RSS Feed

Sondag Kopies

Die natuur is darem wonderlik. Ek het ‘n ‘n aarbeiplantjie vir my verjaarsdag gekry en een oggend toe ek terug kom van die dorp het ‘n voëltjie die helfte van die eerste pienk aarbei opgevreet en toe ek later die dag kyk sit net die stingeltjie daar. My hart is toe op aarbei twee… stewig onder die blaar weggesteek, net vir my!  Toe ek vanoggend egter kyk, is dit vinnig besig om onder die blaar uit te kruip na die sonnetjie toe…sug… SUG. Dalk moet ek ‘n draad beskerming prakseer, anders gaan ek my eie aarbeie nooit proe nie.

Dankie vir die inloer. Ek hoop jy kry die week iets vir jou wenslysie.  Miskien moes ek ‘n paar verwarmers gesoek het. Jy moet warm bly en aanhou glimlag.

64407476_10219621057582338_2192731549370155008_n

66188946_2247361185576995_7105862914073952256_n

66632444_2742488935778582_8990807932962603008_n

66863290_700797600378635_8753482892182552576_o

61838845_640015619805432_2663354557924376576_n

51085288_2662971290409578_4222705970188386304_n

30261694_1902835596695240_2522693859289333760_n

 

 

 

 

 

 

 

 

27 responses

  1. het is deze week zeer warm , dik 30 graden C pppfffttt

  2. Die hoed en die beeld is op my lysie!

  3. Die hoed, die beeld, die uie-bakkie en die leesstoel is alles vir my adres, Tina.

  4. Onredelik dat jy kannie jou eie arbeie proe nie!
    Wat makeer die arme meisie?

  5. Daai beeld versinnebeeld myself vanoggend. Daai boekrak bank lyk vir my heel lekker.

  6. Jy sal daardie aarbeie moet beskerm, dis darem te dik vir ‘n daalder dat die gevogeltes jou present opvreet!

  7. aardbeien , lekker
    zit niets voor me bij

    koers groet

  8. Ek gaan niks oor die winkeltande sê nie…. Wel, daai Koei met die uie – dis my soort ding, en die mooie beeld, dit laat my dink aan iewers tussen moedeloos en oorgegee, miskien vrede met wat ook al?

%d bloggers like this: