Die lewe is nie vir sissies nie! Ek het so tyd gelede vertel van die dood van ‘my’ onkoloog. Vrydag kry ek ‘n onverwagte telefoonoproep van ‘n dame wat my formeel meedeel dat Dr. M. se praktyk die einde van die maand finaal sluit en ek moet kies of my lêer na Dr. J. of Dr. (naam waarvan ek nog nooit gehoor het) gestuur moet word. Ek is uit die veld geslaan en probeer uitvra, maar word meegedeel dat as ek nie een kies, ek maar Pretoria toe moet gaan. Net so in die bestek van twee minute word ‘n hele paar dinge afgesluit. Die ondersoektafels, die ontvangkamer met die versies teen die muur en skilderye waarvan ek elke detail ken, die stoele en instrumente in die chemolokaal, die gangetjie na die bestralingslokaal … ens., ens. Die hele ervaring word gereduseer na dun lêertjie in ‘n onbekende dokter se liaseerkabinet. Tog moet ek nie kla nie, want mense het meer verloor as ek. Werknemers het hulle werk verloor, kinders het herinneringe van geliefdes verloor en die dorp het nog ‘n spesialis verloor. So Tinatjie jy moet nie kla nie… die lewe gaan aan.
Dankie vir die inloer. Ek hoop jy kry ietsie vir jou wenslysie, maar dat jy ten minste sal glimlag.
Die kombi die bad en nog n paar. Vreemde dokters is nie lekker. Sterkte
Dis waar!
Ja… die lewe neuk aan… of ons wil bybly of nie!
Ek wens jou sterkte toe terwyl ek die selfde vie myself vra!! 😉
❤
ja de laatste dagen deed ik enkel maar rusten pppfffttt het is heel warm
Ek is bly Jy moet dit nie oordoen nie!
🙂
Einde van ‘n bekende pad… nooit lekker nie. Ek koop niks dankie…met al die komberse, duvets, boontjiesakke, truie, baadjies en wat meer om warm te bly voel ek toegegooi onder ‘n berg. Warm bly!!!
Ons maak ‘n groot vuur in die kaggel
Die kombi en die grot-badkamer,dankie Tina. Stuur asb na die naaste postnet.xxx
Maak so! Hoop jy het plek want die badkamer kom saam met ‘n huis en ‘n berg! 🙂
O goeiste, ek is moeg getrek!!!
So gedink!
Hi Tina, ja, ek het ook Dr M se kantoor geken, en is dit hartseer dat hy weg is. Ek lees nog jou skrywes alhoewel ek nie tyd het om almal meer hier te volg nie. My lewe bietjie rof met nuwe visies wat opstaan en nuutste tegnologie druk my meer na maak van YouTube videos channels en live streaming. Maar, jy bly vir my spesiaal en dink ek altyd aan jou as ek daar verby ry. Geniet jou dag en sterkte. Trienie Mahne, Spokie-sny-spoor.
Ai dis baie lekker dat jy inloer! Hoop dit gaan goed … ek vra altyd vir my ou=leerders en nou ook vir jou: Is jy gelukkig – en is jy al ryk! Dit gaan goed hierdie kant
So het jy stil-stil gestry en oorwin, met die hulp van daardie dokter…
Die stoel wat so op verskeie maniere vou, maak my bang – se nou net die ding klap toe en ek sit daarbinne-in vas??
Dis darem ‘n tyd gelede en ek het baie daaruit geleer.
Ek het nie so oor die stoel gedink maar het gedink dit lyk baie hard!
Janee, dit ook!
🙂
Die lewe gaan voort al is dit hartseer. Dit gaan vreemd wees om weer nuut te begin. Sterkte.💖 ek dink aan jou.
Ek is darem nou by jaarliks … ek dink ek moet bloedtoetse doen en na my huisdr neem en dan onkoloog toe gaan as dit nodig is.
Goed om te hoor. Die nuwe dr sal darem al jou inligting in haar rekenaar he. Het jy toe gekies?
Was nie eintlik keuse nie die een werk by die staatshospitaal. Ek gaan probeer dat my huisdr. eers na die uitslae kyk en daarna sal ek besluit want dis eintlik al waarna hulle kyk
Ek verstaan. Dit gaan tog makliker wees as jy n dr naby het dan wat jy Pta moet gaan as dit sou wees.
Dis waar.
Daardie rooi stoel vat die term “gemakstoel” darem nou ‘n bietjie te ver.
Dink net jy kry kuiermense met klein seuntjies….grillllll
🤣🤣
🙂
Menz wil asb ‘n toerkombi hê… ‘ n rooie of ‘n bloue.
Ek stuur dit aan… geniet!
En ek wil net weet of daardie badkamer iewers op ‘n eksotiese plek is?
In een of ander grothuis dink ek!
Jammeer oor die end van die pad, maar ook vir alles wat jy daar deurgemaak het.
Sondagkopies? Ek wil nie daardie toiletstoel hê nie, dankie, dit lyk grillerig.
Ek hou van daardie stoel wat so op allerhande maniere vou en dan lê jy daarop. Die stiplek tussen die boeke lyk ook oulik. Daardie bantingaarbeiroomkaastert lyk uit die bieke!
Neeeeeee jy bly vir nou ver van daardie vreemde sitplek
ja dan is er een moeilijke keuze te maken
ik ga voor de VW camper bus
Ek het gedink jy sal!
🙂