RSS Feed

Vrydag Byskrifte

Verlede week het ek die byskrifte laat oorstaan uit respek vir Goeie Vrydag. Ek het ook nie veel te vertelle nie en daarom so paar grappies om te help met die glimlag.

***

Twee pelle sit vroeg oggend langs die viswaters.
Dis nog donker en die manne kan nie lekker sien wat hulle doen nie.
Die een ou vra: “Het jy al ingegooi?”
Die ander ou sê: “Nee, ek soek nog die glase!”

***

Pieter: “Jan, het jy gehoor Koos het geval uit ’n boom wat 30 meter hoog is?”

Jan: “Nee. Hy lê seker nou in die hospitaal?”

Pieter: “Nee. Hy het net ’n meter hoog geklim toe sy voet gly en hy val.”

***

’n Dominee soek vergeefs parkeerplek, raak haastig en parkeer toe maar op ’n rooi streep. Hy sit ’n briefie op sy ruit: “Ek het 10 keer om die blok gery. As ek nie hier parkeer nie, gaan ek laat wees vir my afspraak – ‘vergewe ons ons sondes’”.

Toe hy terugkom, kry hy ’n boetekaartjie op sy voorruit met ‘n briefie van die verkeersbeampte. “Ek ry al 10 jaar om hierdie blok. As ek nie vir u ’n kaartjie gee nie, gaan ek my werk verloor. ‘Lei ons nie in die versoeking nie’”.

Dankie vir die inloer/deelneem. Hoop jy het ‘n heerlike naweek.

1

28468691_1819185224792445_5207112818839547093_n

2

28577605_1819185164792451_238812116557842604_n

3

28468596_1819185324792435_6434757453844982422_n

4

28576341_1819185571459077_3577415643346596554_n

5

28660778_1819185234792444_6868650979455454309_n

6

28577320_1819185068125794_5237850722130779702_n

40 responses

  1. de regen , is hard nodig voor de natuur

  2. Die foto’s is weereens kostelik! Dankie Tina vir ‘n lekkerlag. Ek het die grappies ook geniet!

  3. Ek het jou grappies baie geniet en elkeen van die foto’s is oulik en pragtig op sy eie manier.

  4. 1. Spanwerk.
    2. Snoesig.
    3. Ek sien jou duidelik.
    4. Reusagtig!
    5. Ba-na-na-s
    6. Sal dit hou? Is daar genoeg?

  5. So funny, the noodles and toilet paper 😅

  6. Het is moeilijk om met photoshop echt leuke resultaten te bereiken, maar deze fotograaf is het gelukt. Ik geef dan ook een 10 aan alle plaatjes. [*] En de grappen zijn ook prima!
    [*] Speciaal # 3, want vandaag was dat het menu van onze lunch, maar ik heb netjes gegeten, van bord direct naar mond…

    Soms is een Vrijdag met pure glimlach Beter dan Goede Vrijdag!

  7. ik heb elke vrijdag goede vrijdag

    1 . zo ziet een spelende meeuw er uit

    2. een schuimdekentje

    3. zo ik heb de pan leeg

    4. gezellig met z’n drieen in bad

    5. maken zij ze nu recht of kram

    6. die kan voorlopig nog ff voort

    fijn weekend groet

  8. Love that first image. 😍 Happy weekend, Tina.

  9. Prettige fotos! Help my asb, wie is die fotograaf? Sy naam ontgaan my (:

  10. Ek lag lekker en al die kinners is kosbaar.

  11. Ek sal bitter graag die twee sussies in no.4 se storie wil hoor oor presies hoe die walrus in die bad beland het

  12. Vandag het ek jou grappies behoorlik geniet! Nr 1 prentjie is my gunsteling.

  13. 3 + 4 is baie cute… Menz sal nie mind nie…

  14. Daai mannetjie gaan baie toiletpapier nodig he! 😁

%d bloggers like this: