RSS-toevoer

Vrydag Kopies

Toe ek dit klaar getik het besluit ek nou waarom nie. Drome van ‘n Sondag of Vrydag verskil seker nie baie nie. Eers kan ons die naweek in gaan met ‘n grappie:

Gatiep en Meraai breek op, maar Gatiep het darem vir Meraai ‘n gift gekoop. Meraai skeur die lint af en maak die boks oop. “Wat moet ek maak met ‘n rocket?” vra sy. Gatiep kyk vir haar en smile: “Jy soek mos space….nou gaan!”

****

Twee mans kom uitgestap by die drankwinkel. Gert sê vir sy vriend: “Koos, jy moet die karwag ‘n ‘tip’ gee!” Koos: “O ja, amper vergeet ek.” Koos draai sy venster af en sê vir die karwag: “Moenie direk in die son kyk nie, dis sleg vir jou oë.”

****

Hoe weet jy ‘n vrou gaan iets intillegent sê? As sy begin met die woorde “MY MAN HET GESê….”

Geniet jou naweek. Ek hoop jy sal darem glimlag en dat daar darem ‘n kopie vir jou ook by is.

82901504_117894936400616_6768283483950284800_n

75610701_10217302063197602_8216106703049981952_n

82344895_172902320783469_5637634863696707584_o

79327648_10217484772005208_7089701828312432640_n

81434941_603820750446988_3404655089896390656_n

70688904_1612791672184780_1512567218271944704_n

43467060_10155607930246034_6485638205960880128_o

52b8706e91208

 

44 responses

  1. ja maar niet ieder een doet het , samenwerken voor natuur behoud

  2. Daardie onderklere was genoeg om my dag te spoil. 😝

  3. Die ou wat daardie som gemaak het se voet in ‘n visblik! Die derde spieel is vir my pragtig.

  4. Wow! A great collection. Not sure if my wife wants to see me in the Men’s Panties!! I love the VolksWagon photos and Guitar Motorcycle!

  5. Die fiets-stootwaentjie kontrepsie is n blink idee! Ek kan voorrin ry en die lekker tert eet, terwyl Marilize trap!

  6. geen tijd voor iets 🙂

  7. Sjoe man, jy moet waarsku as daar goed is wat nie vir sensitiewe oe bedoel is nie. Het jy die male underwear opgesit of is dit n advertensie wat tussenin verskyn het?

  8. Die tongmussie is vir Christa daar in die koue. 😁

  9. So ‘n bakfiets sal nogal lekker wees, maar sal ek die krag hê om hom te trap?

  10. Ek bestel daai meisie met die tongkous se tande!

    Jou grappies laat my lekker smaail, veral die tip aan die karwag!

  11. Die driewiel trapfiets is presies wat ek hierdie naweek nodig het, Tina! Om klein lyfies mee besig te hou.xxx

  12. Daai houtbeelldjies is oulik, maar ek dink ek moet die tongsokkie neem. Ek wil dit vir die kind hier onder in die straat gee. Hy loop en praat / gil / lag die hele dag dat hoor en sien vergaan. My man sê: “As daai outjie op die strand lê, dan tan net sy tong.”

%d bloggers like this: