RSS-toevoer

Vrydag Byskrifte

Eish, hierdie beurtkrag is nie vir sissies nie. Ons dorp is in 16 dele verdeel in in ‘n siklus 4 dae het ons 3Β  2uur sessies van beurtkrag. Die in die dag is ok, want jy kan jouself besig hou, maar die dekselse 19:00 – 21:00 maak my wiele pap. Ek het gelukkig ‘n battery radio maar dit bly die langste 2ure ooit. Ek moet egter dalk ophou kla, want daar is gebiede/dorpe wat 4uur sessies het, of twee en ‘n half uur sessies het. Aan die ander kant het ‘n vriendin wie huis deur die munisipaliteit gemis word… sug…SUG…sug.

Dankie vir die inloer/deelneem. Hoop jy het ‘n heerlike nat naweek. Onthou om te glimlag.

1

70352533_10219886988428970_1058067362328084480_n

2

70074974_763563330763958_767852685515816960_n

3

79959660_2575850069300658_3622166772230127616_n

4

78399103_2550688355150163_4054671280312418304_n

5

70609612_952814308389619_778609667331850240_n

6

60092703_682212562232369_6539980880968941568_n

39 responses

  1. Partykeer wil ek ook so tussen die komberse wegkruip vir werk en verantwoordelikhede!

  2. Nou weet ek van voor af dat ek Ε„ katmens is!

  3. Dankie… ja, hier het ons ‘n baie goeie kaans om ‘n nat naweek te hΓͺ… net so vir die wis of die onwis… Maar, dan het ons ook omtrent ‘n 90% kaans om krag te hΓͺ. Sterkte… 🀣🀣🀣
    So in die TV af tyd, skryf vir ons ‘n storie of drie… vir ons nuwe Suid Afrikaanse platform… alle bydraes word waardeer! Tammie se lekker grappigheid sal goed pas by ons missie! Stuur vir my ‘n e-possie by safferww@gmail.com as tannie belangstel! DANKIE!!! πŸ‘πŸ‘πŸ‘

  4. Wat maak die enigste hondjie tussen al die katte? Geen wonder die outjie wil wegkruip nie.

  5. Hou vandag van al jou foto’s. Geniet jou naweek Kry vir jou n geselskappie om jou besig te hou as die krag af is😊

  6. Ek hou ook niks van die beurtkrag saans nie! Die katte is te kostelik!

  7. Ai tog, jy laat my nou verlang na Charly Wharly. Ons bure se kat. Hulle het getrek, JHB toe. Ek mis hom met ‘n seer hart.

  8. Ek en Vroukie is saans al uitgesels, niks meer om te se nie.Nou begin ons maar weer van vooraf.

  9. O liewe, iemand gaan hulle worsies soek!!!
    Ons is vanaand sonder krag… sal maar vroeg gaan slaap 😊 Mooi naweek vir jou.

  10. 1. melk goed voor elk

    2. stoorzender

    3. andere melk

    4. gekregen of gejat

    5. kiekeboe

    6 . truien genoeg

    fijn weekend groet

%d bloggers like this: