RSS Feed

Sondag Kopies

Hallo al julle tuisblyers! Hoop julle oorleef nog almal en dat jy jou goed besig hou. Selfs ek het ‘n naaldwerkie nader getrek ! Ek praat nie te veel en daarom ‘n grappie of meer.

Regter: “Gatiep sal jy vir die hof se wat het jy gesteel?” Gatiep: “Ek het n wekkertjie gesteel djou honor.” Regter: “Sal jy vir die hof se hoeveel kos die wekkertjie?” Gatiep: “Die wekkertjie kos R16 000 djou honor.” Regter: “Wat se wekkertjie kos R16 000????” Gatiep: ” ‘n Kragopwekkertjie djou honor!!”!

*****

‘n Ou Boesman kry ‘n spieël in die veld.

Hy weet nie wat dit is nie.

Skrik toe hy daarin kyk, want die gesig wat hy sien, lyk nes sy oorlede pa.

Elke keer as hy na sy pa verlang, kyk hy in die spieël en huil verdrietig.

Sy vrou wonder wat aangaan en gryp die spieël.

Sy kyk daarin en sien die lelikste vrou wat sy nog ooit gesien het.

Sy skreeu vir haar man: ‘Jou gemors, is dit oor hierdie lelike vrou wat jy so tjank?’

*****

Laasnag, in die kuierkamer, sit ek en my vrou en praat oor lewe, en oor doodgaan. As ‘n mediese praktisyn, het ek geldige en etiese redes hoekom ek vaste oortuigings het oor seker dinge.

Net om seker te maak dat sy weet hoe ek daaroor voel, neem ek haar hand, kyk haar in die oë en verduidelik ek dit kort en saaklik:

“Skat, moet asseblief nie probeer om my aan die lewe te hou, as ek soos ‘n ‘vegetable’ daar lê, geheel en al afhanklik van masjiene en elektroniese toerusting en vloeistowwe uit bottels nie. Ek vra jou nou, as ek in so ‘n toestand is en nie meer vir myself kan besluite neem nie, dan sal ek eerder wil sterf.”

Toe staan my vrou van die bank af op, met ‘n uitsonderlike uitdrukking van bewondering op haar gesig… en diskonnekteer die TV, die DSTV, die Dish, die DVD, die PC, sy vat my selfoon, die iPod, en die Xbox, en toe gaan sy yskas toe en gooi die brandewyn en die whiskey en al my bier in die wasbak se drein af!

EK WAS AMPER DOOD…

Dankie vir die inloer. Hoop jy kry ietsie vir jou wenslysie. Onthou om te glimlag. Veilig bly.

91262173_883733678735409_6191823775323914240_n

Custom-Classic-Fifth-Wheel-RV-2-768x462

87542020_203997804341460_2104786003720929280_n

90605845_2951556604882402_7108106269981933568_n

89773478_2951442961544091_9011286586138034176_n

83913580_3377953232215829_1685915753355673600_n

80500978_3298445100166643_8405109023833063424_n

81351947_1049089972100258_9151785763937976320_n

 

 

 

 

 

 

 

59 responses

  1. Great jokes! Especially he wife who takes her husband off “Life Support”!
    Please send me one of those sexy bikini shirts – I’d love to see people’s response when I go for a walk!

  2. Waars Vrydag byskrifte?

  3. Hi Rondo, I’ve been away from blogging for a couple months and realize that I really miss your blog the most – with all your fun, crazy photos!

  4. mooie naam voor een dorp , Pietersberg

  5. ja een mooi plekje daar hé
    je mag er nu niet naar toe 😦

  6. Eetgoed, eetgoed eetgoed en nog eetgoed. My yskas het vanoggend vroeg al gevra: “Ag nee, wat soek jy nou weer”

  7. Daardie viool is pragtig! En in hierdie tyd van inperking dink ek daardie t-hemp sal die ding doen. As jy meer as een weergawe daarvan het kan jy maar nóg stuur asb, een vir elke dag van die week. Dalk kan jy maar Sondag s’n los.

  8. Ek hou baie van die teepotjie met die aarbeiplantjie in. Jou grappies het my lekker laat lag, dankie liewe Tina.

  9. Jou grappies, dankie, ek het lekker geglimlag. Een so ń karavaan-affêre asb, Tina. En dan natuurlik al die soetigheid ook.

  10. Stuur daai heerlike rooi aarbeie aan asb.

  11. Ek dink die SKoen-Scooter is myne~!

  12. Ek soek daai Tannie met die T-shirt se selfversekerdheid, asseblief!

  13. Dankie vir die lekker lag Tina! Daai biltong lyk baie aanloklik. Sterkte met die tuis bly. Ek het ook ‘n naaldwerkie nader gesleep 😀

  14. Ek wens ek kon daai biltong kou, maar ek sal maar die visskoene neem – ek het die regte beenhare daarvoor.

  15. prachtige mopjes
    ik ga voor die oude truck en camper
    blijf gezond groet

  16. Jy kan maar al die eetgoed dié kant toe skuif…. dankie 😊

  17. Ben van Bruggen

    Dankie vir die opkikker . Jy is n geliefde mens dus sal niemand met jou skoor oor ‘Boesman’ nie . Ek het die spiee”lkykers geniet , wat soos ons almal skeef kyk . Jy moet aanhou jy wees , asb.

  18. Daai biltong en wyn sal gaaf wees, dankie! Die tuisblyery is erg. Die weer roep mens see toe, maar hier sit ons soos twee uile op ‘n kluit.

%d bloggers like this: