RSS Feed

Vrydag Byskrifte

Soms is die wag voor my mond afwesig, maar omdat my glimlag mooi is, bly ek gewoonlik uit die moeilikheid. Gister gesels ek met ‘n vriend oor die dekselse belasting … hy vertel sy gestremdheid is ‘n belasting voordeel en ek wil terug kap met ‘n “lucky fish”… gelukkig spring die stukkie brein in. My gewone huishulp is op verlof en Rosina staan vir haar in. Rosina is die werker vir wie ons so paar jaar gelede ‘n nuwe gehoorapparaat gekoop het. Dit kan regtig nie maklik wees nie… mens gesels nie lekker met haar nie en dit maak haar sekerlik baie eensaam. Ons neem ons gesondheid en ons sintuie as vanselfsprekend.

Baie dankie vir die deelneem/inloer. Hoop jy het ‘n heerlike naweek en dat jy iets sal hΓͺ om oor te glimlag.

1

68388610_2795927680434595_4444059217300553728_n

2

66762349_2871835562858184_5942482382417297408_n

3

66866859_2747906445236831_954464839818805248_n

4

67535020_671573663316294_2360628516824809472_n

5

66192734_2197727727019755_2518551294612865024_n

6

67663630_2222541604724636_3970869557765079040_n

30 responses

  1. Ek worrie ‘n bietjie oor daai een in nommer twee wat die mure moet op hou… shaaim, raak sy nie moeg nie?
    En daai aap in die laaste foto… hy moet pasop… netnou word hy gemollesteer!
    Net so tussen ons… my goeie vrou het onlangs gehoor goed gekry… no “vergeet” sy die goedjies by die huis… veral as ons moet loop kinders oppas. Ek vra aleewig of sy nie eerder wil hoor wat in die lewe aangaan nie… maar sy beweer dis beter om nie alles te hor nie! Ek wonder hoekom nie?? πŸ˜‰

  2. Wens ek was so soepel soos daardie tannie… sou lekker sports met my kleinkinders gehad het. Mooi naweek vir jou 😊

  3. Lekker parmantige aap daai! Hoe kom hy weg daarmee!?

    En ek hoop daai ouma se kleinkinders skrik lekker as hulle Ouma so in die kassie ontdek. Hoop net nie sy is n geraamte teen daai tyd nie.

  4. 1. Wat was in die koffie vanoggend?
    2 Nee wat. Onmoontlik
    3. Wat n grap. Hou toe die blase.
    4. Uitgevang.
    5. Dis my ouma daardie
    6. Waarskuwing- ek beskerm my eiendom.

  5. Nee kyk . So simple was ek nog no out nie. Unlike idees

  6. Hy is ‘n “lucky fish” want hy is jou vriend!

  7. Jou fotos laat my altyd glimlag!

  8. Genugtig dis defnitief soepel Vrydag by jou

  9. Oulike fotos. Ek het nogal plesier aan nommer 3. En nommer 6 ook, die besitlike apie!

  10. Mattie van Vuuren

    Lyk na stoute ou tannies daai en daai bobbejaan lyk of hy in sy element is !

  11. Ik heb weer genoten van je plaatjes.
    Originele teksten zijn niet mijn sterkste kant.

    Dus alleen maar een vriendelijke groet van mijn kant.

%d bloggers like this: