So van kopies gepraat … my bed is seker meer as 25 jaar oud en dit begin tyd raak dat ek dink aan ‘n nuwe. Eish, en is die keuse groot. Met die idee dat dit seker my sterfplek kan wees, wil ek darem dit dit gemaklik moontlik maak. (Giggel senuweeagtig… ) In die sorgsentrum is daar hospitaalbeddens, maar my behoefte is groter. Nou kyk ek na die elektroniese beddens. Daar is baie om van te kies, maar kos natuurlik baie. Hulle kom met of sonder matrasse wat die natuurlik nog duurder maak. Omdat ek betower word deur alle elektroniese goed, is die soek ‘n heerlike plesier. Die een wat ek in die oog het, het tot ‘n vibreer funksie en 5 verskillende verstellings. Ek sal maar eers kyk hoe lyk die effense verhoging en die belasting, maar ek brand van begeerte. Hoe lyk dit met jou bed? Nog tevrede? Wat sou jy oorweeg as jy ‘n nuwe koop?
Dankie vir die inloer. Hoop daar is ietsie vir jou wenslysie die week. Dalk moet ek beddens by volgende week se kopies voeg. Onthou om te glimlag.
Vir die virus wat op pad is.
Cc.
I think the chair and footstool would make an ideal reading place. 😃
Jaaaaa lekker op ‘n stoep!
Vir seker, Tina.
Daai oulikste oulike houthuisie, so uit sprokiesland.
Ek het ook so gedink!
Alleen een ‘bed-weter’ zoals Tina kan zo’n opstel schrijven over de bijzonder moeilijke aankoop van een bed!
Waarom al die twijfels? Mijn directe keuze zou zijn die slaapplaats met
…’n vibreer funksie en 5 verskillende verstellings..,
Stel je voor, dinsdagnacht droom je in een verstelling, vrijdag in een andere, en je geniet van vibratie gedurende de hele week, jarenlang!
.-
Hehehehe… ja maar daar is met ‘n voetstuk en kopstuk EEEEENNNNN geld is eintlik die faktor.
ben blij dat je het interessant vind
fijne week gewenst
❤
Ek wil ook voel hoe voel n bed wat vibreer…..
Ek stuur vir jou ‘n Whatsapp
Ek het nog nooit ‘n elektoniese bed oorweeg nie. Wat doen so ʼn ding, skop hy jou uit die net uit?
Mens kry die wonderlikste goed … hier is ‘n dame wat al 4 jaar in ‘n koma is en die matrad beweeg lettelik. Die beurtkrag is net ‘n probleem.
Met die toilet gevul met sy versierings gaan jy vir ‘n laaaang tyd nie toiletpapier hoef te koop nie. Maar as dit eers op is gaan dit jou ʼn kleinhuisie vol geld kos
Hehehehe beslis… sug …en hoe mens bo gaan bykom is nogal ‘n probleem.
Ek soek die motorfiets. Dan kan ek so al singend ry.
Jy gaan baie pret hê!
Wonderlik Tina!!!!!
Grinnik… dis die regte tyd!
Die laaste stoel, net die regte plek om te lê en lees.
Lekker op jou mooi stoep! ❤
Wat is daii tjorrie Lyk soos ‘n Heinkel maar kan Messerschmitt ook wees? Daai kamer verlaat is seker in die parlement al manier om sy baie papierwerk te verklaar
Hehehehehe … dis al my belastinggeld!
Dis ‘n Messerschmitt. Ek het toevallig ‘n 1/18 heinkel.
Jy sal moet wys hoe dit lyk?
Hi, kyk na die link wat ek geplaas het. Dis 1/18 skaal
Nie geweet van die agtermekaar sitplek een nie
Ek het ;n gagte plekke vir die Duitse mikro karre.
My pa het die DKW (dans, kerk,werk:) junior gery toe ek my verstand kry.
Daardie 750cc tweeslagmotortjie kon jy nie opky nie alhoewel jy destys se paaie sommige hoogtes moes stormloo tee topspoed om teen 10mph bo te kom!!
Jy kom ook by die motorhawe stop en vir dier joggie vra “maak vol die olie en gaan dier petrol na!
DKW – Duitse Kinder Wagen
Darem nie so erg soos
FORD
Found On Rubbish Dump
Ek spot sommer … as kind onthou ek ons het krieket gespeel (klein skooltjie) en dit was die Fords teen die Chefs … grinnik… die Ford het gewoonlik gewen. Ek ry maar Japanees en goedkoop
❤
https://drive.google.com/open?id=1WpeRcCXzJufV0bAKPmIF5xybatFFZRz5
Ons soek ook ‘n nuwe bed, dis omtrent ‘n storie om die regte een te vind
As mens ‘n geldjie het, moet mens goed rondkyk.
Dis verseker
🙂
nee zit niks voor me bij 🙂
Jammer… en jou bed is nog goed?
ja hoor , slaapt prima 🙂
🙂
🙂
Daai tjorretjie steel my hart. (Messerschmidt?)
Lekker … hoop daar is genoeg plek vir jou en vroutjie
Dit is! Ek kort nog een in 1/18. Ek het al ‘n Heinkel.
https://drive.google.com/open?id=1WpeRcCXzJufV0bAKPmIF5xybatFFZRz5
Mmmm nou leer ek ook iets!
Cool 🙂