Tweede Sondag wat ek niks het om te berig, want dis stil op die Landgoed. ‘n Grappie of twee kan jou dalk opbeur.
Pieter: “Jan, het jy gehoor Koos het geval uit ’n boom wat 30 meter hoog is?”
Jan: “Nee. Hy lê seker nou in die hospitaal?”
Pieter: “Nee. Hy het net ’n meter hoog geklim toe sy voet gly en hy val.”
*****
Die toeris vra: “Do you know psychology, methodology or geology”
Gatiep sê: “Nei my broer! I don’t know any of those big words”
Toeris: “you sure don’t know anything my friend”
Skielik stamp die boot ‘n rots en kry ‘n lekkasie en begin om te sink!
Gatiep vra: “Do you know swimology or escapology away from the crocodology!!!”
Toeris: “What the hell do you mean”
Gatiep: ” Well today you are going to see your poepology just before you versuipology and then vrekology”????
*****
‘n Jong regsstudent druip sy eksamen en besluit om met sy briljante Professor te gaan praat daaroor.
Student: “Prof verstaan u als omtrent hierdie vak?”.
Prof: “Ek sou so dink, anders sou ek sekerlik nie n professor gewees het nie, sou ek?”.
Student:” Aanvaarbaar Prof. aangesien u so baie weet wil ek ‘n ooreenkoms met u aangaan, kan ek u ‘n vraag vra en as u korrek antwoord,
dan sal ek my punte aanvaar nes dit is, maar as u nie korrek kan antwoord nie, dan is dit u plig om my n “A” te gee”.
Prof: “Hmmmmm goed.Wat is die vraag?”.
Student: “Wat is wettig maar nie logies nie, logies maar nie wettig nie en ook nie logies of wettig nie?”.
Die prof dink so al wat hy kan, maar kry nie n antwoord nie.
Hy gee toe maar vir die student n “A” en die student is hoog in sy noppies toe hy daar uitstap. Die professor het die hele dag steeds gedink en gewroeg oor die vraag en besluit toe
om n klompie van sy mees briljante studente bymekaar te kry en vir hulle die vraag te vra. Skaars het hy die vraag gevra of almal steek hul hande in die lug en die prof, met rooi wange van verleentheid, besluit om een van sy gunsteling studente geleentheid te gee om die vraag te beantwoord.
“Dis eintlik maklik Prof. u is 75 jaar oud en getroud met n 30 jarige vrou – Dis wettig maar nie logies nie”.
“U vrou het ‘n skelm affair met n 22 jarige student – Dis logies maar nie wettig nie”.
U vrou se skelmpie het sy eksamen gedruip maar u het hom ‘n “A” gegee daarvoor – Dit is nie logies of wettig nie…”
Definitief die bike!!
Liewer laat as nooit… dis oppad!
Ag lekker lag ek nou. Ek wil daai volksie he…. En die hond en Kat….
Dis joune!
Douane controleur: wat zit er in dit koffertje dat zo zwaar is?
Toeriste: Water, inspecteur.
Inspecteur: Laat ‘s kijken. – Meneer, dit is wijn!
Toerist (verbaasd): Wijn??? Dan is er dus tóch een wonder gebeurd!
Voor rmij graag een fles Water, de vijfde fles van rechts, dank je wel!
Hier zijn wij thuis opgesloten.- ook nog straks nadat de quarantaine wordt opgeheven. Door onze eigen schuld, wij zijn veel te vroeg geboren…
Maar: we zijn gezond en hebben alle mogelijke hulp van (klein)kinderen, dus in goed humeur! Ik hoop hetzelfde ook voor jou, en alle medelezers
Groeten uit Argentinië, nog steeds redelijk warm (20 graden).
.-
Hehehehe tyd van wonderwerke nog nie verby!
Ek is verlief op daardie bankie, die water wat in wyn verander het klink perfek om op die bankie te drink.
Ja dis ‘n slim plan!
Onthou jy nog die pienk toiletpapier?
Jaaaaaa…lekker tyd!
Haha, was n skok vir ons gewone wit papier.
Tina, daardie alleen-hond, dis droommooi gedoen. Kom lewer asb af, dan kuier ons bietjie.
Doen beslis so… dis vir my ook so mooi!
Gatiep se ‘ologies het my laat lag. Stuur maar ‘n paar van daai seksie hoëhakskoene vir my man. Hy kan een van sy girlfriends kry om dit vir hom aan te trek.
Een van daai wat hy by die supermark ontmoet?
Nee wat, hy soek nie plesier op sulke ver plekke nie – sommer net hier rondom die huis.
Ag sjym die arme prof! Kan ek asb die trapboekrak kry?
Oppad… ek los ‘n paar rakker vir jou eie boeke!
Soos die verskil tussen
Druk – As jou vrou swanger is Spanning – As jou 17 jarige dogter ook swanger is Stres – As jou skelmpie terse3lfdertyd swanger is!
On Sun, Apr 5, 2020 at 12:50 PM rondomtaliedraai wrote:
> rondomtaliedraai posted: “Tweede Sondag wat ek niks het om te berig, want > dis stil op die Landgoed. ‘n Grappie of twee kan jou dalk opbeur. Pieter: > “Jan, het jy gehoor Koos het geval uit ’n boom wat 30 meter hoog is?” Jan: > “Nee. Hy lê seker nou in die hospitaal?” Pieter: “Nee. H” >
Ek hoor mense ontmoet hulle skelmpies nou in supermarkte… ek dink daar is baie ongelukkige mense
‘n Bottel of wat van daai vloeistof wat as water adverteer word, baie dankie!
Enige voorkeure?
Ek hou van die grap oor die slim student die meeste . Die blaarslaai hond is vrek snaaks . Dankie ..
Ek stuur vir jou die slaai en glasies om jou op te kikker.
leuke mopjes
ik neem de VW camper 🙂
Dis oppad … hoe lyk die weer by julle Hier is dit al koel.
hier is het eindelijk wat warmer 🙂
ja ik ben gezond hoor , ik hoop jij ook
Hoop dit gaan alles voor die wind daar by julle, Tina
Ja dankie Dis baie stil en ons kom niks kort nie. Hoe gaan dinge by julle Julle mis seker die natuur?
Met ons gaan dit goed, dankie Tina, en ons spandeer meeste van ons tyd in ons tuintjie wanneer die weer dit toelaat, so ons is heel tevrede.
Geniet!