RSS Feed

Vrydag Byskrifte

Ek het al hieroor geskryf, maar mense het nie vir my antwoorde nie.

Mans is wonderlike interessante goed, hulle het die Voortrekker vroue geïnspireer om kaalvoet oor die Drakensberge te trek. Hulle het ook ‘n leeue-aandeel gehad in die verandering van die Nederlandse taal om by die chaos van Afrika te pas. As Pappie gepraat het, het almal gespring.

Tog het hulle die bal op meer as een plek as die rugbyveld laat val. Taal is vir my interessant … daarom verskoon my as jy weer die moet lees:

Bokke  –  Twee spene    –   Lammers   –  Ramme, ooie

Beeste – Vier spene    –  Kalwers    – Versies, Bulletjies

Mense  – Twee spene   – Kinders  – Seuntjies Dogtertjies  – genoem Bulletjie, Rammetjies (maar nie versies of ooitjies nie… Sug) En om iemand ‘n koei te noem is onaanvaarbaar? Tog is ‘n Bul ‘n kompliment?

Toe val die bal nog ‘n keer.

Njala  – (bok = 2 spene) – Lammers mmmmaaaarrrr Njala bul ? Wat beteken die  Njala moet  kalwers EN lammers kry?  Wanneer word die lam dus ‘n kalf?  ‘n Koedoe het twee spene soos ‘n bok … dit lyk soos ‘n bok, maar dit is koeie en bulle wat kalwers kry. Moet asb. nie vir my vertel dit gaan oor grootte nie, want die minie beeste wat so groot soos ‘n bok is, word nie bokke genoem nie. Geen wonder Marelize weet beter waar die pale is as die Bulls.

Dankie vir die deelneem/inloer. Geniet jou naweek maar onthou om te glimlag.

1

34340322_2100474736646563_1220529886188273664_n

2

44257959_2304573769569991_3226520900387995648_n

3

47379614_2371421922885175_1793710593442578432_n

4

54518233_2264739970214397_6339347599769731072_n

5

55944873_2244920958862503_4396537680502980608_n

6

54518001_2257366767618384_6958803616111001600_n

50 responses

  1. Wha ha HA!!
    Die tall is ‘n wonderlike ding!!
    Sy spring oor die hek en breek haar knie…
    Daai kind in foto vyf gaan hoorings groei!! 😉

  2. ja ff uitrusten en goed slapen en morgen weer genieten 🙂

  3. Ik ga voor nummer 6

    Gezellig samen lachen.

    Vrolijke voorjaarsgroet,

  4. Ek is min gespin oor koeie en bulle….solank niemand my ‘n koei noem nie. Nou hoekom is dit so erg om ‘n koei genoem te word? Dit nog nooit bedink nie.
    Die fotos is so in my kraal!!! Die eerste een is beautiful verby. Mooi naweek vir jou.

  5. Die kinners gee darem veel plesier! Of dit nou lammers of kallers is kleingoed bly dierbaar.

  6. Nou is ek self ook sommer deurmekaar.

  7. dankie
    wordt een wandel weekend 🙂

  8. Dankie vir my Vrydagglimlag.

  9. Some very strange scenarios here, Tina. 😅 Have a great weekend.

  10. Mammie ek sou wat wou gee om nr op hierdie oomblik te kon doen.

  11. Nr 5!!!!! Die beste idee oiit!

  12. Nou ja Tina… Ook net jy wat die wereld uit daardie hoek sal bekyk!

  13. Ver verby glimlag geglimlag! Nou sal ek seker vannag wakker le en wonder oor koeitjies en kalfies en die res. 😦
    (Maar om na boebies as spene te verwys is nie politiek korrek nie! 🙂 )

  14. Dis sulke oulike foto’s…ek het nie woorde nie!
    Ja die ooie, ramme, bulle, koeie-stories, het my ook nou deurmekaar. Die njala is egter ‘n ram, sover ek weet. Dit het tog met grootte te doen, volgens die kenners.

  15. mooie taal het Nederlands
    maar helemaal begrijpen doe ik het hier niet

    1 . genieten

    2 . kijk mama ik kan het zelfs met de oegen dicht

    3 . worteltandjes

    4 . plezier voor 2

    5 . dat zal smaken

    6 . O wat zijn die 2 mooi

    fijn weekend groet

  16. Ek geniet jou humor Tina!! Lekker naweek!

  17. Lanklaas so breed geglimlag. Tina jy verskaf aan my matelose vreugde.

%d bloggers like this: