RSS Feed

Sondag Kopies

Ek weet nie hoe jy oor karre voel nie, maar vir my is dit eintlik net ‘n vervoermiddel. (Ek sal darem nooit my rooi Alfa’tjie vergeet nie) My kar is al 9 jaar oud, maar het in verhouding baie min km op. Ons het egter nie ‘n garage vir die karre nie – hulle staan onder ontoereikende Skadunette. Die kar sit vol kalkvlekke van die sproeiers en is al ‘n dag na die skoonmaak weer vuil. Nou wonder ek, moet ek of moet ek nie ‘n nuwe koop nie? Ek weet nie hoe lank ek nog sal kan bestuur nie (Ja, ok,Β  ok … ek is die tantetjie wat jou irriteer en op wie se gat jy so ry)Β  As ek ‘n nuwe een koop sal dit onder dieselfde omstandighede buite staan… wat sou jy doen?

Dankie vir die inloer. Ek hoop daar is ‘n spesiale kopie net vir jou maar dat jy ten minste sal glimlag.

68578232_2814266181934190_5886042792706179072_n

67528952_2464047293880610_2749198288312860672_n

67100828_2104364496334796_3621971054865416192_n

67265329_2462489727369700_6247430476387057664_n

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

31 responses

  1. Mmmm… om te kar of nie te kar nie… ek wonder ook!
    (Ek sou nie ‘n nuwe een koop nie… eerder ‘n bietjie gaan vakansie op ‘n skip of so iets… karre is net ‘n dooie velies… )
    πŸ€ͺπŸš—πŸ˜²πŸš˜πŸ˜

  2. opvoubare seil “car cover”

  3. Hier is alweer Ε„ hele paar items vir my lysie, maar ek gaan hou by die eerste vleuel klavier. Baie bont en besig, maar droommooi!

  4. ja zeker een mooie foto hΓ©
    op de juiste tijd op de juiste plek πŸ™‚

  5. Hou jou kar…myne is 10 jaar oud en het ook nie baie myle op nie. Solank hy jou bring waar jy wil wees, maak die vlekke nie saak nie.
    Gee my daardie pragtige klawesimbel!

  6. Een nieuwe auto is de eerste jaren vrij van reparatiekosten, maar hij kost veel in 1) aankoop; 2) belasting en 3) verzekeringen, en hij zal zeker ook kalkvlekken krijgen. Hij is dus alleen het overwegen waard als je veel gaat reizen.
    Anders zou ik een fractie van dat geld uitgeven om de motor, de remmen en misschien nog iets anders, te vernieuwen, en in mijn oude karretje blijven rondrijden.
    Wanneer ik thuiskom, ga ik met een kop thee of koffie een boek uitzoeken uit de stoel-bibliotheek…
    .-

  7. Ek sal die aronskelke neem dankie. Ek stem, hou die kar.

  8. Die arum lelies vir my asseblief!

  9. net thuis van weg geweest
    niks nodig , behalve slapen πŸ™‚

  10. Daar is mos baie vlytige dames wat jou blog lees wat vir jou karretjie so oortreksels kan hekel, Tina! Ek het juis noudiedag gesien hoe mooi hekel Aletta daar in die Weskus, sy kan vir jou n blommetjie patroon doen as jy wil. πŸ˜‰

    Ek stem saam met Ben – op 9 jaar is jou kar se inruilwaarde waarskynlik al baie uitgedun. As die karretjie nog lekker ry, nie probleme gee soos om jou by die winkelsentrum in die steek te laat nie, meestal net kort afstande ry en gereeld en ekonomies gediens kan word is daar geen haastigeid om n nuwe een te kry nie. Tensy jy jou hart op n warm rooi Ferrari het sodat jy op ander stadiger tannies se gatte kan ry! πŸ˜€

  11. Die mooi aronskelke, asseblief – en die boekestoel.

  12. Hou die kar . want hy is betroubaar en het klaar waarde verloor .

  13. Ek sal vir seker nie ‘n nuwe kar koop net omdat die een wat ek het kalkvlekke op het nie. Vat die kar na ‘n behoorlike karwassery, of selfs panel beater, en hoor of hulle nie die vlekke kan uithaal nie (buff).

    Niks van jou kopies vandag vir my nie, maar die varklelies is darem baie mooi!

  14. Is daai watermelon R1.49? Dan sal ek ‘n paar pakkies neem. My karretjie vier hierdie jaar sy 11de verjaardag met net oor die 100,000 kilos op die klok. Still going strong en ons gaan nog lekker saamry vir ‘n ruk. Myne slaap darem in ‘n garage, maar die seelug hier by ons is ook nie goed vir die bakwerk nie.

%d bloggers like this: