Hierdie moedersdag is vreemd en dalk spesiaal, omdat mense nie bymekaar kan kom nie. Ek het nie veel te vertelle nie, want hier gebeur niks! Daarom maar weer ‘n paar grappies:
‘n Oom stop langs ‘n dogtertjie wat terugstap huistoe na skool. “As jy inklim sal ek jou ‘n suigstokkie gee.” Die dogtertjie hou net aan loop.
Die ry stadig agter haar aan. Weer sê die oom “As jy inklim dan gee ek jou hierdie hele sak suigstokkies!” Die dogtertjie draai om en sê: “Pa, ek het al hoeveel keer vir jou gesê, ek ry nie in die Ford nie!!”
*****
Die een Kaapse blondine vra vir die ander: “Wat is nader, die son of Johannesburg?”
“Jy’s lekker simpel.” Antwoord die ander een. “Kan mens Johannesburg hiervandaan sien?”
*****
’n Jappie ry deur die Suid-Vystaatse platteland waar hy ‘n skaapwagter teëkom wat besig is om ‘n groot trop skape aan te jaag. Die jappie gewaar ‘n kans om ‘n vet slag met die ontmoeting te slaan. Hy hou stil en klim uit sy motor uit.
“Ek wed jou dat ek presies vir jou sal kan sê hoeveel skape in hierdie trop is,” sê hy vir die skaapwagter. “As ek verkeerd is, gee ek jou honderd rand. Maar as my getal korrek is, moet jy my ‘n skaap gee.”
Die skaapwagter dink ‘n bietjie na. Hy’t tog ‘n yslike groot trop, redeneer hy by homself, en die kans is geweldig skraal dat hierdie kêrel ooit sal reg raai. Dus neem hy die weddenskap aan.
Die jappie pluk sy selfoon uit, skakel sy Internet-diensverskaffer, sweef na die Nasa-webwerf en kry ‘n koppeling met ‘n satelliet wat beveel word om die spesifieke kolletjie in die Vrystaat te skandeer en al die inligting in ‘n databasis te berg. Hierna neem ‘n superrekenaar oor, wat die skape binne mikrosekondes tel en die antwoord in die venstertjie van die jappie se selfoon laat flits.
Stel jou die skaapwagter se verbasing voor toe die jappie sekuur in die kol is met sy antwoord: “Daar is 981 skape.”
“Meneer.” sê die verbysterde skaapwagter, “ek is ‘n man van my woord. Kies maar vir meneer ‘n skaap uit.”
Die jappie doen sy keuse, maar hy is net besig om die dier in die kattebak van sy motor in te laai, toe hy die skaapwagter hoor roep: “Meneer, ekskuus tog, gee my tog net een kans om die dier terug te wen. Ek wed vir meneer dat ek meneer se beroep sal kan reg raai. Ek gee vir meneer nog ‘n dier as ek verkeerd is, maar as ek reg is, moet meneer daardie dier vir my teruggee.”
“Nou maar goed,” sê die jappie.
“Meneer is ‘n konsultant.”
“Verbluffend! Hoe het jy geweet?”
“Maklik,” antwoord die skaapwagter. “Meneer kom hier aangewaai, al het niemand vir meneer laat kom nie. Meneer wil betaal word vir die antwoord op ‘n vraag waarvan ek reeds die antwoord geken het. En, laaste maar nie die minste nie: meneer weet swiet blou niks van my besigheid af nie — want daar staan meneer met my hond in meneer se arms!”
Dankie vir die inloer. Hoop daar is iets vir jou wenslysie en iets wat jou laat glimlag. Geniet die week wat voorlê.
Cool!
Terug pieng: Covid-vakansie – toortsie.com
ik begrijp dit niet
Op watter vlak is julle grendeltyd? Ons is vlak 4 en my sus in NZ reegs op vlak 2.
?????
Die meeste lande het 5 vlakke waarop die besighede kans kry om weer besigheid te doen.
O , ik heb geen idee
Net die blomme om die lewe bietjie op te vrolik dankie.
Ek het ook gedink dis pragtig! Noudat al die kwekerye toe is verlang ek na blomme!
Die detail op die rok is vreeslik mooi, Tina. Ek sal dit iewers teen ń muur ophang as kuns.
Jaaaaaaaa of op ‘n naaldwerk pop! Dis ure se werk… dink jy met ‘n masjien?
Die hakskoene en die bed-bank of is dit nou bank-bed
Dis vreeslik ongemaklik om van daardie bank-bed op te staan? Wat wil jy met die skoene maak?
Toegang tot een van daai mooi deure sal waardeer word.Die jappie wat so ‘n popo van homself maak het my lekker laat smaail!
Dis vir my ook baie mooi! Pas nou nie eintlik by die Landgoed nie … grinnik… hulle gooi my sonder my goed hier uit!
Bwahahaaa vir die konsultant! Daardie rooi papawers is pragtig…
Hulle het ook my hart gesteel!
Kry vir jou, jappie! 🤣 Ek koop die snackbord.
Dit lyk al te lekker nê… en dis gesond!
Eg Banting. Ek weet jy het dit spesiaal vir my bygesit. 😁
leuke mopjes
vandaag niets nodig
Ek stuur vir jou die vrugte?
nee ik heb genoeg 🙂