RSS Feed

Author Archives: rondomtaliedraai

Vrydag Byskrifte

As mens soggens jou rekenaar aanskakel en alles is stadiger as stadig, weet jy jy sal vanoggend jouself moet amuseer. Ek kyk toe bietjie na die Statebond Spele. Mens hou tog so duime vas dat ons deelnemers goed sal vaar. As mens ‘n onderwyser is, kyk jy nooit na ‘n hele netbalwedstryd nie, want of jy is of ‘n beampte of jy is besig om kinders op te pas. Sug… en daar verloor SA teen Jamaika. Verloor is iets wat darem al te bekend raak vir SA.   Watter sportsoorte kyk jy graag?

Ek hoop jy het ‘n heerlike sportnaweek. Dankie vir die inloer/deelneem.  Moenie vergeet om te glimlag nie!

1

84777363

2

sport-smile-15

3

84777372

4

sports-derp-face-tennis-angry

5

sports-derp-face-long-jump

6

sportsface-2

 

Advertisements

Weekly Photo Challenge: Smile

Peace is the beauty of life. It is sunshine. It is the smile of a child, the love of a mother, the joy of a father, the togetherness of a family. It is the advancement of man, the victory of a just cause, the triumph of truth.
Menachem Begin

Picture-3 012

 

 

via Photo Challenge: Smile

Sondag Kopies

Daar moet ‘n wet wees teen 1April op ‘n Sondag… nie dat ek met ‘gebruigde’ sin vir humor ooit grappe gedoen het nie, maar dit voel net verkeerd.

Terug by die kopies. Ek wil my blogvriende en vriende aanmoedig om Una se Bali-winkel naby Hartebeespoortdam te gaan kyk. Sy het vir my ‘n video gestuur van al haar kopies en ek is seker jy sal nooit weer na my kopies kom kyk, nadat jy daar gaan kyk(koop) het nie. Onthou tog om ‘n sak vol geld saam te neem  en jy moet ook nie jou glimlag by die huis vergeet nie.

Intussen vir almal wat ver bly en nie kan gaan ‘shop’ nie… dankie vir die inloer. Ek hoop daar is ietsie vir jou wenslysie en dat jy bowe als sal glimlag.

10710665_10154618066935058_2126745376983170345_n

29598138_2074196299536492_4028871665078322040_n

29512182_1229266993873647_5350537749647973151_n

28167020_1936804036333288_3145154723438178615_n

549540_433952513323160_599955977_n

29178680_2055188154510675_2648054415537209344_n

1620778_10154604422825058_5018281635063077172_n

28166594_1939088976104794_7548533795507739569_n

29104132_2052327854796705_7271452809780789248_n

Vrydag Byskrifte

Ek wou vandag weer bitterlik gekerm het oor oneerlike mense wat huil as hulle uitgevang word, maar gedagtig aan die betekenis van die dag sou dit beslis onvanpas gewees het. Daarom wil ek vertel hoe lekker dit is om af te tree en hoe lekker mens hier op die Landgoed woon. Almal doen hulle uiterste om die inwoners se lewe makliker te maak. Die lekkerste is (ek het dit al vertel) om smiddae aan tafel te gaan sit, lekker te eet en nadat die poedinglepel neergesit is, op te staan die personeel te bedank en huis toe te gaan. Vandag se paaseier wat deur die plaaslike motorfietsklub afgelaai is, het die dag spesiaal opgekikker… nadat ons die eiers se verpakkings vergelyk het, is ons vrolik huis toe. Ek het nooit kon dink dat ek eierverpakkings sou bestudeer nie.  Die lewe is interessant…

Dankie vir die deelneem/inloer. Ek hoop jy het in die gees van die betekenis van die naweek, ‘n wonderlike naweek

1

14-58

2

2-205

3

10-83

4

7-137

5

12-72

6

3-193

 

Weekly Photo Challenge: Rise/Set

 

Keep looking up! I learn from the past, dream about the future and look up. There’s nothing like a beautiful sunset to end a healthy day.

Rachel Boston
DSCN2098=1

via Photo Challenge: Rise/Set

Sondag Kopies

Die hele krieketdebakel maak my so moedeloos. Dit haal sowaar vir my al die pret uit sport uit. Waar is die regverdige kompetisie  dan, watter pret is daar in om te wen as jy verneuk het. Watter voorbeeld stel jy vir jou kinders? Moet ons kinders leer dat hulle ten alle koste moet wen, al werk dit nie so in die lewe nie?

Ag miskien kikker die kopies ons op. Hoop daar is iets vir jou wenslysie en dat jy tenminste sal glimlag. Dankie vir die inloer.

Hergebruik en spaar!

fc2

29215932_2055183867844437_2233862625802846208_n

Plak teen toiletmuur as die gaste nie baie welkom is nie

29136563_2055189124510578_1600561361476124672_n

29132982_1726938610706297_4080879810702737408_n

29468726_1061434634028435_4470115409495851008_n

29136871_2055179617844862_8283058272462700544_n

 

 

 

 

 

Vrydag Byskrifte

Dis weer griepinspuitingtyd.  Daar is baie argumente vir en teen. Toe ek skoolgehou het, het ek die laaste jare altyd die inspuiting geneem, maar altyd siek geword.  Met al die snotneusies is dit ook nie vreemd nie. Dan het jy jou siek liggaam skool toe gesleep en vir volk en vaderland maar vasgebyt. Hier op die Landgoed het ek gedink dat mens met al die kwesbare mense maklik siek sal word en doen dus gereeld die inspuiting ding, maar het nog nooit hier siek geword nie… ek weet nou nie eintlik wat dit beteken nie, maar wonder wat jy van die inspuiting dink?

Hoop jy het ‘n heerlike (nat) naweek. Dankie vir die inloer/deelneem.

1

25395880_152817348702130_430850609448493078_n

2

23376136_143271702990028_6533139443824228597_n

3

27332576_164702580846940_4207180950393816450_n

4

27336589_164701060847092_4379586226745739441_n

5

23621575_145167809467084_6524153505300241616_n

6

28056010_167178827265982_481196901957925188_n