RSS Feed

Sondag Kopies

Die ouderdom is beslis nie vir sissies nie. Behalwe dat mens se lyf nie meer wil doen wat jou kop wil nie, word jou wêreld al hoe kleiner.  Die gesellige klompie op die stoep se lag het opgedroog. Die gesellige gesprekke met middag oor ‘n koppie tee is vervang met uurtjie se saam tv kyk. Etes word ‘n stille tevrede saamwees. Ouma A se woorde is min, haar onthou weg en onsekerheid groot. Eish… niemand het gesê die lewe is regverdig nie.

Dankie vir jou inloer. Ek hoop daar is ietsie vir jou die week. Onthou alles is gratis en verniet.

milione-euro-696x431

89023255_2642299552655709_2868201653012529152_n87985151_2657871897779405_2144852589689176064_n

86842019_2635423523343312_9150916028765569024_n

86186281_182543839820190_1408120227882860544_o

82146976_1564064700417589_6201860057332711424_n

82988766_10213195499080390_601105549525778432_n

85016702_196985475039632_1047444967607238656_n

 

 

 

22 responses

  1. Altyd lekker om hier ‘n draai te gooi!! Dankie vir die lag!!😁😁😁

  2. Draaischijf uit 1920 op mobiele telefoon van 2020, een leuke anachronische combinatie. Maar morgen, met vakantie in dat boshuisje, wil ik geen ringtoon horen!
    .-

  3. Die koolrok laat my aan lady Gaga dink, die ysblokkie plakkies kan werk, maar net as die ys gevries kan bly? En daai huisie – ek hoop daar is trappe erens want om elke keer met die klouter-muur op te klim, sjoe?

  4. Ek verkies mos maar altyd die boshuisies. Die Euro’s is nie te versmaai nie en daardie selfoon met die regte outydse nommertjies is tog te pragtig, ek dink net hy gaan my dalk frusteer want ek tik vinnig.

  5. Die donkersjokolade en lemoenskywe vir my, asseblief Tina!

  6. Menz soek asb so ‘n huisie in die berge… vêr van alles en almal af…

  7. Watter wonderlike keuses het jy alweer vir ons gekry! Die ronde boekrakke, asseblief – o, en die teekoppie en die Art Nouveau-spieël, maar nie daai koue plakkies nie!

  8. Dankie Tina, die Samsung asseblief.

  9. Daai selfoon vir my man asseblief. Hy verlang nog na sy heel eerste Nokia en kom nie oor die weg met die “swipe screens” nie.

  10. Eish, niks vir my vandag nie…. Jammer! Die hond is oulik!

  11. Daardie teekoppie en piering is net te pragtig… maar dit sal nie by my lewensstyl pas nie. 🤔
    Daardie rok gee ‘n nuwe betekenis aan warm koolblare op borste sit sodat melk kan vloei. Sal vir my dogter sê volgende keer maak ek vir haar ‘n hele koolblaar rokkie 😊
    Lyk my ek sal maar die geld moet vat.

  12. stapeltje van die euro’s graag 🙂

  13. Die plakkies asb My voete sing baie keer: “Dink jy darem nog aan my”
    Veral na n 12 uur skof😎

%d bloggers like this: