RSS Feed

Vrydag Byskrifte

Sjoe, ek was lanklaas hier. Die Fase 4 beurtkrag was net te veel hierdie kant – ja, ja ek weet dis geen verskoning nie.

Hierdie virus wat die hele wêreld betrek is baie hartseer, maar daar het darem ‘n paar goeie dinge gebring. Mense maak bietjie ‘n eerlike opname van hulle lewens en besef hoe die gejaag na wind hulle lewens oorheers. Ek het nog nooit soveel grappies oor toiletpapier gesien of gelees nie. My predikant stuur elke oggend ‘n spesiale gedagte en dit beteken baie. Grinnik… tot ek en my sus in NZ ruil soggens getalle uit. Ek gee nie om om alleen te wees nie, so dit maak van my ‘n tevrede mens. Mense kry weer empatie met ander. Dalk is dit net wat die mense nodig het om terug te keer na hulle wortels en ‘n eenvoudiger lewe.

Dankie vir jou inloer/deelneem… ek sal nou weer begin om by jou ook in te loer. Hoop jy het ‘n heerlike naweek en dat jy sal glimlag.

1

70790196_2501268419938642_7693568736866861056_n

2

86191021_638508640026683_8646582208452100096_n

3

82015212_1037272026652568_1222625216048398336_o

4

12301461_204489993217952_2506671848838241959_n

5

81605074_836788170101943_6886840262245482496_n

6

72468022_2536632356402248_2354737492436975616_n

 

 

 

22 responses

  1. Daai sinkbad… kry ek die inhoud saam as ek die bad aanskaf? 😂😂😂

  2. zit ik in de spam ???

    ja hier zijn zware maatregelen tegen de corona virus 😦

  3. Hoe op aarde sit jy bo-op ‘n tou doer bo in die lug?
    Daardie uil prentjie is net te oulik.

  4. Nogals n paar nice pics hoor! Jy is 100% reg oor die “eerlike evaluering” van lewens 👌

    • Ek het vanmiddag my poppe uit die kot gegooi en later skaam gewonder of die bedorwe brokkie houding my nou so goed pa. Eerlkheid met jouself is nie altyd vir my maklik nie.

  5. Vandag is elkeen van jou prentjies op sy eie manier uitstekend, Tina! Ek dink nr 5 is vir my die beste een. Laat my aan myself dink as iemand vinger wys…met die gedagte ‘ja joune ook man!’

  6. Kom ons maak die byskrifte almal virus-related
    1. Bad en sonlig
    2. Vryetyd besteding
    3. Nies met jou neus (bolyf) gecover
    4. Self isolasie
    5. Luister wat ek sê
    6. Hy: “Ek wil jou soen, maar ek mag nie”. Sy: “Jy staan in elk geval te naby aan my”

  7. 1 . ik wil samen in bad

    2. de 1ste openbare bibliotheek

    3. ik ben dol op de VW

    4. ff uitrusten hoor

    5. nu moet jij ff goed luistern

    6. die gaat klappen krijgen

    fijn weekend groet

  8. Elke foto vertel ‘n storie, byskrifte te kort. Ek is heeltemal van die blog wêreld af, het alles probeer maar kan nie aanteken nie. Geniet die naweek en wees versigtig.

    • Dis soos my Litnet blog. Soms as ek iets soek pop dit op maar daar is nie ‘n manier dat ek dit kan gebruik nie. Dis lekker om die kommentaar van bekendes daar te lees. Maak mens so half nostalgies

%d bloggers like this: