RSS Feed

Sondag Kopies

Alles  (wel amper alles) visueel vind ek gewoonlik baie interessant, maar sommige advertensies irriteer nou al die wit waks uit my uit. Op FB kan mens dit darem blok, maar op die televisie is dit nou nie moontlik nie. As ek nog een keer die Outsurance , Trovago, Dotsure, of  ClearScore sien gaan ek iets na die TV gooi!  Die DSTV advertensies wat dink mense is geïnteresseerd is allerhande foefies moet weer dink.  Ooooo, maar dan kan die advertensie van die aanbieding Rooted oor die 4 bome en die Alan Gray advertensie van die pa wat elke sent vir sy kind bêre, elke dag wys.  Wat is jou grootste irritasie?  Gunsteling?

Dankie vir die inloer. Hoop daar is ietsie vandag vir jou en dat sommige goed jou sal laat glimlag. Hoop jy het ‘n lekker week.

87387456_3190573364305828_7829518178500739072_o

86190427_10218672800626010_2289113420106039296_n

 

87054103_6185342659041_2767611221132705792_n.png

86864374_2472134853051806_2402644816081977344_o

82539788_2736994409670316_7029294500568629248_n

02fa305b-b198-48ba-8511-f5805b9f77c5

82075103_3032678300104809_1088211616064864256_n

81955207_843366159444144_7918391084898582528_n

82913245_2745131905556412_6993240315997978624_n

 

43 responses

  1. Ek kyk glad nie TV nie, so ek weet nie eens van die advertensies nie. Sommiges op Youtube is wel effe irrirterend. Maar nietemin, dit het niererig ‘n impak op my lewe nie. Nou dat ek daaraan dink, min of geen “”entertainment” related dinge het!

  2. Hmm, daai plakkies is dalk die oplossing vir my krom tone…

  3. ja vreemd beestje hé

  4. Cactus pears!!! Nou kan ek in vrede doodgaan!

    Maar erger nog ek kom agter dat daar geen AFRIKAANSE alternatief vir “amazing” is nie!!

  5. Jy weet sommer al klaar watter een ek hierdie week wil he, Tina. Jy kon dit eintlik sommer al klaar laat aflewer het.

  6. Ek kyk deesdae te min tv om regtig jou vraag oor advertensies te antwoord.
    Nee vir al die grillerge skoene wat jy het.
    Dankie vir die Bantingbord. Hul kon die kossies mooier gepak het, as jy my vra.
    Daai bed in die natuur asb.
    En ek hou van die blou stel borde. Dit laat my aan my ma dink.

  7. Die kamer iewers in ń bos, stuur adres aan, asb Tina. Julle sal my daar vind.😉

  8. Ons kyk deesdae net Netflix en Showmax, maar omdat ons by die kus bly, mag ons nie die tv afskakel nie. Roes en ander plae sal ons tref. Dus sien ek Clientele en begrafnis advertensies elke keer as ek by die tv verbyloop 🙄

  9. Ben van Bruggen

    Die reuse mobiele huis alledaags in Amerika . Ja , vir die vleis platter . Gawe week vir jou.

  10. Vandat swak TV programme die advertensies onderbreek, kyk ons ook nie meer TV by Chez Vuurklip nie.

  11. Ek sal op enige manier in die bos wil bly maar dié keer steel die worshonde my aandag…te pragtig😍

  12. ik ga voor de 2de van boven mmmmmmmm

  13. Die uilbank is lekker interresant. Ek love n goeie advertensie. En loaf n swak een.

  14. Ek sal in my noppies wees met die kamer in die bos.Daai skoene skrik my af! Dis nou seker al ‘n jaar of meer wat ons beswaarlik TV kyk, dus kanek nie saampraat oor die advertensies wat tans op is nie. Die Vir Seker advertensies van die verlede was vir die droesem van ‘n beker heksebrousel. Mag die nuwe week net plesierig wees!

%d bloggers like this: