RSS Feed

Sondag Kopies

Moedersdag soos ‘n huweliksherdenking is vir my ‘n vreemde konsep. Moederskap en ‘n huwelik is in die meeste van die gevalle ‘n keuse. Mense het die vreugde van  ‘n maat en kinders, maar hulle moet juis ‘n ophef van die dag maak, hoewel hulle nie ‘n keuse in die saak gehad het… en voor jy dink ek is net jaloers – Gelukkige Moedersdag! Ek gun jou die vreugde en plesier. Elke mens (moeder, vader en kinders) is egter verantwoordelik vir sy/haar eie lewe en geluk. Dit help nie as jy dit wat ander kies jou eie maak en jou lewenskwaliteit verminder oor ander se verkeerde besluite nie. Ja, deel in die vreugde maar moenie dit joune maak nie en so ander se vreugde steel nie. Doen dinge wat aan jou vreugde verskaf, want jy is net verantwoordelik vir jou eie lewe.

Dankie vir die inloer. Ek hoop jy kry iets vir jou wenslysie maar veral dat jy sal glimlag.

59919623_1338269092997152_1614692817492246528_n

57258282_2578597522167725_2652439053160415232_n

57485775_1541009239364730_7604295290408927232_n

56711051_2904094746357635_6151621597238132736_n

56488561_412088872913398_8999742018989064192_n

55949798_2371841693101171_3545958246919438336_n

53853828_2865492316884545_7359415453694820352_n

52984140_2150721268330815_6027393842909544448_n

51508115_2809476709152773_5354466080733528064_n

 

25 responses

  1. ‘n Huisie soos in nr 1 bo-op ‘n berg asb?

  2. Die sykarretjie laat my dink aan ‘n oom van my wie bestuurkontrolle in een toegerus het, vir die winter. Mense het verbaas die motorfiets sonder ryer beskou!

  3. het worden mooie wandel dagen
    zie foto’s 🙂

  4. Oe, kan ek asb die pophuis en klimraam kry? Saligheid op note!

  5. Vir my die teekoppieskildery en die mosaïekbord asb.

  6. Daai vrolike blombakke en sonskyngeel, dankie. Groete.

  7. niets nodig hihi
    ben wat dagen weg

  8. Stuur vir my die bubble aan per pos. Die wind waai so treurig hier vandag – ek wil nie my neus by die deur uitsteek nie.

%d bloggers like this: