RSS Feed

Vrydag Byskrifte

Hier op die Landgoed kry mens daagliks met dementia te doen.  ‘n Mens leef met die gedagte dat as jy die kleinste dingetjie vergeet, jy op die rand van die afgrond staan. Mens onthou egter nie dat selfs kinders vergeet en dit het min met ouderdom te doen. Ek stap soms kombuis toe (8 tree) en dan het ek vergeet waarom ek daar is… sug. Die langtermyn geheue is niks beter af nie. Ek kan bv. van my laerskool loopbaan net 3 goed onthou:

  • Ek het vir 3 weke op die juffrou se skoot gesit en huil in gr. 1. (Ek was darem net 5)

  • Eendag het ons op die hobbelperdjie gery, toe val ‘n meisie af en ek onthou die wond op haar bobeen.. geen bloed maar die vleis wat uitpeul.

  • In st.5 was ek in ‘n klein skooltjie en almal moes saam krieket speel (Twee spanne die Chefs teen die Fords) Eendag lui die klok en toe ons al in die klas sit, besef ons dat die klower nog steeds besig is om lopies te hardloop. (Goeie kandidaat vir die Proteas)Verder onthou ek niks. As ek nou my sus se blogs lees, verbaas ek my hoe baie sy kan onthou. Beteken dit nou dat ek ‘n beter kandidaat vir dementia is? Ek wonder hoe is jou onthou? Ek hoop darem mense sal my help en sê ek moet hulp kry… netnou vergeet ek om te onthou en te vergeet.

Dankie vir die deelneem/inloer. Hoop jy het ‘n heerlike naweek en dat jy nie sal vergeet om te glimlag nie.

1

5d374c802400009d17936591

2

20621139_10213862503862094_7183028470679977727_n

3

40628843_340577603152344_2683067598819557376_n

4

33427289_1924269967885136_6423018592102514688_n

5

5d37455b2600004a00045417

6

29571034_1500158590106168_885628205455158337_n

 

57 responses

  1. I love the old folks! #1 and especially #5!

  2. Mooi fotos. Jy begin dan nou onthou! Hoe ouer jy word hoe meer onthou jy die kinderjare omdat jy terug na die jongtyd beweeg(ha ha ek grap sommer) Sodra n mens begin terugdink en sekere bekende dinge raaksien of -hoor onthou mens ook meer.

  3. Genugtig dan is demetia my voorland, my man spot altyd en sê ek is aandag afleibaar. Laat my dink aan die liedjie van Laurika Rauch, ” onthou om te onthou, vergeet om te vergeet…”

  4. Ek het almal se kommentare vreeslik geniet… dit was goeie breinoefening om terug te onthou.. ek het heerlik gelag vir Hster, in respekte… my kind het die gebed knaend opgesê wanneer Mia geskree het babatyd…

  5. Nee wat, Tina, jou humorsin is heeltemal te skerp dat jy jou oor dementia hoef te bekommer!

  6. Een wijze overdenking, Tina!
    Een goed geheugen is toch geen bewijs van intelligentie, _savoir-vivre_ of van een goed mens? Om dezelfde reden is er ook geen aanleiding om te klagen over een slecht geheugen. Niet meer weten waarom je ergens naartoe bent gelopen, is vervelend, maar niet onoverkomelijk. Veel andere, algemene twijfels kunnen tegenwoordig in een minuut worden opgehelderd met de hulp van google.
    En als mensen echt dement worden, hebben hoogstens de anderen in hun omgeving er last van. De patiënten zelf zullen (waarschijnlijk) op hun manier gelukkig zijn. Wie weet?.
    .-

    • Ja gewoonlik loop mens op jou spore terug en onthou dan wat gaan soek het!
      Ek sien wel dat daar soms frustrasie voorkom en dit hang ook van die geaardheid af of vrolik bly of nie

  7. klopt deze plant moet wat in de schaduw staan en weinig water nodig
    ja een echte hitte golf , nooit eerder was het 40 graden hier pppffftt

  8. Ek kan ook nog baie goed van my kinderdae onthou. Was 3 toe my sussie gebore was en ek onthou toe ons by my ma in die hospitaal gaan kuier het.

  9. dementie is altijd erg

    1. denk dat het hondje mee wil spelen

    2. nonnenrace

    3. slaap wel

    4. pause

    5. groot geluk

    6. daar gaan je eitjes

    fijn weekend groet

  10. Jou eerste prentjie, daar het jy my klaar ‘gehad.’

  11. In hierdie huis, waar ouderdomme wissel van 34 tot 68, kan niemand enigiets onthou nie. Ek onthou wel hoe benoud ek eendag was – 10 jaar oud en my ma het my gestuur om die voordeur te gaan oopmaak vir iemand wat die klokkie gedruk het. Halfpad op pad in die gang af het ek vergeet wat ek moes doen (toegegee, dit was ‘n baie lang gang) en ek het geweet my ma gaan haar weer vir my vererg. Toe staan ek net daar in die gang en sê die Onse Vader op – vra vir hulp, soort van. My gebed is beantwoord toe die persoon ongeduldig geword en weer die klokkie gedruk het.

  12. Ja, ons almal vergeet! Eendag gelees, intelligente mense, is geneig om dit te doen. Toe ek dit, vir my pa sê, wat tot op die einde, ‘n baie goeie geheue gehad het, was hy, baie verontwaardig en het hy net gesê, dat ons jonges, net verskoning soek.

  13. Soos altyd oulike fotos.
    Ek onthou ook baie van my kinderdae, en kannie verstaan as van my kinders nie hulle kinderdae kan onthou nie.

  14. Wel,, ek wil net kommentaar . . . ek het vergeet.

  15. hopelik onthou ek soos my oumagrootjie sy kon 80 % van haar Nerlanse Bybel uit haar kop opsê

%d bloggers like this: