RSS Feed

Sondag Kopies

Televisiereeksvervaardigers (Eish…lang woord) laat my baie keer glimlag, wanneer hulle die gehoor onderskat. Goed, ek word ook soms geflous, maar regtig? So verskyn ‘n oënskynlik poedelkaal poppie in Trackers Sy staan doodluiters in die kombuis in die middel van die dag en is besig met ‘n ernstige gesprek! Draai sy na ‘n reg van voor aansig, en sien mens daar is ‘n driehoek op die strategiese plek. REGTIG!? Eish, dit verander geen feit van die storie nie. Nee, wat ek het geen probleem met met naaktheid as dit bydra tot die storie nie, maar die was sommer sinneloos. Ook maar goed dat die reeks klaar is, want elke week skiet hulle ‘n klomp van die karakters dood dat daar later nie meer ‘n storie oor is nie.

Dankie vir die inloer en ek hoop jy kry iets vir jou wenslysie. Hoop jy het ‘n wonderlike week en dat jy sal glimlag.

75442909_595481791257672_8163972680614150144_n

69319965_151851895882306_3791433473474953216_n

Volkswagen-Classic-Hippy-Van-As-New-Electric-Version-1

75388378_1333423940114729_4821783655200325632_n

78424933_2602003429836195_2869518636014370816_n

78401613_610369096435608_2957142196555350016_n

77055275_10157784085649700_5487029151107907584_n

67964816_2216872245101860_6802571938746073088_n

33497829_138285887032384_5974897982363926528_o

5beab6a25588af697b2cf783-2-large

74364994_2534493746769624_4327366592250773504_n

 

 

 

 

 

43 responses

  1. Die tema van die dag? Koeke en wortels… mmm… ek sien moeilikheid!!
    Dankie… ek het nou weer lekker gelad!
    Net so btw… ek kon nie in 10 Nove se pos inkom om te vra vir vleiskoek nie… ai, daar gaan ek alweer met die koek storie…
    😁🥴🤣

  2. Die wortelkrullers was ook oulik.

  3. Die vrugtebord, en die mooi blou teestel asb. Ek het die vrag wortels baie geniet.

  4. ja de dikke en de dunne is altijd lachen 🙂
    sinterklaas liedjes zingen deden jullie ook , leuk hé

  5. I love the “Old” Rocking Chair – Is that yours? And the Carrot Top Truck -wow!!

  6. Vandag het jy jouself oortref, Tina! Waar kry jy hierdie oulike klomp fotos! Die yskas is by verre my gunsteling, natuurlik. Daardie korter as kort broekie met knope, eish, ek skud net maar my kop.

  7. Ooooo amper vergeet ek…. die tafeltennisbord. Is mos gaande oor tafeltennis.

  8. Yskas…. definitief die yskas met geld. Ek wil op ‘n laaaaaang vakansie gaan.

  9. Haha vir die wortelkrullers. Jy kan selfs dikkes, dunnes, langes of kortes kry.
    Goed vir die afvalbeheer, na die tyd maak jy wortelslaai.

  10. Daardie pragtige sppelkose kan maar na my toe kom.
    Ek het die reeks gekyk en ook gewonder hoekom die meisie kaal moes wees. Ek bewonder ‘n mooi naakte liggaam, maar hierdie het beslis geen nut gehad nie.
    Almal was gaande oor die reeks, maar vir my was dit redelik futloos.

  11. Ik ga voor de wortels.
    Maar niet voor in mijn haar ….

    Vrolijke groet,

  12. Stuur maar die vrugte asseblief. Dit kan my figuur net goed doen. Ek het die eerste aflewering van Trackers gekyk en niks verder nie. Nou het jy my oorreed om dit net daar te los.

    • Ek het ook so gevoel maar was toe nuuskierig. Ek lees nie die man se boeke nie want die sinnelose gevloek pas my nie. En (Skuus Lou) geen mens moet van seks in Afrikaans lees nie.

      • Ag dankie tog jy voel ook so Tina, ek dog daar’s fout met my. Almal hemel sy boeke so op en ek hou niks daarvan nie. Het een of twee probeer (onthou nie eens van die vloekery nie), maar ek kom net nie reg nie.

        • Ek ook nie en ek hou regtig van ‘n lekker speurstorie (met bietjie seks op bladsy 2- soos ek altyd vir die tannies hier sê) maar hierdie maak nie eintlik sin nie.

          • Ek geniet tog misdaadverhale geskryf deur Jo Nesbo, Anne Holt, ens. Maar ek het nog nie ‘n Afrikaanse skrywer in hierdie genre gevind wat my aandag boei nie. Ek moet erken (tot my skaamte) dat dit dalk die taal is wat my hier pootjie. Ek lees die Engels makliker en dit klink net meer oortuigend.

  13. Oulike fotos wat jy opgediep het. Ek sal die camper neem, dankie. Nie een die dollars nie.
    Afrikaanse TV (KYKNET) is ‘n komplot om die Afrikaner dom te maak.

  14. ik ga voor de VW camper
    zet je wel ff die goed gevulde koelkast er in 🙂

  15. Groot verskeidenheid . Uitgebreide wortel -tema . Die marmer engel is mooi . Yskas vol geld my keuse.;

%d bloggers like this: