RSS Feed

Vrydag Byskrifte

Soos blits is dit weer Vrydag. As mens skoolhou het Vrydae ‘n spesiale betekenis. Jy kan bietjie ontspan, maar gewoonlik kan jy inhaal wat in die week nie voor tyd was nie. Noudat ek afgetree het, is Vrydae soos enige ander dag, want dis heeltyd naweek… salig en lekker! Dis nie eintlik waaroor ek wil praat nie, maar wil ‘n paar dinge noem, wat ek geleer het oor onderwysers wat mens nie aan dink terwyl jy in die tuig is nie:

  • Onderwysers is nie altyd reg nie.
  • Jy hoef nie altyd almal te organiseer nie.
  • Daar is ander onderwerpe behalwe onderwys/kinders/moeg ook!
  • Hou soms jou mond, al weet jy jy is reg.
  • Moenie vir almal vertel wat jy alles kan doen nie… hulle sal gemaklik dit op jou afskuif.
  • Ander se mening is gewoonlik interessant en jy kan gewoonlik daaruit leer en dit gee jou iets om oor te dink .

Dankie vir die inloer/deelneem. Hoop jou naweek is lekker en dat jy sal onthou om te glimlag.

1

61132848_10151060432959960_1453823752268677120_n

2

62234156_2490448871012852_4478877095535050752_n

3

66303257_2488640387853877_1842066380392759296_n

4

65006122_460487348043728_2820184902190759936_n

5

65306522_2700822733278536_3342833300572995584_n

6

60760028_2675708482443952_5235886779629830144_n

 

 

34 responses

  1. #5 – Classic! Wolf in Sheep’s Clothing!

  2. Wha ha ha…. ja, party keer is ander reg!
    Net so btw… ek laaik daai skaap… maar ek wonder hoe sy vleis op die braai sal smaak? ๐Ÿ˜‰

  3. Ons weet ook, gereeld, nie watter dag van die week dit is nie. Daardie punte, wat jy noem, geld maar vir enieen om na te volg. Dankie, vir die herinner.

  4. Ek hou van die verontwaardige Kat ..grootogig!

  5. Jou fotos is te groot. Een en ses maak nie oop nie

  6. 1. Padda wys krok die rigting.
    2. Maaaa, het jy dit gesien?
    3, Waarheen het hy verdwyn?
    4. Handjies vou en Amen voor ek wegval.
    5.Regte wol? Regte skaap? regte wolf?
    6. Gemoedsrus.

  7. Ek dink daai paddatjie is in vir n aaklige verrassing as hy terugkyk…

  8. Ag daai brak lyk soos naweek. Kostelike goto’s en dan ‘n mooi dosis wysheid. Groetnis.

  9. ja de tijd vliegt voorbij
    de schooltijd is erg lang geleden ๐Ÿ™‚

    1. uitslover

    2. en waar is die bang voor ?

    3 . niet zo kriebelen

    4. lekker uitrusten

    5. wolf in schaapskleding

    6. eindelijk rust

    fijn weekend groet

  10. Die brak is vir my die oulikste. Ja ek mis ook die uitsien na Vrydag, vakansiedae, langnaweke, maar die salige stresslose Sondagmiddae en – aande maak op daarvoor. G’n Sunday blues meer nie! 7

  11. Nou lekker gelag vir jou fotos!!! Geniet jou naweek…ek weet, ek weet dis altyd naweek. ๐Ÿ˜Š

%d bloggers like this: