RSS Feed

Vrydag Byskrifte

Ek het baie respek vir karwagte. Hulle wil werk en moet in enige weer hulle werk doen. By elke winkel wat ek gereeld besoek het ek ‘n gunsteling karwag wat uit hulle pad gaan om my ‘n gerieflike parkeerplekkie te gee.  Goed die R5 is ‘n gegewe, maar soms stap hulle die ekstra myl. Vanoggend kry hy my nie in die een waarin ek gewoonlik parkeer, maar klop aan my passasiervenster en wys my ‘n beter een. Tinatjie Klipkop vergeet sowaar om die venster toe te maak. Ek is al diep in my inkopies toe hy kom sê my venster is oop… ek gee my sleutels (ja,ja ek weet dis nie wat ek moes doen nie) Ek hou hom angstig dop en hy bring my sleutel veilig terug. Met al die skelms en negatiewe goed waarmee ons elke dag te doen het, is daar nog baie dinge wat positief is. Ons moet dit net raaksien.

Dankie vir die inloer/deelneem. Hoop jy het ‘n heerlike naweek (met baie reën)

1

74472929_2118971951743805_6283479519881854976_n

2

57154506_2326662700942082_6018817441759494144_o

3

81887186_163107508430490_9036129338403061760_n

4

81772606_2594916494060682_6063807421753589760_n

5

80969678_153550146052893_4996456556334678016_n

6

82056747_164464851628089_2367019733103935488_n

29 responses

  1. Ek hou baie van die foto met die Buddha beeld!

  2. Dis nou n fantastiese idee om n “six pack” vir my magie ook te kry! 😉

  3. Om erkenning te gee aan die karwag maak sy/haar dag. Hul is ook mense en mens mag maar vriendelik wees met hulle. Bly om te weet jou spesiale wag is betroubaar.

  4. Jy leef en laat leef….net soos dit hoort

  5. Daai non wat surf het darem gespierde bene! Ja wat, erken die karwagte se menswaardigheid en ondersteun hulle met ‘n paar rand.

  6. Dis nou ń positiewe storie, Tina! Die koei as leesgenoot, daarvan hou ek.

  7. No 2 is net te dierbaar ❤ Volpunte vir die non 😂😂😂😂

  8. 1. wie leest wie nu voor

    2. kusje

    3. kijk een non naar mijn hart

    4. ik ga wel lopen

    5. volgens mij hebben die 2 ruzie

    6. 2 x 6pack

    fijn weekend groet

  9. Ek het ook my gunsteling karwagte en maak ‘n punt daarvan om hul name te ken. Mens bou naderhand ‘n verhouding met hulle op en dit sorg vir goeie behandeling.
    Ek hou van die non en die manne met die sixpacks!

%d bloggers like this: