Ons het gister heerlike reën gehad en vandag kan mens voel die winter is beslis aan die kom. Ek het nie veel te sê nie en laat jou met ‘n paar grappies:
Twee tantes sit en gesels buite die stadsaal waar ’n blommeskou aan die gang is.“Die lewe is so vervelig”, sê Miemie. “As jy my R50 gee, sal ek my klere uittrek en kaal deur die blommeskou nael.”
:Ek dare jou”, hits Sannie haar aan en haal die R50-noot uit haar sak. Miemie voeg die daad by die woord en nael poedelnakend deur die saal. Buite hoor Sannie ’n groot lawaai, gevolg deur luide applous. Eindelik kom Miemie weer te voorskyn en glimlag van oor tot oor. “Wat het gebeur?” vra Sannie.
“Ek het R2000 gewen vir die beste droë rangskikking.”
***
Twee ouens praat oor hulle vrouens se eienaardighede. Die een ou sê: “Ek kan net nie my vrou laat afsien van die gewoonte om tot vyfuur soggens wakker te bly nie.”
Die ander ou vra: “Nou wat doen sy die hele nag?”
Nommer een sê: “Sy wag vir my om huis toe te kom.”
***
V: Wat is ’n staatsubsidie?
A: Om ’n bietjie van jou eie geld terug te kry.
***
Dankie vir die inloer Ek hoop daar is iets vir jou wenslysie. Lekker week en onthou om te glimlag.
Ek het al die een geplaas maar iemand soek dalk vrede
Ek kom nou eers by Sondag se blogs uit, maar jy laat my darem lekker smaail hier op ‘n Dinsdagaand.
Klink baie besig Sterkte
lekker het ek nou gelag – ek sal lekker sit op daai toilet, boek in die hand maar my oë op die horison!!
Ek stuur vir jou een!
kielie kielie – baie dankie!
🙂
Lekker grappies! Ek hou baie van die opelugtoilet en daardie oulike sakkie waarin die selfoon hang terwyl dit laai. Dis nou vir perfeksioniste soos ek, wat al die drade wat so rondlê,verfoei!😄😄
Oooooooo neeee ek wou jou verkoffie nooi maar jy sal dadelik oor die drade struikel!
Hahaa, Tina! Sulke goed pla my nie in iemand anders se huis nie. Dis maar my eie nonsens.
Ek spot sommer
So lorrie-grootte chocolate vir my asseblief. Maak dit sommer 2. Dankie, Tina!
Julle sal sterf aan suikervergiftiging
Daar is erger maniere om te gaan…
🙂
Die rasper en tante-droë rangskikking is goed vir die lagspiere. Die toilet klink vir my na die wenner, daardie uitsig spel waarlik vrede.
Ek stuur aan!
Hei, Tina – kom daardie Mars Bar as ‘n Crunchie ook?
Daai Mars Baar gaan jy jou hele lewe an kou!
Ek sien kans!
Dapper vrou… Jammer vir die foute hierbo
Jy weet mos ek sien dit nie 🙂
Ooooh nee!!! Die rasper. En ek het lekker gelag vir Marelize se starter pack. Mooi daai koek… en die blombak ook. Ek hou ook van die toilet met die view.
Aha lekker as jy inloer. Al jou wense is oppad
:*
Love the jokes, Tina. 😀 I definitely will order some of those socks for winter. 🙂 Happy Sunday to you. xx
Ek stuur aan … ok later met julle winter
🤣😅
Jip, ek soek weer vrede.
Dus die toilet?
Defnitief.
Oppad!
Dit ís ‘n pragtige koppie, maar daai vuurtjie in die veld lyk baie geselliger.
Kan vir my ook werk
Ek het jou grappies geniet. 😊 Op daardie toilet kry jy ‘n wate opelyf.
Hehehehe as jy so sê
Delicious cake!!😄
Ek stem!
ik kies dat uitzicht , de wc mag je houden hihi
niks winter , bijna zomers vandaag 🙂
Hehehehe dan sal op ‘n klip moet sit! Hou jy van bergklim?
ja ik mag graag in de bergen zijn 🙂
Wow!
🙂
My bedsokkies lyk so! Ons het gister op Waterval laat geslaap met reën op die dak, pannekoek gebak en die kaggel vir die lekker aangesteek. Agtermiddag al wat deur en venster oopgegooi van broeiwarm! 😉Lekker dag Tina.
Ek stuur aan… watter kleur?
Hier is dit regtig koel…
Die koppie (met tee) en die rusting setting sal vandag werk vir my. En natuurlik sal ek lag vir die antie wat streak! Wat is die verskil tussen ‘n kaalholler en ‘n kaalnaeler? Dit hang af of hy kom of gaan! Lekker dag Tina.
Hehehehe klink baie logies
Ek sal altyd met sagte oë kyk na ‘n mooi koppie ..en natuurlik die blombak byderhand. Hier reën dit hond uit ‘n bos. Melkkosweer/ stomend / kaneelsuiker en bottertjie wat dammetjies maak.
Het nogal gedink jy wil pantoffels hÊ… ❤
Haha , nee wat..
Ek kan twee van dieselfde kleur stuur?
nee wat.. stewige pantoffels mag ook verskillende kleure hê. wolleriges hou newwer na eerste was.
Net so!