RSS Feed

Sondag Byskrifte

Eish, skielik word ons sportspanne treuriger as treurig. Oor die krieket kan jy net droewig huil en toe val die Blizbokke tot amper in die laaste plek. Waar het jy gesien dat selfs Kenia hulle wen? Om alles te kroon het ek besluit om weer ‘n slag ‘n Dream Team vir die Super Rugby in te skryf … ons het nog nie begin nie en ek het al amper klaar heel laaste klaargemaak.

Sug… dankie egter vir die inloer/deelneem. Ek hoop jy het ‘n heerlike week en dat jy sal onthou om te glimlag.

1

41814295_10214274345146543_8715172827579285504_n

2

71207699_1149831281882929_2246374307917725696_n

3

82938960_170602767680964_4520280352635224064_n

4

83401575_616621685833561_6790816535947509760_n

5

83916695_2613000625585602_4249165859244736512_n

6

file-20181119-76137-1c4570v

23 responses

  1. Soms dink ek die feit dat sport my verveel is vir my ‘n bedekte “blessing!” Ek geniet die rugby world cup “vibe” maar dis omtrent dit. EK hou van jou “Big Apes!”

  2. … Ek hoop… _jy sal onthou om te glimlag_
    Tina, wie kan met deze plaatjes iets anders doen dan glimlachen? Bij alle 6 !
    .-

  3. Tina, hierdie is net die allermooiste klompie fotos van hulle bymekaar! Ek kyk weer en weer.

  4. 1 Spesiale boodskap vir die ontvanger
    2 Regtig pa dit was nie ek nie
    3 Sien enige aap kan dit doen
    4 Soet wees vandag boetie
    5 Vergeet Rodin se denker my gedagtes is dieper
    6 Wag ouboet ek sal homself regsien

    Ek het ‘n idee dat ons sal bly veloor solank as ons sport soos die nasionale godsdiens behandel

  5. Stomstreke vandag🤣🤣

  6. Dis waar Tina, dis asof hulle nie eens wil probeer nie! Mooi week vir jou!

  7. Oor die sport krap ek ook net my kop soos hierdie gorilla #5…

  8. Lovely! Thank you for sharing. 🙂

  9. alle antwoorden vind je hier
    https://fietszwerver.wordpress.com/
    ik trof deze mooie dieren gister

  10. Hier wys jy nou ‘n ware Dream Team! Dink hoe sal hulle boul mat daai láááng sterk arms!

%d bloggers like this: