RSS Feed

Sondag Kopies

Ek is dol oor die weer hierdie tyd van die jaar. Warm maar nie ongemaklik warm nie. Ons hoop net op goeie lentereën, maar terwyl ons wag wat van ‘n grappie of twee:

Pieter: “Jan, het jy gehoor Koos het geval uit ’n boom wat 30 meter hoog is?” Jan: “Nee. Hy lê seker nou in die hospitaal?” Pieter: “Nee. Hy het net ’n meter hoog geklim toe sy voet gly en hy val.

*****

’n Dominee soek vergeefs parkeerplek, raak haastig en parkeer toe maar op ’n rooi streep. Hy sit ’n briefie op sy ruit: “Ek het 10 keer om die blok gery. As ek nie hier parkeer nie, gaan ek laat wees vir my afspraak – ‘vergewe ons ons sondes’”.

Toe hy terugkom, kry hy ’n boetekaartjie op sy voorruit met ‘n briefie van die verkeersbeampte. “Ek ry al 10 jaar om hierdie blok. As ek nie vir u ’n kaartjie gee nie, gaan ek my werk verloor. ‘Lei ons nie in die versoeking nie’”.

*****

Twee tantes sit en gesels buite die stadsaal waar ’n blommeskou aan die gang is.

“Die lewe is so vervelig”, sê Miemie. “As jy my R50 gee, sal ek my klere uittrek en kaal deur die blommeskou nael.”

:Ek dare jou”, hits Sannie haar aan en haal die R50-noot uit haar sak. Miemie voeg die daad by die woord en nael poedelnakend deur die saal. Buite hoor Sannie ’n groot lawaai, gevolg deur luide applous. Eindelik kom Miemie weer te voorskyn en glimlag van oor tot oor.

“Wat het gebeur?” vra Sannie.

“Ek het R2000 gewen vir die beste droë rangskikking.”

Dankie vir die inloer. Ek hoop daar is iets na jou smaak vir jou wenslysie, maar bo alles dat jy darem sal glimlag.

68549854_498475100903703_1585374103714398208_n

68481098_2812479382112870_1109739469621166080_n

68902703_2442261595843446_7799008753759551488_o

65224872_2327824224005714_7774739169175142400_n

68950812_3069507453080047_5561833097558753280_n

67975684_3061413323889460_5762136722838126592_n

64242835_2965720706801300_2844825838237515776_n

 

 

 

 

 

 

 

 

 

38 responses

  1. I love your last joke punch line … “Ek het R2000 gewen vir die beste droë rangskikking.” haha! And as usual, you a have a great selection of creative and crazy images to share!
    The guys with the sheeps clothing is my favourite!

  2. Wys jou net die inseg en kennis – die wysheid van die grysheid – is nodig om kompetisies te wen… Het mans regtig die imposante pakkies met die kortbroeke gedra? Moet wees toe ek geswot het was daar nog professors wat wat langbroek safari-pakke gedra. het. Die vrugte lyk heerlik

  3. ja ik ga morgen weer genieten van een fijne wandeling 🙂

  4. ik wist het al:
    In Schotland hebben ze aparte schapen ….

    Vrolijke groet,

  5. Daai standbeelde is spesiaal, die koek het my nou honger gemaak en ek dink nogal daai R2000 vir die droë rangskikking sal handig te pas kom, laat weet waar die volgende blommeskou is asb

  6. Ek het die droë rangskikking vir my man gelees. 😁

  7. Omtrent oulike keuses vanaand. Die skapies is te pragtig, maar ek verkies die drie standbeelde: die meisie met die blomsade, die een met die viool en die een in die wiel.

  8. The two guys in shorts are just missing the comb in the sock. 😅

  9. mooie grappen 🙂
    verder niks nodig
    ik had een heerlijke wandeling bij zomers weer 🙂

  10. Die staander vir die laptop vir my!

  11. Ek moet daai droë rangskikking oorweeg as ‘n tweede loopbaan. Ek sal die pers koek met Lewies deel.

  12. Die grap oor die droe” rangskikking is snaaks.Ek kan doen met n BMW Isetta

  13. Die wenswolkie beeld is al te oulik. Ek sou graag daai stuk pers koek wou deps.

%d bloggers like this: