Dis darem interessant hoe ‘n mens lag vir dinge wat ander benadeel. Hoeveel programme is daar nie oor mense wat val of struikel, wat hulle uit onkunde vergat of benadeel. Goed navorsers beweer dat mens lag omdat jy bly is, dat dit nie jy is nie, maar dit maak seker dat die mensdom nie so gaaf is soos ons dit voorstel nie. Kom ons kyk of jy vir die grappies lag?
Kallie besoek vir Mike in die hospitaal, waar di� soos ‘n mummie in verbande toegewikkel sit.
“Ou Mike, wat het met jou gebeur?” wil Kallie weet. “Ag, Kallie man, ek was laas naweek saam met die familie by ‘n museum met ‘n ou meule.
Die gids het vir ons ges� om nie ons koppe by die venstertjie uit te steek nie, want die meul se vier spane kom daar verby.
En ek het hulle goed getel, die eerste, die tweede, die derde, die vierde… en toe ek my kop uitsteek is daar wragtag ‘n vyfde!”
*****
Die kinders staan in ‘n tou vir middag-ete in die kafeteria van ‘n Katolieke primêre skool. Op die punt van die tafel is ‘n hoop appels opmekaar gestapel. Die non / suster skryf ‘n nota wat sy langs die appels uitstal.
‘Neem slegs EEN. God hou jou dop.’
Op die ander kant van die bedieningstafel is daar ‘n groot hoop sjokolade kraakvars koekies.
‘n Kind het ook ‘n nota daar gelaat: ‘Neem soveel as wat jy wil hê! God hou die appels dop.’
*****
Die passasier tik die taxidrywer op sy skouer en sê vir hom iets. Die drywer skree, verloor beheer oor die kar, mis ‘n aankomende bus met ‘n haarbreedte, ry oor die sypaadjie en kom sentimeters van ‘n vertoonvenster tot stilstand. Vir ‘n oomblik is alles doodstil, toe sê die drywer “Kyk meneer, dit moet jy nooit weer in jou lewe aan my doen nie. Ek het my half dood geskrik!”
Die passasier vra om verskoning en sê hy het nie geweet die klop op die skouer sou hom so laat skrik nie. Die drywer antwoord” Alles reg – eintlik is dit my skuld. Jy sien dit is vandag my eerste dag as ‘n taxidrywer. Vir die afgelope agtien jaar het ek lykswaens bestuur!
Baie dankie vir die inloer. Hoop daar is iets om oor te glimlag en iets vir jou wenslysie. Veilig bly!
Hi Rondo, lekker man! Hoe gaan dit?
Goed dankie en jy?
100s
Hi Rondo – Great jokes as usual!! I like the first photo of you with the fragrant flower mask!
And you’re selling the toilet paper for $5.00 – well you gotta make living eh? Please sned me that beautiful wood-grain sculptured chair – amazing! If I ever visit South Africa – I will be sure to visit your wonderful shop!
Thank you!
ja dat was toen een fijne wandeling
blijf gezond
🙂
Daai twee beeldjies met die nie-bestaande middellyfies asseblief.
Oulik nê!
Hoe gaan dit met jou? Al op die been?
Dit gaan maar so op ‘n drafstap. Hulle sê jy vat so tussen 2 en 3 weke om te herstel van ‘n sinusoperasie. Dis ook nou nie juis asdof ek iewers het waar ek dringend heen moet gaan nie, nè?
So lank jy net elke dag beter voel.
Tina, voor mij graag een Fried Baby! Die naam wekt mijn eetlust niet op, maar ik ben wel nieuwsgierig!.
De schrik van de taxichauffeur is komisch. Dat beroep doet mij denken aan het groepje vrienden rond een tafel in een café. Er komt een lijkstoet voorbij, en een van de mannen zegt:
– Daar gaat m’n vader.
– Wát zeg je? – roepen de anderen verbaasd. – En jij zit hier, moet je niet meerijden?
– Ach, waarom zou ik? Hij is de chauffeur!
.-
😁🤣
❤
Ek hoop dis ‘n baba blomkool?
hehehe oulike grappie!
Ek hou van die beelde, maar die inhoud van daai kampwa kan jy my kant toe stuur hoor
Doen so … ongelukkig sal jy die karretjie saam moet neem Parkeer hulle maar iewers
What a fun and creative collections! Thank you, Rondo!
Dankie! Veilig bly!
jij ook een fijne week
en blijf gezond
Dabkie!
🙂
Ek gaan saam kamp, wie ook al daardie “campertjie” besit. Vlak, ek weet, maar dan is dit nou maar so.
Jy sal maar jou eie moet bestel… die inhoud is hoogs in aanvraag!
Die tyre-vygies is vandag my gunsteling!
As die vygies uitgeblom is het jy ‘n swaai iook!
Hehe lekker lag ek. God hou die appels dop……
Eweskielik kry ek toe n idee tussen jou foto’s wat kan deel uitmaak van jou verjaarsdag persent…..😁
Hier in Macadamia moet Hy eerder die koekies dophou!
Ek is erg nuuskierig!
Ek wonder net hoe werk ‘n fried baby? Gril ek nou!
Ek koop die wit, mollige ouma en die babatjie
Oeeee ek het jou grappies vreeslik geniet en met elkeen ‘n bietjie meer gelag. Die lykswa het my laat skater!
Nouse dae is lag soos medisyne
Ek is ook erg ontsteld oor die baby behalwe as dit baby papajas is!
Goeie keuse. Oppad!
Daai kampwa, dankie.Die Liewe Heer wat die appels dophou is al te oulik!
Ek dink Hy het sy oog ook ernstig op die koekies! Geniet die kampwa!
Ek hou veral van die Mike grappie en koop die pragtige hout skryf kabinet . Jou bril herstel ?
Sug nee die oogman gaan ‘n raam bestel en die aflewering is die groot probleem
ja heel leuke moppen 🙂
verder niets nodig vandaag
Koop mense by julle ook so baie toiletpapier?
in het begin van de crises wel , nu weet ik niet
Ja hier ook!
🤣
Ek hou veral van die Mile grappie en koop die pragtige hout skryfkabinet .
Dis vir my ook mooi maar ek het nie plek nie!