Ek het al hieroor gepraat, maar van oggend dink ek weer aan besondere oud-leerders. Sien die interessantste profiel foto van ‘n jong man … dis gewoon wow!. In die week kry ‘n oulike foto op my gunsteling Russiese webwerf … brand van nuuskierigheid wat die woorde beteken. Gelukkig het ek ‘n oud- leerder in Engeland wat dit tjoef-tjaf vertaal. Dis so lekker mens kry sommer ‘n knop in die keel van trots!
Hierdie is baie snaaks. Russies is heelwat anders as Afrikaans gekonstrueer so daar is altyd ‘n stukkie poësie in die vertaling, hier is min of meer wat hulle sê van links na regs: Foksie: “Ek glo in jou.” Groter foksie: “Jy sal ‘n sukses maak.” Labradinges: “Jy is wonderlik (letterlik, “jy’s ‘n gawe kêrel”). Pitboel: “Alles sal regkom”. Vuilgoed kat: “Vrek jou ding”. André Dique
Dankie vir die inloer/deelneem. Hoop jy het ‘n heerlike naweek en onthou om te glimlag.
1
2
3
4
5
6
No.1 So cuddly and prrrr-fect! No6. Looks like me!
Hehehehe funny!
Ag, ek geniet al die leeus en ook die honde! 😁
Dis darem maar lekker om so uit te rek soos daai leeu!
Hulle weet van … dis vir my ‘n mooi foto
Goeie versameling leeu-maniere. Die outjie wat vir jou vertaal het klink nogal na n bekende familie uit die omgewing. Geniet jou aand/dag
Dit weet ek nie maar hy is ‘n gawe ou om te ken
Daar moet fam in Potties ook wees.
prachtige foto’s in de pps onder de ballonnen
My rekenaar maak dit nie altyd oop nie
dat is jammer
Vertalings, ooo ek geniet dit Afrikaans na Egels en omgekeerd. Ek is ‘n aministratiewe lid van die Assosiaisie vir Monitering en voorspraak van staats pensioene (in Engels Assosiation for Momitoring and Adcovacy of Goevernment Pensions – akkroniem AMAGP) Jy as oudpedagoog kan ook aansluit ons het getalle nodig. Basies baklei ons vir die verantwoordelike belegging van staatspensioen fonde tot voordeel van die bevoorregtiges. Gggole net AMAGP en jy sal al die inligting kry. Lidmaatskap kos niks.
My Engels is gewoon te sleg. Ek het ‘n paar goed van Engels na Afrikaans vertaal, maar dit is nie noemenswaardig nie.
Ag hulle is te pragtig!!! Lyk nie eers of hulle gevaarlik kan wees nie.
Ja, lyk soos troeteldiere
1. Die groot kinders van ons, wil nog steeds in ons bed slaap
2. Ek dink ek kan, ek weet ek kan…….
3. ek kon nie, aaaaaarrrggghhh
4. Hulle sê: “Eet jou groente”, ek sê “Jig”
5. Mamma wil net nog ‘n klein bietjie slaap
6. Pappa kruip weg van daai kinders (mamma kyk mos)
Lekker naweek
Aaaag jy is te oulik! Dankie dat jy deelgeneem
mooi dat je het hebt kunnen laten vertalen
1. middag slaapje
2. rek oefeningen
3. net doen of ze slaapt
4. die ziet wat lekkers
5. liefhebbend
6. zit ik goed verstopt
fijn weekend groet
Dankie Karel Jy kikker altyd my Vrydae op!
graag gedaan 🙂
🙂 🙂 🙂
🙂