RSS Feed

Sondag Kopies

Ek het altyd baie dapper beweer:  ‘Élke kind is genoeg werd om onthou te word.’ Hoe ouer ek word hoe meer besef ek dis nie heeltemal moontlik nie.  Baie kinders waarvoor ek skool gehou het, hoor mens nooit meer van nie en het al hulle laerskool onderwysers vergeet. Ek probeer om die wat op fb vriende van my is darem geluk te wens met hulle verjaarsdae en bietjie op hulle profiele te loer wat hulle alles aanvang.  Tog is daar baie wat mens mis en tog vergeet. Gesigte en liggame verander en selfs name verander… en ek vergeet skandelik… sug.

Dankie vir die inloer. Ek hoop jy kry ietsie vir jou wenslysie en dat jy sal glimlag. Geniet jou lang naweek. Warm bly.

57209102_2752369774778834_8351250005092204544_n

57377419_2318393085104152_9014355829897297920_n

57321328_23843359973780001_5840270054922387456_n.png

56440171_672607466515687_2566255058282872832_n

56835732_413046612843448_1110833861647925248_n

55823696_2224740004446635_2624166468861820928_n

12235123_1058651340832754_366357896160088633_n

54225050_144680093239065_3835093065874276352_n

 

 

44 responses

  1. Een van elk, a.u.b. — maar nie die gesels terwyl jy besigheid doen gereedskap nie, dankie!

  2. ‘n Paar lekker iedees… en ‘n paar smaaklike iedees ook! 😉
    Net so btw… ek kan nie meer as twee hande vol mense onthou uit my klas nie (uit 36… of was dit 32??)… en ons was van standerd agt saam vir drie jaar! 😉

  3. dan hebben jullie een mooie nationale vogel 🙂

  4. Het jy als klaar uitverkoop?… Dan sal ek maar die koek neem, dankie.

  5. Graag!
    Mijn wenslijstje gaat per whatsapp!
    .-

  6. Op mijn wenslijstje staan andere dingen. Maar een glimlach hou ik er altijd aan over…
    .-

  7. Die Camper lyk na iets waarmee ek huidiglik sal kan doen 😁

  8. Kyk, die toilets is “his” en ‘hers” – klap op / klap af. Ag Tina, kan ek nou maar by jou bieg? My matriekklas het ‘n whatsappgroepie gestig en ek kyk die mense so en wonder “Wie is julle?” Ons was net 26 in die klas – hoe kon ek hulle vergeet het? Maar ek is seker driekwart van hulle onthou my ook nie. Hulle gesels oor onderwysers by wie ek seker nie klas gehad het nie, skoolkonserte waaraan ek seker nie deelgeneem het nie, skoolsportdae waarvan ek niks weet nie – al’s vergeet. C’est la vie.

  9. Een reiskoets (kombi) asb…

  10. Some amazing inventions, Tina. 😀 Happy Easter weekend. xx

  11. Die trollie fiets kannie draai nie. Nee dankie !. Die koek is n kunswerk .

  12. Ag, dalk daai tent in die natuur, of die winkeltrolliedruewiel. Ek kan glad nie name onthou nie. Ek het gedink as ek op die dorp kom aftree, eintlik by die see, sou ek vir my ‘n driewiel koop en bedags winkel toe ry daarmee. Nou woon ons bo teen die berg en die winkel is heel onder in die dorp. Driewiel sal nie werk nie.

  13. Ten minste hou jy nog tred met baie van jou leerlinge – dink daar is min onderwysers wat soveel omgee. (Kan ek asb ‘n paar ontbeende piesangs kry 😀 )

  14. Ik ga voor de VW camper 🙂

%d bloggers like this: