RSS Feed

Vrydag Byskrifte

Jammer ek is so skaars maar my bril se armpie het afgebreek en hoewel dit nog bruikbaar is, sukkel ek maar. Grinnik… soos vanoggend toe ek moes inkopies gaan doen, was dit net nie moontlik om die bril en ‘n masker te hanteer. Ek het maar die bose kyke geïgnoreer! Een mens het ook net twee ore en neus …sug.

Met die grendeltyd is mense meer tuis en daar is meer van elkeen op sosiale media. My hart wil sommer bars van trots as mens sien waarmee jou oud-leerders besig is. Ons het in die 1990’s ons eie Idols gedoen. Alle kinders moes ‘n oudisie doen, al is dit net vir ‘n Kuns en Kultuur punt. Ek het altyd gesê: Almal gaan een of ander tyd voor mense moet optree…al is dit tydens ‘n vergadering of in die kerk of selfs net op jou troue. So was daar ‘n paneel van 3 onderwysers en 1 kind op die verhoog – angswekkend nê. Tog was daar net twee wat in al die tyd gehuil het, waarvan een tussen die eerste 10 geëindig het. Daarna is so 20+ gekies wat voor die skool moes sing en laastens die finale aand wanneer die finale 10 vir die ouers sing.  (Die gehoor het elke keer gestem) Om ‘n lang storie kort te maak: Die weke het 2 jong mense die vrymoedigheid gehad om hulle sang op FB te sit. Dis hoendervleis mooi en my hart wil bars van trots.

Dankie vir die inloer/deelneem. Hoop jy het ‘n lekker naweek. Onthou om bly glimlag en bly veilig.

1

75640692_2546643245554674_8099595385749635072_n

2

82061956_1956337591178400_376420103576616960_n

3

89267212_2643098529242478_5553008374284550144_n

4

89388785_2936063653098364_576550740458209280_n

5

90788796_2661573964061601_2907016157229744128_n

6

83622431_166166948124546_678791019600281600_n

36 responses

  1. 1. Sosiale media van die jare toet.

  2. ja ik vermaak me thuis wel 🙂

  3. Ik ben een beetje bezorgd om die kinderen op de eerste foto. Hebben zij geen cellphone? Ze zullen toch niet de hele dag blijven lezen? Moet er niet aan denken! 🙂 \sarc.
    .-

    • Hehehehe ondenkbaar nê!

      Is julle gesond?

      • Wij xijn in de “risicogroep”, maar gezond en goed beschermd. En gelukkig ook geen andere ziekten. Iemand vertelde dat in een ziekenhuis – ik weet niet waar – de dokter een kankerpatiënt niet wou behandelen omdat hij voorrang gaf aan coronavirus patiënten!
        Vraag: ga jij nu zorgen voor een reservebril? Dan kun je niet alleen rustig alle prijsetiketten in de supermarket lezen, maar ook: ¡een boek! 🙂

  4. Oulike foto’s Tina! Jammer oor die bril wat nou ‘n probleem het!

  5. Wonderlik dat jy soveel vreugde uit jou oud-leerlinge se sukses put, Tina. Jy het natuurlik ook n groot invloed in hul lewens gehad.

    Jammer om te hoor oor jou bril wat juis nou moes breek, en sterkte!

  6. ja bijna alle bloemen en planten worden vernietigd 😦

  7. ja ik ben gezond , maar krijg nu weinig oefening 😦

  8. Ek lief hierdie fotos ❤
    Dis ‘n nagmerrie om voor mense te praat. Ek het mos een Sondag op die preekstoel beland en moes die diens waarneem… sonder dat ek geweet het ek moes. Jimmel hoe voel ek die benoudheid van daardie dag!!!

    • Ek weet presies waarvan jy praat. Ek wens kinders kon meer opgelei word oor verskillende goed Soos prosedures en hoe om voor te berei. Hoe jonger hoe beter. Die probleem is al die voorbokke kry die kanse en die wat dit regtig nodig het moet altyd toekyk.

  9. Thanks for the smiles, Tina. My social life is also brimming with possibilities. 😅 Stay safe and sane. 😘

  10. 6. Watch my! Ek gaan hom water toe vat en hy SAL drink!

  11. Ben van Bruggen

    Ek is bly ons paaie het gekruis . Skattigste is die doggie wat die donkie trek .

  12. Elke foto hier is spesiaal, Tina, maar nr 5 is opvreetbaar oulik.

  13. 1. toen was geluk nog heel gewoon

    2. kom hier , krijg je een knuffel van me

    3. dag meiske , tot vanavond na het werk

    4. goed bezig die kleine man

    5. jong geleerd oud gedaan

    6. hé kom nou , loop ff wat door

    fijn weekend groet
    en blijf gezond

%d bloggers like this: