RSS Feed

Sondag Kopies

In ons huishouding is daar nie regtig gevloek nie. Ok, ons was 3 dogters en omdat mens soms erg van menings verskil het, is daar woorde gebruik wat nie my ma se goedkeuring sou weggedra het nie. Synde van Hollandse afkoms het die F-woord ‘n heel ander betekenis en is die nooit gebruik nie. “Donner”(sic) en “bliksem” is natuur verskynsels en het soms opgepop, maar dit waarvoor ek my die meeste skaam, is die wat met uitskeiding te doen het. Hier op die Landgoed is vloekwoorde nou nie eintlik in algemene gebruik nie. Ek het egter die tiener oogrol en die klanklose “REGTIG?” vervolmaak! Nou die dag het ek egter bloedrooi gebloos toe iemand iets vir die waarheid verkoop en ek in my gedagtes “ag gaan sk…” opkom. …eish, die ouderdom kan nie eintlik die skuld kry nie, ek werk daaraan.

Baie dankie vir die inloer. Hoop daar is ietsie vir jou wenslysie, maar dat jy sal glimlag.

70415924_2204003433037568_2637974118703562752_n

69697714_2320714001501949_7141544097914814464_n

70595446_2469571079993760_163100506892271616_n

12063523_10154096878530820_8299041335483964107_n

17553736_599607090243652_3717142180876389451_n

11259535_10153340714235820_5298302333400250228_n

 

 

 

 

 

 

 

32 responses

  1. Dame… loop spoel jou mond uit met sunlight liquid… maar wag, dis nie die mond nie… dis die brein?? Oukei… loop spoel jou kop uit met bogenoemde seepies??
    πŸ₯΄πŸ˜΅πŸ˜‰

  2. Daai kombie affΓͺre sal werk. Oor kru t 9aal, dit werk as dit gepas gebruik word. Ek pes onnodige gevloek, maar ‘n swetswoord op sy tyd is soos brood en konfyt.

  3. I love the Man Van – but I will not swear by it!

  4. Haha, ja daardie woord moet jy nog ys ook doen!

  5. nee ik volg enkel schaatsen en wielrennen πŸ™‚

  6. Dit gaan mos nou moeilik wees om met jou te gesels… hoe weet ek jy dink nie dit terwyl ek gesels nie. Jy sal ook daardie ring moet dra dan kan ek kan sien wat dink jy. Stuur asb net daardie pragtige pienk rose 😊

  7. Nooit sal ek kon glo dat jy n kragwoord kan besig nie, Tina, maar ek wed die dag dat een wel oor jou lippe rol beter mense pad maak voor!

  8. Sjoe Tina, fotos een en twee is droommooi! Stuur via Postnet asb, net nie die meisie saam met die rok nie!

  9. Is die laaste een ‘n armband? Ek sal daarvan hou om ‘n klawerbord op my arm te dra. Dan kan ek daarop tokkel wanneer iemand nonsies praat en ek sal nie in die versoeking kom om β€œag gaan sk…” te uiter nie.

  10. Pragtige boekrak, ek bedoel rok. Hou van die mini-me weergawe van die Kombi

  11. welk F woord is Nederlands ?
    ik ga voor de VW bus πŸ™‚

  12. Interessante items die week Tina. Ek hou baie van die eerste foto… die koppie is pragtig!

%d bloggers like this: