Gisteraand se beurtkrag het my blogs lees en kommentaar in die wiele gery. Eish, mens kan nie wen nie, maar die luister na U eie keuse was baie lekker. Die Sondag verdien ‘n grappie?
Ampie is ‘n beesboer. Goeie mens, uit een stuk gesny. Hy het ‘n seuntjie, wat ten tye van die episode sowat drie jaar oud was. ‘n Regte klein bulletjie. Volg sy pa soos ‘n skaduwee oral op die plaas rond.
Sondag gaan hulle kerk toe. Eers vertrek Ma en Ouma met die motor. Pa en seun is nog by die beeste besig, en hulle volg later met die bakkie.
Na die diens, by die tee drinkery, vertel Ma dat sy die Mercedes se uitlaat gehaak het, en dit klink nie te goed nie. Ampie moet asb kyk of sy so kan huistoe ry.
Daar langs die kerksaal, trek hy sy swart baadjie uit, en seil onder die kar in. Seuntjie agterna. Nuuskierige omstanders rondom.
Dominee: “Hoe lyk dit broer Ampie?”
Seuntjie loer onder uit: ” Die fotten ding is fattap!”
Geskokte stilte.
Dominee: “Broer Ampie?”
Ampie (loer nie onder die kar uit nie): “Dominee, ek vrees die kind is reg!”
Dankie vir die inloer. Hoop jy kry iets vir jou wenslysie en dat jy darem sal glimlag.
Selfs die “Tree of life” is goed gedoen!
Ek sou nie omgee om een te hê nie!
Die grappie is oulik! Ek hou van die hek met die boom in!
Ek stem!
The camper van looks very well equipped, Tina. Love the joke too. 🙂 xx
❤
Almal kan maar baklei oor die kampwa, terwyl ek rustig in daai snoesige hangmat lê asseblief
You go girl!
Jy is regtig n goeie smous, Tina – jy’t omtrent elke keer vir my n ou kampdingetjie of twee in jou winkel!
Ek ken my klante
ik ga voor de VW camper
Jy kry een vir jou verjaarsdag!
dankie 🙂
ja een vrolijke tekst hé op m’n blog
🙂
🤣 Fattap, ja.
❤
Uit die mond van die suigeling. 😁
Soos Lewies tereg sê, Ampie is eerlik.
Oeee daai viole is uit ‘n ander wêreld.
Nou nie eintlik ‘n Sondaggrappie nie
vw!!
Kamp jy?
As ek so VW het sal ek dalk meer wil kampeer!
Die camper kombi dankie.
Ten minste is Klein Ampie eerlik. As hy fattap is, dan is hy fattap!
Hierdie kombi is ook die beste wat ek nog gesien het. Kompak maar alles wat mens nodig het.