RSS Feed

Vrydag Byskrifte

Ek erken ruiterlik dat ek talle tekortkominge het, maar een van my heel beste eienskappe is, dat ek grensloos lojaal kan wees. Ek ontdek die week  my Litnet blog wat ek gedink het, is uitgevee en daar is toe hele paar weke se Vrydag Byskrifte met byna geen kommentare.  (Want julle sit toe mos al doodgerus op WordPress) Ek besef net weer ek kan vasbyt! Op Mweb het ek my uiterste bes gedoen om te bly spartel tussen die Chinese truie en ander handelaars. Jy moet darem erken dit was lekker dae. Daar was aksie en heelwat te sien en te bespreek. Dit moet mens van WordPress sê hoewel mens elke kommentaar waardeer, is daar nie regtig aksie nie. Sug… ja die lewe gaan aan…

Dankie vir die inloer/deelneem. Ek hoop jy het ‘n wonderlike naweek.

1

12507401_958404180880845_6113968918353952639_n

2

12733541_1703271953290427_6910804235812389261_n

3

11903905_480899228754780_9154369902329688870_n

4

10277655_864170736985881_3922342059005261918_n

5

12924568_1218757371497626_6386221133434804131_n

6

471055-650-1454399388-znamenityie_mujchinyi_rannim_utrom_10

34 responses

  1. Ek is so bly ons is almal maatjies hier, Tina! Die wereld daar buite is giftig genoeg en ek wil my blog geniet. Ek is een wat baie vinnig in my dop trek wanneer iemand die man in plaas van die bal speel. Ek dink nie ek sou op Litnet oorleef het nie.

  2. Dit was beslis lewendiger op Litnet, maar ek verkies die ordentlike klomp van WP wat nooit vieslike kommentaar lewer nie. Daardie eerste foto is so oulik!

  3. I love them all! Best is #4 Travelling by motorbike in comfort! And #6 – Who took that photo of me having a bath?

  4. Nommer een is my gunsteling. Ek het ook so ‘n wiel nodig, maar is bevrees dit haan my laat sink!

  5. 1) Dis ‘n mooi spieël né
    2) Eendjies, eendjies al in ‘n ry, is herskryf
    3) Buitebande help dalk vir haai aanvalle maar weet nie van help dryf nie.
    4) Dominee bring sommer sy eie sitkamer saam vir die huisbesoek.
    5) Iemand wat probeer wegkom van dominee se huisbesoek
    6) Ai dominee toe beland jy ook in die warm water!

  6. Almal is pragtig, maar 1,2 en 6 raak my hartsnare aan.

  7. Ek dink ja, jy is lojaal en ook n demokraat met jou prente-wat elke ou toelaat om sy dinke te dink .

  8. een ieder heeft zijn of haar tekorkomingen

    1. ik heb ook een nieuwe camera

    2. pas op overstekend vee

    3 . die zien we niet weer terug

    4. luxe taxi

    5. samenwerking

    6. zaterdag avond in de teil

    fijn weekend groet

  9. Daardie eerste foto is die oulikste. Ek het by Litnet begin blog, en daar was inderdaad aksie. Interessante mense en lewendige kommentare. Dit het my gestimuleer om bydraes te lewer.Maar uiteindelik was al daai “aksie” die ondergang van Litnet blogs,

    • Alhoewel my blog na die Litnet dae begin het het ek ook die afleiding gemaak wat jy hierbo maak Lewies, alhoewel ek dit op hoorse doen (weens kommentare van Litnet bloggers wat terugverwys het na die Litnet dae). My afleiding is dat die gebrek aan respek van die “trolle”, mense se vrymoedigheid on te blog beïnvloed het.

    • Dis waar – seker omdat daar nie grense was nie. Ek kla nie, maar sou regtig daarvan gehou het as mense ‘n lekker gesonde argument kon volg.

  10. Jou fotos het my laat glimlag. Daardie eerste een is net te cute.
    Meen jy by aksie lekker besprekings rondom iets?

%d bloggers like this: