Sondag Kopies

Ek het gister so tekere gegaan oor die dekselse ESKOM dat ek half skaam moet dankie sê vir ‘krag’ tydens die wedstryd vandag. Voordat ek weer in die moeilikheid kom, sal jy maar tevrede met paar grappies moet wees.

4 snydokters gesels om tafel. 1ste een sê hy opereer graag op boekhouers want hulle ingewande is almal genommer.

2de een opereer graag op elektrisiens, hulle organe is colourcoded.

3de een sê dis maklik om op ‘n biblioteekaresse te opereer, al hul organe is alfabeties gerangskik.

4de een sê die heel maklikste operasie is op ‘n politikus, dis regtig kinderspeletjies, hulle het geen ruggraat, geen brein, geen hart. Jy kan selfs hul kop en gat omruil en niemand sal iets agterkom nie.

*****

In ‘n skool in Annys het die onderwyser in ‘n vraestel gevra; “Wat is die trappe vergelyking van deur”. Een van die kinders se antwoorde was: “Deur, dwarsdeur, anderkant uit, moer toe!”

*****

Dankie vir die inloer. Ek hoop daar is vir jou wenslysie iets en iets om oor te glimlag.

72959034_2932574730103222_5198774950772604928_n

71922402_2445931589026095_1274219116281987072_n

65702048_712522112531472_7131408563506774016_n

71061516_2519042314994892_3048556117274656768_n

72100481_10157932425494396_2592168232362180608_n

52997088_652986818485002_5815765664475906048_n

 

 

 

 

 

 

38 responses

  1. Lol at the Italian loafers. 🤣 Have a great weekend, Tina.

  2. Menz sou graag sulke fairies wou bou, maar die verbeelding is maar skaars…

  3. wat is interessant 🙂

  4. Daai hangmat lyk darem maar lekker 😁

  5. Mal oor die macaroons

    Net jammer hulle is so baie werk om te maak en so duur om te koop

    On Sun, Oct 20, 2019 at 12:01 PM rondomtaliedraai wrote:

    > rondomtaliedraai posted: “Ek het gister so tekere gegaan oor die dekselse > ESKOM dat ek half skaam moet dankie sê vir ‘krag’ tydens die wedstryd > vandag. Voordat ek weer in die moeilikheid kom, sal jy maar tevrede met > paar grappies moet wees. 4 snydokters gesels om tafel. 1ste een s” >

  6. Daai gat in die grond, lyk presies nes die toilet wat ek moes gebruik agter daai Bali winkeltjie, nee dankie * 1000

  7. daardie hangmat….!

  8. mooi hé die lego figuren , echte kunstwerken
    ik begin er ook niet aan hihi
    maar als je begint , dan onderaan 🙂

  9. Dis die eerste keer in my lewe dat my mond kwyl om aan ‘n skoen te kou. Stuur maar daai brood aan En moenie vir ESKOM bedank vir jou krag nie – jy het betaal daarvoor en dis jou reg om krag te hê.

  10. Alles behalwe daai gat in die grond,dankie!

  11. Lekker giggel ek vir die grappies 😄

    Daardie ringe is pragtig 😱

  12. Die hangmat/hangbed prentjie…!!! Hemels.

  13. leuke moppen
    ik ga voor het lekkere eten , en er na de hangmat 🙂

  14. Daai wors en eier bord sal die ding doen, dankie. Brekfis se muesli is dwarsdeur moer toe. Geniet die rugby!