So tussen die beurtkrag en die donderweer buite het ek min te sê. Lekker reëntjie gehad en verwag nog. Daarom moet ons maar eerder stilbly en net ‘n grappie of twee deel:
Pieter: “Jan, het jy gehoor Koos het geval uit ’n boom wat 30 meter hoog is?”
Jan: “Nee. Hy lê seker nou in die hospitaal?”
Pieter: “Nee. Hy het net ’n meter hoog geklim toe sy voet gly en hy val.”
*****
Twee ouens praat oor hulle vrouens se eienaardighede. Die een ou sê: “Ek kan net nie my vrou laat afsien van die gewoonte om tot vyfuur soggens wakker te bly nie.”
Die ander ou vra: “Nou wat doen sy die hele nag?”
Nommer een sê: “Sy wag vir my om huis toe te kom.”
*****
Twee tantes sit en gesels buite die stadsaal waar ’n blommeskou aan die gang is.
“Die lewe is so vervelig”, sê Miemie. “As jy my R50 gee, sal ek my klere uittrek en kaal deur die blommeskou nael.”
:Ek dare jou”, hits Sannie haar aan en haal die R50-noot uit haar sak. Miemie voeg die daad by die woord en nael poedelnakend deur die saal. Buite hoor Sannie ’n groot lawaai, gevolg deur luide applous. Eindelik kom Miemie weer te voorskyn en glimlag van oor tot oor.
“Wat het gebeur?” vra Sannie.
“Ek het R2000 gewen vir die beste droë rangskikking.”
*****
Hehe vir die droë rangskikking! Ek het die een gehoor van die ou tante wat ook gekaalnael het. Toe sê iemand sy moet haar rok stryk.
Grinnik… ek sal dit nie waag nie
1 TWEE maal twee !! *BOERPOT!!* 2 Nou waar bly die son vanmore? 3 Brood en jam .. wonder wie het die kaas gesteel 4 Laat ek dit opêet voor die smous sien 5 STADIG ooievaar jy is nou baie hoog! 6 Laat die hoenders maar eet boetie … volgende Sondag eet on waatlemoen gegeurde hoender
On Fri, Feb 21, 2020 at 2:52 PM rondomtaliedraai wrote:
> rondomtaliedraai posted: “So tussen die beurtkrag en die donderweer buite > het ek min te sê. Lekker reëntjie gehad en verwag nog. Daarom moet ons maar > eerder stilbly en net ‘n grappie of twee deel: Pieter: “Jan, het jy gehoor > Koos het geval uit ’n boom wat 30 meter hoog is?” Jan: ” >
Welgedaan en baie oulik!
1. lekker vers en warm
2. eindelijk rust
3. lekker
4. ?
5. ja zo gaat het sprookje
6. genoeg voor allen
fijn weekend groet
Grinnik … dis die eerste keer dat jy op een nie ‘n antwoord het nie. Die ander uitstekend soos gewoonlik.
Dis nou te oulik die baba in die sak 😂😂😂
Mooi naweek vir jou!!!
Daai outjie lyk darem baie swaar!
#1: Dis seker ‘n foto van tant Miemie en haar kleinseun?
Fluister…tant Mienie wie?
Die antie wat mos kaal by die blommeskou ‘n prys gewen het.
😀 Bloos… ek kan darem ‘n vaak vis wees!
“Vaak vis” hiehiehie …
🙂
Wishing you a happy weekend, Tina. 😃
Baie dankie vir jou ook! ❤