Daar is darem wonderlike uitvindings wat ons lewens soveel makliker maak. Hier op die Landgoed word daar baie gepraat oor ‘Die goeie ou dae’, maar as ek dink watter lekker goed mens met jou selfoon, rekenaar en allerhande elektroniese goed doen, is ek baie dankbaar. Vanoggend het ‘n lekker lang geselsie met my sus in NZ gehad en dit het nie ‘n sent gekos nie. As mens aan die posdiens dink en al die outydse kommunikasiemiddele dink, was die kontak onmoontlik. As ek aan my gunsteling speletjie dink wat elke Donderdag ‘n nuwe uitdaging uitgee, glimlag ek breed. Ek kry soveel plesier uit die nuwe goeters dat ek nie dit in woorde kan oordra nie. Die lewe is goed en lekker!
Dankie vir die inloer. Ek hoop daar is ietsie vir jou wenslysie en dat jy sal aanhou glimlag.
nee 1 mei de dag van de arbeid is hier geen nationale feestdag
Die bessies…my mond water klaar!!
Natuurlik!
My skoonseun en dogter het nou geen verskoning meer wanneer hulle met die motorfiets uitry nie….ek kan saamgaan. 😊
Gee my daardie blou potplant maar bring elke maand ‘n nuwe een in sy plek….ek en potplante doen noe goed noe 😣
Heheheh begin solank brei aan die kombersie vir oor die knieë
Hahaa, vegan sausages! Gee my daardie kersies asb. Die vervoermiddels is so oulik!
Ek stem saam , Tina…die moderne tegnologie maak baie deure oop. Toe my pa SA toe geimmigreer het, was daar nie eers telefoonlyne of vlugte na sy familie in Nederland nie. Die enigste kommunikasie was briewe wat tweeweekliks met die posboot gegaan het.
Ons kom ook uit Nederland maar ek was net 2 en trots Suid Afrikaans
Love the flowery cyclist and the Plumbago plant in the pot. The funniest is the old granny in her wheelchair on the trailer. She looks as though she’s having fun. 😀
Baie dankie!
Die bessies lyk te heerlik. Blou blommetjies laat my aan jou dink, ongelukkig is dit vergeet-my- nietjies wat vervuil en n onkruid is. Die saadjies wat hul maak klou ook om te hou aan alles en in hondehare
Dis die lekker met prentjies … sonder die probleme
Wat ek mis is die mooi handskrif van die ou mense.
Ja lekker romanties en persoonlik
As jy kyk by my laaste blog (ja ek weet ek blog net so 2 keer per jaar) en lees die allermooiste liefdesbrief dan kan jy ook na die mense se handskrif op Google kyk. In ag geneem hy moes n pen en n botteltjie ink gehad het.
Ek maak so!
Interesant wat jy sê… ons het net gister vir mekaar vertel hou kragtig hierdie selfoon is in vergelyking met die 20mb rekenaar en masiewe skerm en floppydryf wat in 1986 my lessenaar vol gestaan het🤔😳
Ja maar daardie tyd was ook lekker … opwindend en mens was so trots dat jy dit regkry. Ek het tot ‘n DOS-kursus gedoen
Kersies en rose, asseblief!
Met plesier!
ik ga voor dat heerlijke bad
en een doosje rode bessen 🙂
Jy kan tot die bad met jou vriende deel!
kijk wel uit hihi
🙂
Partykeer is dit die goeie nuwe dae, inderdaad!
Wat sal ons maak met die vegan worsies, wat sal . . .?
Ek wil definitief daardie selfbewegende tuin kry!
Ek stuur aan!
Vandag sal jy my bankrot maak. Die kersies lyk so soet soos moedersmelk. Die vergeet-my-nietjies dra hul boodskap duidelik oor. Daai vrou met die blomme kan net in Bali wees, asook daai heerlike oord. Die laaikas pas perfek in my kleindogter se kamer. Love die plattelanse ubers.
Nee wat Sondae is alles gratis en verniet. Ek stuur vir jou en ‘n paar vegan worsies as bonus!