Dit sal darem lekker wees as ons die verkiesing oor kan kry. Dis regtig nou net ‘n getjommel. Mens kan egter duidelik sien dat die partye minder geld het om te bestee wat eintlik ‘n goeie ding is. Ek dink nie regtig baie dinge gaan verander na die tyd nie … derduisende Rande gaan nog bestee word aan sinnelose kommissies, waar geen skuldige enige geld terug betaal of aan die pen ry nie. Dis tog so jammer dat die armste van die armes nog armer sal word. Maak my sommer neerslagtig.
Dankie vir die inloer. Hoop daar is ietsie vir jou wenslysie maar dat jy darem ook iets kry om oor te glimlag. Hoop jy het ‘n mooi week.
Daai hond en sy sakkie… dis soos die Ingelsman so sê… heel OTT!
En daai outjie met sy olike swembroeke… hy laat my wurg!
Maar… daai boonste blom… dis ‘n wenner! Laat my dink ek wil so ‘n ding bou!
Ek wonder… daai toiletpapier in die koelkas… moet seker in ‘n warm kerrie plek wees… 😉
Dankie vir die lag! 🙂
Lag is altyd goed al is dit vir koel toiletpapier
dat is fijne avond 🙂
dankie 🙂
Die bad is hemels! Die slaapkamer luuks. Ek belowe ek het NIE daardie broeke gehekel nie.
Oooo jy kan so baie geld maak as jy die broeke doen!
Vir Eden se manne. 😂
Poepvanger sal nie vir Trompie werk nie. Hy sal net heeltyd sit en knyp en sodra sakkie af is sal hy doen
Ja dit lyk heel ongemaklik!
Hy was juis vandag weer by dr omdat hy rerig ongemaklik gevoel het. Gaan darem beter noudat hy medisyne gekry het en sy klier agter uitgedruk is deur veearts.
Ag siestoggie
Daai toiletpapier in die yskas asb….daar is rissies geeet die naweek😂
Hehehe ja mens kry net yskoue toiletpaier in Afrika
Lekkerlag. Ek is mal oor die blomvorm boekrak ~ maar ai die arme brak met sy poefsakkie.
Hehehehe… grillerig maar prakties
Ja ek wondernet as mens ‘n boek soek of dit maklik sal wees?
Ek dink regtig dis makliker om die poef met ‘n graag op te tel.
Dis waar … dis net lekker om te sien wat mense uitdink.
Daai perd sodat ek oor die vlaktes kan weggalop. Politiek is net ‘n …pratery (jy ken daardie soort praat). Ek het nounet gesit en luister na ‘n video – ‘n kastige debat tussen die DA en VF oor hulle standpunt ten opsigte van Afrikaans. Dit was g’n niks oor Afrikaans nie, net ‘n gebeuelblasery en moddergooiery. Ek het sommer na 20 minute afgesit. Ek kan my tyd beter mors.
Dis waar eintlik het niemand ‘n antwoord nie … net ‘n wonderwerk sal dinge verander
Daai katelkooi lyk darem baie aanloklik, mits Insomnia nie saam inkruip nie!
Lyk maar die slaaploosheid kom saam met die ouderdom
Ek hou van die huisboot! Daar kan ek rustig sit en vir myself broeke hekel…
Grapgat!
ik ga voor dat lekkere warme bad
het is koud nu , hagel en regen bbbrrrr
Ek lief die waterlemoen, goeie hewys van moderne onderwys met sy 30% slaagsyfer.
Sug… tragies maar waar!
Ja, die toekoms lyk duister, maar ek weet jy sal aanhou om die silwer randjie te soek. Die hondjie wat so sindelik poef , stel n voorbeeld .
‘n Gawe plan maar ‘n grillerige foto