RSS Feed

Vrydag Byskrifte Afrika

Ek het verlede week al gepraat oor allerhande tegniese goed, maar die week het my mond letterlik oopgehang. Ek neem ‘n foon van ‘n vriendin oor omdat myne se gebrek aan aan plek my die mure uitdryf. Eerstens lê die twee fone langs mekaar en binne minute word alles van die een foon op die ander gelaai… en ek dink HOE IS DIT MOONTLIK Ons haal die simkaart uit my foon en is teleurgesteld dat dit te groot vir die foon is.  Ek los die simkaart by die nuwe foon, want my vriendin is so gaaf om die na Vodacom toe te neem. Na ‘n lekker koffietjie en broodjie is ek huis toe met my ou foon en tuis kom ek agter dat Whatsapp nog sonder die simkaart werk – alles oproepe boodskappe en alles. HOE IS DIT MOONTLIK  Toe ek egter Whatsapp op die nuwe foon laai, word die afgesny op die oue. Ooooo en ek geniet al die plek en die ekstra funksies van die foon… nou hoef en nie elke tweede dag alles uit te vee nie.

Dankie vir die inloer/deelneem. Ek het die week spesiale Afrika foto’s gekry. Hoop jy het ‘n lekker naweek en dat jy sal onthou om te glimlag.

1

56405439_2185240098212265_16759615224020992_n

2

48230421_2028572090545734_2025219853366853632_n

3

59387460_2233925020010439_7880461816390746112_n

4

57978664_2588906967803447_3066505936655876096_n

5

BBSUgSi

6

59144704_2233925543343720_2055468908600623104_n

32 responses

  1. Sterkte met die foon! Ek beny jou nie… ek laaik die goed niks nie… slim of dom… hulle maak my laf!
    MAAR… vir die lag stem ek saam… dankie, ‘n kuier hier sal altyd vir my aan die lag kry!
    En om te dink… jy wys vir ons di Groot Vyf ook… of amper almal van hulle! 🙂

  2. 1. Ma, ek chomp jou sommer!
    2. Dis nou ongewoon!
    3. Nee man, ek het dit nodig vir die kinders.
    4. Ai suster, hoe nou gemaak?
    5. Gratis stortbad.
    6. Hoop nie sy struikel nie dan raak sy be-eierd.

  3. Ek het gegoogle hoe om my simkaart kleiner te sny en dit werk

  4. Om eiers so op my kop te kan ronddra, sommer net, sal ñ groot oorwinning wees! En uhm ja, ek wil nie om die hoek van daardie toilet gestap kom nie…

  5. Ek het gedog die bergklimmers is waaghalsig, maar om darem braaf genoeg te wees om soveel eiers op jou kop te balanseer sit nie in enige ou se broek nie!

  6. Ek is so bly dat jy gelukkig is met n foon met n grooot memory…..(@gawe vriendin🤩)
    Hou van no 6….

  7. Bly jy geniet die nuwe foon

  8. 1.Demonstreer letterlik om iemand in die gat te hap.
    Al die foto’s is so oulik en humoristies, veral die leeuwyfie!
    Ek is bky jou nuwe foon werk so mooi, Tina.

  9. No.1 – daai probleem wat jy nie onmiddellik oplos nie, kom jou later aan die g@t byt. Ek moes verlede jaar ook blitsig ‘n nuwe selfoon gaan koop toe my bank toep nie meer wou werk op die oue nie. Die probleem is net, hoe meer spasie jy het, hoe meer probeer jy oplaai. Ek het Saterdag ‘n SD kaart gaan koop vir my selfoon waar ek my fotos kan stoor.

  10. dus mobieltje doet het weer

    1. lekkere bil

    2. wordt vanzelf warm

    3. goed bezig

    4. nog beter bezig

    5. en nu de olifant hun ff nat spuiten laten

    6. als dat maar goed gaat

    wens je een fijn weekend

  11. Ek hou van daai kontant leeuwyfie wat so ewe die toileypapier gaps!

%d bloggers like this: