‘n Mens gaan gewoonlik met redelike selfvertroue deur die lewe en dan gebeur daar iets onverwags wat jou weer laat besef dat jy glad nie in beheer is nie. Met ‘n skok hoor ek die week dat my onkoloog aan ‘n hartaanval oorlede is. Ek het nooit gedink dokters gaan dood nie. Hulle tree gewoonlik af en dan hoor jy niks verder van hulle vir ‘n paar jaar en as hulle dan dood gaan, sug jy… “Hy/sy was darem ‘n goeie dr.” As jy egter nog onlangs land en sand gesels het en hy van sy planne vir jou vertel het, is dit anders. Hierdie man het was toe dit baie sleg met jou gegaan het, die een met die hoop. Deur die Chemo en bestraling was hy die een met die goeie nuus … nou is hy binne ‘n oogwenk weg. Niemand het gesê die lewe is maklik en voorspelbaar nie. Riv … Dok! Ek mis jou …
Dankie vir die inloer Ek hoop daar is ietsie vir jou wenslysie. Dis al koel hier en ons het al die truie nader getrek. Hoop jy het ‘n mooi week en dat jy sal glimlag.
Ja… die lewe is ‘n snaakse ding… en net so nou en dan is dit skreew snaaks!
Daai een met die hond in sy borrel… lekker – hou die honnedr@lle van die loopvlakke af! 😉
Jig … en om dit skoon te maak… nee dankie
You’re right RondoTwinkle! We never think that our doctor may die suddenly – maybe we think they should always be healthy b/c they are always there to help folks get well. You always post such fun photos – I’ll have one of each, thankyou.
Jammer om te hoor van die dokter Tina, mens verstaan nie.
Ek het gewonder wat van my Delf ware geword het…nou weet ek ☺ Mooi week vir jou.
ja was een hele fijne dag 🙂
Ai tog Tina, dis ń skok vir ń mens as jy sulke nuus oor jou dokter kry. Dit is soos jy sê, hulle tree gewoonlik net uit en verdwyn dan.
Kan jy net dink watse geraas daai piering-rok sal maak as Aspoestertjie by die bal aankom!?
Jammer om te hoor van jou dokter se afsterwe, Tina. Herinner mens weer dat die lewe kosbaar is, maak nie saak wie of wat jy is nie jou tyd is net geleen en wat jy het is net genade.
Sjoe jy staan darem baie vroeg op? Ek kry sommer koud
Te bang ek mis iets wyl ek slaap!
Die lewe maak snaakse draaie, dis nou maar seker. Ek drink nou nie koffie nie, maar ek laaik daai beker.
NEEEEE hoekom drink jy nie koffie? Tee?
Water. En so nou en dan van my man se bier.
Die ergste is as hart spesialis aan ‘n hart aanval oorlede is.
Sug… ja ook maar mens
Die lewe is vir seker nie voorspelbaar nie.Ja, ek stem saam met Karel vir die badkuip en die mooie mei, mei, eee meisie.
hehehe skielik ontpop die Mona Liza
My ander ego, danksy Jan Nel se twak!
Sy Twak is darem erg snaaks
ja ook dokters gaan een keer dood
deze zondag ga ik voor de mooie badkuip en mooie meid 🙂
hEHEHEHE Sy is oppad
ik mag ook graag op pad 🙂
dankie voor de fijne groet
🙂
🙂