in die hospitaal?”

Pieter: “Nee. Hy het net ’n meter hoog geklim toe sy voet gly en hy val.”

*****

Die toeris vra: “Do you know psychology, methodology or geology”

Gatiep sê: “Nei my broer! I don’t know any of those big words”

Toeris: “you sure don’t know anything my friend”

Skielik stamp die boot ‘n rots en kry ‘n lekkasie en begin om te sink!

Gatiep vra: “Do you know swimology or escapology away from the crocodology!!!”

Toeris: “What the hell do you mean”

Gatiep: ” Well today you are going to see your poepology just before you versuipology and then vrekology”????

*****

‘n Jong regsstudent druip sy eksamen en besluit om met sy briljante Professor te gaan praat daaroor.
Student: “Prof verstaan u als omtrent hierdie vak?”.

Prof: “Ek sou so dink, anders sou ek sekerlik nie n professor gewees het nie, sou ek?”.
Student:” Aanvaarbaar Prof. aangesien u so baie weet wil ek ‘n ooreenkoms met u aangaan, kan ek u ‘n vraag vra en as u korrek antwoord,
dan sal ek my punte aanvaar nes dit is, maar as u nie korrek kan antwoord nie, dan is dit u plig om my n “A” te gee”.
Prof: “Hmmmmm goed.Wat is die vraag?”.
Student: “Wat is wettig maar nie logies nie, logies maar nie wettig nie en ook nie logies of wettig nie?”.
Die prof dink so al wat hy kan, maar kry nie n antwoord nie.
Hy gee toe maar vir die student n “A” en die student is hoog in sy noppies toe hy daar uitstap. Die professor het die hele dag steeds gedink en gewroeg oor die vraag en besluit toe
om n klompie van sy mees briljante studente bymekaar te kry en vir hulle die vraag te vra. Skaars het hy die vraag gevra of almal steek hul hande in die lug en die prof, met rooi wange van verleentheid, besluit om een van sy gunsteling studente geleentheid te gee om die vraag te beantwoord.
“Dis eintlik maklik Prof. u is 75 jaar oud en getroud met n 30 jarige vrou – Dis wettig maar nie logies nie”.
“U vrou het ‘n skelm affair met n 22 jarige student – Dis logies maar nie wettig nie”.
U vrou se skelmpie het sy eksamen gedruip maar u het hom ‘n “A” gegee daarvoor – Dit is nie logies of wettig nie…”

83513319_2799647210100549_6267672339425525760_n

 

90371106_243958533434212_4162083236949786624_n

87981917_23844420068040207_4494208221816291328_n.png

89653211_221531845907246_8831691759856648192_n

88175522_3055125354520939_8480692957819699200_n

83290186_170152167726024_5412296823236722688_n

82709558_10162832930075015_6927357811189874688_n

60937961_2199507186799997_7629688133495291904_n

 

Sondag Kopies

Hallo al julle tuisblyers! Hoop julle oorleef nog almal en dat jy jou goed besig hou. Selfs ek het ‘n naaldwerkie nader getrek ! Ek praat nie te veel en daarom ‘n grappie of meer.

Regter: “Gatiep sal jy vir die hof se wat het jy gesteel?” Gatiep: “Ek het n wekkertjie gesteel djou honor.” Regter: “Sal jy vir die hof se hoeveel kos die wekkertjie?” Gatiep: “Die wekkertjie kos R16 000 djou honor.” Regter: “Wat se wekkertjie kos R16 000????” Gatiep: ” ‘n Kragopwekkertjie djou honor!!”!

*****

‘n Ou Boesman kry ‘n spieël in die veld.

Hy weet nie wat dit is nie.

Skrik toe hy daarin kyk, want die gesig wat hy sien, lyk nes sy oorlede pa.

Elke keer as hy na sy pa verlang, kyk hy in die spieël en huil verdrietig.

Sy vrou wonder wat aangaan en gryp die spieël.

Sy kyk daarin en sien die lelikste vrou wat sy nog ooit gesien het.

Sy skreeu vir haar man: ‘Jou gemors, is dit oor hierdie lelike vrou wat jy so tjank?’

*****

Laasnag, in die kuierkamer, sit ek en my vrou en praat oor lewe, en oor doodgaan. As ‘n mediese praktisyn, het ek geldige en etiese redes hoekom ek vaste oortuigings het oor seker dinge.

Net om seker te maak dat sy weet hoe ek daaroor voel, neem ek haar hand, kyk haar in die oë en verduidelik ek dit kort en saaklik:

“Skat, moet asseblief nie probeer om my aan die lewe te hou, as ek soos ‘n ‘vegetable’ daar lê, geheel en al afhanklik van masjiene en elektroniese toerusting en vloeistowwe uit bottels nie. Ek vra jou nou, as ek in so ‘n toestand is en nie meer vir myself kan besluite neem nie, dan sal ek eerder wil sterf.”

Toe staan my vrou van die bank af op, met ‘n uitsonderlike uitdrukking van bewondering op haar gesig… en diskonnekteer die TV, die DSTV, die Dish, die DVD, die PC, sy vat my selfoon, die iPod, en die Xbox, en toe gaan sy yskas toe en gooi die brandewyn en die whiskey en al my bier in die wasbak se drein af!

EK WAS AMPER DOOD…

Dankie vir die inloer. Hoop jy kry ietsie vir jou wenslysie. Onthou om te glimlag. Veilig bly.

91262173_883733678735409_6191823775323914240_n

Custom-Classic-Fifth-Wheel-RV-2-768x462

87542020_203997804341460_2104786003720929280_n

90605845_2951556604882402_7108106269981933568_n

89773478_2951442961544091_9011286586138034176_n

83913580_3377953232215829_1685915753355673600_n

80500978_3298445100166643_8405109023833063424_n

81351947_1049089972100258_9151785763937976320_n