RSS Feed

Sondag Kopies

Verlede week se brief het nogal aftrek gekry wat my laat dink ons lag te min. Hier volg ‘n paar grappies:

Twee ouens wat vir Parkeraad werk is hard aan die besig – die een ou grawe ‘n gat en die ander ou gooi weer grond in. ‘n Omie wat met sy hond deur die parkie loop kom op hulle af: “Check, ek kan sien julle werk hard, maar wat is die punt? Jy grawe ‘n gat en jou tjommie gooi dit weer toe?”
Die een bra vee sy voorkop af en antwoord: “Ons is gewoonlik drie ouens, maar die ou wat die bome plant is by die huis met ‘n hangover.”

*****

In ‘n klein dorpie in die Vrystaat trek ‘n jong dametjie by die dominee in oordat sy nie blyplek het nie. Die stories begin die rondtes doen in die dorp en een van gemeente lede, Oom Daan, besluit om ondersoek in te stel. Hy bel die dominee en reël dat hy en sy vrou by die dominee kom eet. Oom Daan en sy vrou bring toe al die kos en geniet ‘n ete saam met die dominee en die jong dame.

Later die week bel die dominee vir oom Daan. “Oom Daan, ek wil nou nie se julle steel nie, maar daai mooi slaailepel wat ek in Pakistan gekry het is weg vandat julle hier gekuier het”. Oom Daan antwoord “Dominee, ek wil nou nie sê jy slaap by daai fietse jonge dame nie, maar as jy in jou eie bed geslaap het, dan het jy jou slaailepel gekry”.

*****

Daar’s net 3 maniere om huistakies te verrig :
Soos ‘n BEJAARDE : stadig.
Soos ‘n VOLWASSENE : deeglik.
Soos ‘n TIENER : glad nie.

Dankie vir jou inloer. Ek hoop daar is iets vir jou wenslysie, maar dat jy sal aanhou glimlag.

66364495_2730201690340528_7511084875064016896_n

65621395_2439235466098179_2094249349432213504_n

66513276_2294446234142678_479642328206671872_n

66498833_1372667252885469_7492141741416382464_n

 

64911001_410811116312950_6586340912580788224_n

65367551_10219317909839122_4111207940579393536_n

56890379_10151045834194960_739030555856732160_n

 

 

 

 

 

 

 

50 responses

  1. Mattie van Vuuren

    Net sodra jy dink jy het alles gesien dan sien jy hierdie ringe met die tande!!! En daai geel skoene – ek sal nie weet of ek vorentoe of agtertoe moet loop nie ☺

  2. ja hoor ik had er ook zonneschijn en een bewolkte dag

  3. Die ou wat die bome insit sal die volgende dag kom om dit te doen? 🙂

  4. ja dat was heel fijn daar

  5. ‘n Hele bek vol ringe? Ai…
    Net so by the way… ek het al gestaan daar waar daai Segway’s nou parkeer! Ek dink dit sal nogal ‘n lekker toggie wees… al langs die strandmeer… waar die reieres bly! 😉
    Dankie weer vir die lekker lag!
    Ai… dominies is ook maar mens… of hoe? 🙂

  6. Ek neem die trekkertjie, dankie Tina. Sal mooi pas by ons bont huis.

  7. Die geel skoene sal nogal kan help vir die klein outjies om nie te hoef bekommer waater skoen kom waar nie. Baie van hulle trek skoentjie verkeerd aan aan vertel ek die voete loop elk n ander rigting.

  8. Daardie laaste foto. Ek boek sommer dadelik in, dankie

  9. Die bakkies aarbeie lyk heerlik en die jaghuisie kan dalk werk.

  10. Funny, especially the first one. 😀 😀

  11. Lekker uitgevang, Dominee! 😀 😀

  12. Ik lach nog steeds om het bomen planten ….

    Je kunt een fotoboek schrijven met mooie anekdotes.

    Vrolijke groet,

  13. Vreemde itempies te koop vandag. Regtig vreemd.

  14. ‘n Rare versameling goeters, effe grillerig, die tande ringe. Ek sal tevrede wees met die kajuit kooi, dankie.
    En ja ons lag te min in hierdie droewe land van ons. Darem het jou grappies my momenteel opgekikker.

  15. 2 heerlijke grappen
    en lekkere aardbeien

%d bloggers like this: