RSS Feed

Vrydag Byskrifte

As ‘n mens afgetree het is daar ‘n paar belangrike (vir jou) dinge waarop jy hoop.

  • Jy hoop jy het genoeg R5e vir die karwagte in jou beursie.
  • Jy hoop op ‘n maklike naby parkeerplek.
  • Jy hoop hulle het nie weer die goed op die rakke geskuif nie.
  • Jy hoop die plaaslike koerant is betyds.
  • Jy hoop op ‘n vriendelike vrou by die till wat nie met die pakker kuier dat jy nie jou eie varkies kan hoor nie.
  • EN NOG BAIE MEER… sug.

Dankie vir jou inloer/deelneem. Hoop jy het ‘n lekker naweek en dat jy beslis sal glimlag.

1

54515286_2329377070653397_1659892941646200832_n

2

59697703_2240026272914179_4785240071991197696_n

3

55632744_2267019756653085_4676583635694911488_n

4

54278690_2261116323910095_1672134650706788352_n

5

55684216_2552245451469599_5893931629721681920_n

6

54279566_2362292570722750_4576673479390134272_n

31 responses

  1. Toe sien ek nog een van die Groot Vyf… en ‘n hoenderhaan wat hoort tussen hulle!
    En daai boonste brakke… iets pla my oor daai foto… miskien hoort ons nog aan sensorskap te glo?? 😉

  2. Die honde en die mossie wat nou genoeg gehad het van sy wyfie se geteem!

  3. Menz se hare is weer lekker kort, so menz lyk soos no 2 … 😀

  4. Nr 2 en 4 is my gunstelinge!

  5. Pragtig, my hare en uitdrukking lyk meeste oggende soos daai hoender s’n

  6. Is daai luiperdfoto nie een van Perdebytjie s’n nie?

    En het jy nie al soos daai mossie gevoel met die kuierige till-slaners en pakkers by die winkel nie?

  7. Almal oulik, maar die drie honde die oulikste.

  8. Ek weet ek moet byskrifte gee, maar ek geniet mos sommer net die foto’s.
    Honde- oulike groupie
    Verskrikte hoenderhaan.
    My gunsteling is die lammetjie!

  9. wat zijn R5 ? ik pas op m’n eigen potemonee
    ik fiets dus altijd plek
    ik neem wat ik nodig heb , is het er niet , dan wat anders
    ik lees geen krant
    biggen horen bij een vriendelijke kassa vrouw ???
    nee niet meer ik heb genoeg

    1. dat is een 3 dubbele selfie

    2. zo die schrok zich een hoedje

    3. snavel houden

    4. kiekeboe

    5. en halve en hele duim

    6. naar de kapper

    fijn weekend groet

%d bloggers like this: