My hart krimp ineen as ek dink in hoeveel weelde ek hier gemaklik in my sitkamer sit en daar mense is wat niks het om te eet nie. Volgens die wette van die Landgoed mag inwoners nie aan die werkers dinge gee nie, maar ek steur my nie daaraan nie. So Emily loop gewoonlik met ‘n pakkie hier uit. Ons gesels ook. Sy het ook drome en vrese. Sy vertel as hulle wil inkopies doen ry hulle met ‘n taxi (waarvoor hulle betaal) die winkels maak eers 9uur oop. Die taxi’s ry net tot 9uur… dan moet hulle tot 5uur wag wanneer die taxi’s weer mag ry. Sy is een van die bevoorregtes wat mag werk. My hart breek vir die wat nie mag werk nie. Kan jy jou voorstel as jy dalk nie ‘n kospakkie kry? Wat as die kos klaar is… waar gaan jy weer kry … wat gaan jy doen … my hart breek…
Dankie vir die inloer. Jy moet veilig bly en pas jouself op.
Jammer as ek die herhaal het… dis net ek…
Ek is mal oor die wolruikers! Wat ‘n slim idee! Ons het self ook ‘n oorvloed. Van alles. Kos, meel, internet, tv’s en rekenaars en ipads, verf en inkleurpotlode, gom en prestik, tissues en toiletpapier. Ek kan dit amper nie indink hoe dit moet wees sonder al hierdie dinge nie? En tog is daar mense, baie mense, wat kyk na daardie laaste sny brood en blikkie tuna en wonder hoe lank hulle sal kan uithou voor hulle dit gebruik.
Die wolruikers is ‘n fantastiese idee! Ja, ons is in ‘n baie moeilike tyd en dit gaan nog vir ‘n hele ruk so aangaan!
Ek is mal oor jou spuitgoed ek het my hande so goed droog gelek dat daar geen kiem kan wees nie
Grappies eenkant ek het die goeters op die winkwlrak een kyk gegee en my eie vervaardig
1 koppie blou spiritus
1 koppie Dettol of Savlon
1 teelepel naskeermidde
Gooi in hervulbare spuit bottel en skud eke keer voor gebruikl
Ja geen mens behoort honger te gaan slaap nie….dis baie hartseer…
Op n ligternoot ek hou van n kaaskoek maar…mmmm…nee dankie vir daai een💟
Frankie
Een goeie ding van die huisarres is my vrrou het haar vrees vir die maak van kaaskoek oorkom
Dalk wil jy self probeer?
KARAMEL KAASKOEK
Bestanddele
Kors
500 gram Marie of tennisbeskuitjies gekrummel
220 gram botter gesmelt
Vulsel
2 houers roomkaas
1 blik kondensmelk & 1 blik karamel kondensmelk
4 eiers
30 ml gerasperde suurlemoenskil (opsioneel)
125 ml suurlemoen of lemmetjiesap
Voorverhit oond tot 200 grade C en smeer ʼn 22 Cm veerklamp se boom en kant
Metode
Kors
Meng koekiekrummels en gesmelte botter deeglik
Druk ʼn derde van die mengsel op die boom van pan en die res teen die kant van die pan vas
Vulsel
Klits roomkaas tot glad. Klits kondensmelk suurlemoen en eiers by en laaste die suurlemoensap en giet die mengsel in kors
Bak ongeveer 20 tot 25 minute.
Laat heeltemal in pan afkoel voordat pan losgemaak word
Vvuureoc baie dankie dit klink maklik genoeg…..
Scary … en dit is maar net die begin. As jy op kroniese medikasie is en hulle maak apteke toe as personeel siek word wat gaan dan gebeur?
Dis n aaklige, swaar tyd en dit gaan vir lank aanhou. Saamstaan en mekaar deur help, dis al wat ons as Suid-Afrikaners aan die ander kant gaan kry. En n paar stukkies van die vlakoek.
Dis waar en word by die dag erger.
Vlakoek oppad!
Daardie baba in ma se maag moet ek kry vir my skoondogter. Elí nou twee kom in die week by my seun en kla dat die baba hom wakker huil. My seun verduidelik dat Alec nog baie gaan huil want dis wat babas doen… waarop Elí sê hy dink die baba moet teruggaan in sy ma se maag.
Vreemde beeld maar eintlik baie mooi!
Mens wil die kindertjies opvreet as hulle so oulik is nie.
Mal oor die idee van die wolruikers – dis nou vir diegene onder ons wat nie vyf duime aan elke hand het nie…
My dogter het hierdie week ‘n Jodetert gebak. Ek het hom maar net so bekyk en verbygesluip. Dit vries nogal lekker, hoor? Die ander kaaskoek wat jy daar wys – ek weet darem nie. Ek sal maar verbyhou. Ons werkers word glad nie toegelaat in die kompleks nie. Ons sit nou maar alle kos wat nie klaar geëet is nie elke Woensdag uit vir die manne wat die vuilgoedsakke kom oplaai.
Hier is mos mense wat niks self kan doen nie en terwyl hulle hier is kan hulle net so wel gewoon aangaan.
Sug… mens eet heeltemal te veel.
Tina, ek stem met jou saam. My hart breek ook as ek sien wat om ons aangaan.
Mens voel so magteloos.
ja het zijn rare nare tijden 😦
ik laat alles staan voor anderen